Sitole gekap oor MRK-getuienis   

Genl. Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris, luister aandagtig na die polisieminister Bheki Cele. (Foto: :Phando Jikelo/ANA)

Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris, het oningelig tydens sy getuienis by die Menseregtekommissie se verhoor oor die Julie-onrus voorgekom toe hy nie die getal mense wat in Phoenix gesterf het, kon onthou nie.

Hy het ook toegegee dat hy nie oor ’n Nasionale Diploma in Polisiëring beskik nie – ’n kwalifikasie wat meeste van sy ondergeskiktes het.

“Suid-Afrika het nie een gekwalifiseerde nasionale polisiekommissaris in die afgelope 20 jaar gehad nie. Ons land kan nie meer politieke aanstellings bekostig nie. Burgers het aanspreeklikheid en deursigtige leierskap nodig,” het Ian Cameron, woordvoerder vir Action Society, in reaksie hierop gesê.

Sitole het vroeër die week tydens sy getuienis getuig oor die feit dat geen vooraf inligting ontvang is rakende die onluste nie aangesien misdaadintelligensie te min hulpbronne gehad het.

Adv. Smanga Sethene, getuienisleier in die ondersoek, het nie hierdie antwoord aanvaar nie en die kommissaris gevra waarom hy, sedert sy aanstelling in November 2017, nie meer gedoen het om misdaadintelligensie te help nie.

Sethene het toe daarop gewys dat die polisiekommissaris die rekenpligtige beampte van die polisie se begroting van R100 miljard was en dat hy meer moes gedoen het om misdaadintelligensie te bemagtig.

“ʼn Persoon wat verantwoordelik is om daardie miljarde te bestuur, moet die vereiste kwalifikasies hê,” het Sethene gesê, waarop Sitole gereageer het: “Ek stem saam.”

Cameron het gesê ʼn mens kan nie ʼn wetsgehoorsame samelewing verwag wanneer diegene wat veronderstel is om die wet toe te pas nie op standaard is nie. Action Society beveel ʼn onafhanklike paneel aan om die nasionale polisiekommissaris te identifiseer en aan te stel.

“Politieke inmenging het massiewe agteruitgang in die polisie veroorsaak ̶  met ’n regerende party wat basies tot in sy kern korrup is. Daar kan nie van die SAPD verwag word om doeltreffend te wees en met integriteit te lei wanneer hul eie leierskap nie bo verdenking is nie.”

Cameron het na vorige nasionale polisiekommissarisse verwys wat ook klaaglik in hul taak misluk het.

Jackie Selebi was ʼn politieke aanstelling wat groot skade in die SAPD aangerig het. Bheki Cele is weens korrupsie afgedank as nasionale kommissaris terwyl Riah Phiyega ook ʼn ANC-aanstelling met geen polisie-ervaring was nie. Khomotso Phahlane het bekwaam gelyk totdat hy ook weens korrupsie afgedank is.

“Sitole is ʼn kombinasie van al bogenoemde. Hy het polisie-ervaring, maar geen tersiêre opleiding nie en blyk ʼn skoothond van Cele te wees. Hy is die eerste nasionale kommissaris wat erken dat dit onmoontlik is vir die SAPD om hul grondwetlike mandaat na te kom.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Jack ·

Ja so gaan dit.Nou te laat om te wil hare kloof.Skade is al gedoen.Die tipiese ANC manier van doen is om maar net te vervang met iemand ander wat gewoonlik slegter is.Maar ten minste erken hy dat hy nie bevoeg is vir die werk nie.

annie ·

Finish en klaar… Niks het verander sedert Selebi & kie die staat tot voddens toe vertrap het nie. ‘n Spul lieplappers in suits met blink karre trek groot geld maar kla oor te min om te spandeer by die werk. Wie is die Afrika-mafioso-grootbaas? Hy teer en veer en regeer SA.

mattk ·

…. en wat gaan die regering nou doen, maar net weer nog ‘n onbevoegdenkader aanstel. Weereens het dit uitgekom dat jy moet totaal onbevoeg wees en ten minste in die verlede al jouself skuldig gemaak het aan korrupsie/bedrog of enige ander kriminele oortreding om aangestel te word in ‘n pos waarvan jy geen benul van het nie. Viva kaders, viva.

Kokerboom ·

Die ANC kan en sal nooit vermoee he om die rubicon te kruis. Partybelang seevier

Kokerboom ·

Die ou SAP storie is al so afgesaag met GEEN ligpunt vir toekoms! Die foto is genoeg om rowers en kriminele te laat lag van minagting. Daar MOET DRASTIES ERNSTIGE aksie geneem word om ‘n SAP omkeer te bewerkstellig. Tyd het LANKAL uitgeloop en skynbaar het die President NIE die vermoeë om die probleem te besef!

Winnie ·

Voor 1994 was die mense in daai poste iets om op trots te wees en het hulle die Polisie se naam beskerm en hoog gehou. Niemand was toe so omstrede soos nou nie.

Kobus ·

In die wereld waarin ek leef word poste adverteer met minimum kwalifikasies. Hoe op dees aarde is hierdie ou aangestel? Nou wil almal hom kruisig, maar die persoon wat hom aangestel het is nou weereens onskuldig….ons weet wie dit is. Cele is net so useless maar hy sit stewig in die saal. Tyd dat die beste persoon vir ‘n pos aangestel word, dan sal SA ‘n beter plek wees

anniekiewiet ·

Sal nie help nie, n “beste persoon” sal soos A de Ruiter gekruisig word omdat hy die plek sal probeer regruk.

Grassie ·

Die ANC-regering sal nie iemand aanstel wat nie ‘n onderdanige kader is nie, anders loop hul dalk die risiko dat hul korrupsie en wandade oopgevlek kan word. Arme ou Khehla lyk maar beteuterd op die foto. Hy moet net sy kop omhoog hou want as hy dit laat sak gaan sy onderlip op die grond sleep.

Di ·

Nie net moet die Polisie Kommissaris vervang word nie maar die hele klomp in die SAPD wat kriminele rekords agter hulle name het, INKLUIS CELE. Help nie om 1 persoon te vervang maar 90% van die SAPD lede is ook kriminele of onbevoeg om die werk te doen.

Frank ·

Die persone wat hierdie onbekwame en ongekwalifiseerde mense aanstel (sien ook onder andere munisipaliteite) moet begin verantwoording doen!!!

JACF ·

Geniet die kommentaar op gebeure van die dag.
Nie juis vleiend teenoor die huidige regering of ANC nie.
Het tydjie gelede reageer deur te noem dat chaos aan die kom is.
Ook vertel dat die chaos te wagte was en dat elke kieser in hierdie land daaroor gewaarsku was.
Ons het toegelaat dat sleutels van die kluis sonder enige toesig oorhandig is.
Ons het toegelaat dat onbevoegde persone in gesaghebbende poste aangestel word.
Ons kan nou maar saam kla en gal braak, niks gaan verander nie.
Hierdie siening is nie swartgallig nie, net realisties.
Ons hou graag die uitslag van die ondersoek dop.

Swerwer ·

Ongelukkig kan ons Afrikaner volk niè sò saamstaan nie, want hul aardse besittings is vir hul te veel werd.

Mallie ·

Hoe het hy die aanstelling gekry. Wys jou hoe meer ongeskik hoe groter en hoer die poste.

Swerwer ·

Dit weet die hele wêreld en tog stoom die ANC net voort met hul onbevoegde kader.

Ria ·

Stel jou voor ek betree die politiek en word verkies. Nou stel die president my aan as minister van polisie. Ek het geen agtergrondkennis daarvan nie en ek behoort darem ten minste iets in daardie lyn geswot het om die pos te kry, maar daar is nie iemand anders nie, so die lot val op my. Dis hoe SA ministers kies met net 2 voowaardes. Jy moet swart wees en jy moet vir die “regte” party staan. Ons is in ons kanon, sê ek vir jou

Genis ·

Kom ek julle dit vertel hy is met opset en opsetlikke presiesie aangestel.. Val so reg in ANC kraal….

JohanR ·

Suid Afrika het nie ‘n gekwalifiseerde regering vir 27 jaar gehad nie!

anniekiewiet ·

As jy dom is, is jy dom, geen salf te smeer nie. Ons moet net ophou dink ons regeringsleiers weet nie wat hulle doen nie. O nee, hulle is presies op die spoor wat die ou kommunistiese lande en regering hulle op geplaas het. Ongelukkig net te inhaling en gierig om die verkeerdheid daarvan te erken.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.