Sitrusplase loop deur oor ‘gek’ looneise

Die onluste in die omgewing van Kirkwood. (Foto: Verskaf)

Groot skade is aan plase in die omgewing van Kirkwood in die Oos-Kaap aangerig sedert sitruswerkers verlede week in aandrang op loonverhogings daar begin opruk het.

Sommige boere vertel hul vrugteboorde, skadunette, trekkers en spuitmasjiene is sedert verlede Woensdag aan die brand gesteek, terwyl besproeiingstelsels uit die grond geruk is.

Paaie na Kirkwood is intussen weer Maandagoggend met brandende buitebande versper.

’n Sogenaamde “wegbreekgroep” vir plaaswerkers eis met die ondersteuning van die burgerregtegroep Sanco (South African National Civic Organisation) betaling van R30 per uur en ’n voorsorgfonds. Die minimumloon is tans R23.

Rolspelers in die sitrusbedryf sê egter dié eise is nie haalbaar nie. “Dit is onrealisties. Dit is heeltemal gek,” sê Hannes de Waal, uitvoerende hoof van die Sondagsrivier-sitrusmaatskappy (SRCC).

“Die probleme in die sitrusbedryf strek wyd. Ons het veral baie probleme wat spruit uit die oorlog in Oekraïne. Daar is ’n groot persentasie van ons vrugte waarvoor daar nie nou ’n mark gaan wees nie. Intussen sit ons met verskepingskoste wat in die laaste twee jaar verdubbel het.

“Ons almal in die sitrusbedryf probeer in hierdie stadium net gelyk breek en oorleef totdat die situasie in die buiteland swaai.”

Die onluste in die omgewing van Kirkwood. (Foto: Verskaf)

Brig. Tembinkosi Kinana, polisiewoordvoerder, sê stakende sitruswerkers het Woensdag ’n memorandum met hul eise aan die owerhede by die Sondagsriviervallei-munisipaliteit oorhandig, voordat groepe stakende betogers toegang tot Kirkwood en Addo met brandende buitebande versper het.

Grootskaalse skade op plase in die omgewing is daarna aangerig.

Lede van die polisie in Gqeberha en omliggende polisiestasies se eenhede vir openbare orde is ontplooi en minstens agt sake is aanhangig gemaak wat verband hou met saakbeskadiging of die peuter met noodsaaklike infrastruktuur.

Nog geen inhegtenisnemings is gemaak nie.

Minette Bosman, ʼn plaaslike raadslid, het vanoggend aan Maroela Media gesê geen skade is in dié stadium op Kirkwood self aangerig nie, hoewel toegang tot die dorp weer versper is.

Minstens twee skole – Hoërskool Kirkwood en St. Colmcille Sekondêre Skool is in dié stadium gesluit weens die voortslepende onluste.

Bosman dra nie kennis van vrugteboorde wat aan die brand gesteek is nie, maar getuig ook van groot skade aan minstens een plaas in die omgewing verlede week.

Die onluste in die omgewing van Kirkwood. (Foto: Verskaf)

“Die inwoners van Kirkwood is maar op ons hoede. Ons hoop daar kom binnekort ʼn vreedsame oplossing.”

Volgens Kinana is die betogings in dié stadium vreedsaam hoewel die situasie deurgaans gemonitor word.

De Waal sê op sy beurt rolspelers in die sitrusbedryf kan nie toelaat dat ’n “wegbreekgroep wat hulself in ’n magsposisie geplaas het” werkers in die sitrusbedryf opsweep en werkplekke ontwrig nie.

Hy vertel ’n soortgelyke situasie het hom in 2018 in die omgewing van Kirkwood afgespeel.

“Baie het sedertdien gebeur. Die sitrusbedryf het sterk bande met die gemeenskap gebou. Ons het omtrent R23 miljoen bestee om te sorg dat lede van die gemeenskap water en elektrisiteit in die Sondagsriviervallei het  – selfs sover soos Paterson.

“Ons het die dienste van ʼn sosioloog bekom en deurgaans opleiding – selfs vir dié wat nié in die sitrusbedryf werk nie – verskaf.”

Rolspelers in die sitrusbedryf het nou in die lig van die jongste onluste verskeie vergaderings, waaronder vergaderings met Sanco, die sogenaamde wegbreekgroep, produsente en die plaaslike burgemeester, belê in ’n poging om ’n oplossing te vind.

“Ons soek na ’n oplossing en ons het empatie, maar ongelukkig het iemand ’n onrealistiese doelwit gestel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Swerwer ·

Betaal die klomp voor die voet af laat hul hongerly. Stel mense wat wil werk aan en basta die ANC/EFF dat hul maar aan hul kader voorsien. Hul het nog nooit gewerk vir wat hul het nie. Dit is tyd dat ons saamstaan en hierdie wesens op hul plek sit.

Samuel ·

En wie word aangestel?? Daardie stakende werkers is verkeerd in hul optrede, maar ken plaaswerk, veral sitrusplase.

Swerwer ·

Jy sal verbaas wees hoeveel mense vir die helfte van daardie stakendes se salaris sal werk vir ‘n stukkie brood. Diè wat wil werk sal wel vinnig die sitrus bedryf baasraak en leer. Niemand in onvervangbaar in die die lewe nie.

ES ·

Nee wat, jy kan nie mikro- of makroekonomie aan ‘n bestaanswerker se unie verduidelik nie. Hulle dink boere se geld val uit die lug uit…

Christine ·

Snaaks dat die oomblik toe die media die nuus versprei dat die sitrusuitvoere ons land se voorste bedryf is, toe begin die moeilikheid …. Skielik strike die werkers en nou stel die EU onverwagte eise teen SA se sitrusboere in. Beplande sabotasie?

marisa ·

Ek het ‘n man geken wat as hy iemand wou aanstel eers vir hom gevra het of hy aan ‘n unie behoort – as hy ja geantwoord het het hy verseker nie die werk gekry nie!! Hierdie unies is die probleem!!

Nommer 7 ·

marisa, dit is agv Unies dat ek en jy vasggestelde ure werk, etenstyd kry, oortyd vergoeding kry, verlof kry, jaarlikse verhoging kry, bonus kry ens. Indien jy dit nie kry nie, sluit aan by ‘n Unie.

Kobus ·

My hart krimp vir die boere. Dan wonder die rampokkers waarom buitelanders indiens geneem word. Wie gee die betogers die reg om net te brand en te verwoes? Dan eis hulle meer geld maar die boer moet alleen die herstelkoste dra. Wat sal met boere gebeur indien hulle hulle eiendom met geweld beskerm? Waar is Baum en Chris Nissan wanneer dit by sulke verwoesting kom? Het die eienaar / boer ook regte?

Samuel ·

Dit is Gaum en Nissen.

Die MRK maatjies drink seker iewers tee en eet ‘n broodjie. Hulle wag dat een van die boere sy humeur verloor. Boere het in SA géén regte nie. Net die kwaaddoeners.

Marshall ·

The low grade civil war has already begun in SA. As Sun Tsu observed the most perfect conflict strategy is the strategy in which the enemy does not realise there is a conflict in progress. That is the situation in SA at present.
Secession is the only workable long term solution.

Sarie ·

Waarom n vreedsame oplossing? Jaag voor die voet weg. Arresteer die geweldadiges. Kry die boere bymekaar om die platasies te beskerm

Johan ·

Ek weet nie of daar werklik nog so baie “Boere” is nie, meeste is net plaasbestuurders by groot maatskappye.

Misky ·

Dank almal af. Daar sal wel werkers kom aanklop as hulle honger raak en kripeer.

VaalDonkie ·

Onthou net, dis ‘n MINIMUM loon, nie ‘n MAKSIMUM loon nie. Jy MAG maar meer as dit betaal.

Johan ·

Hoekom dink jy is daar so baie werkloosheid, arbeid is eenvoudig heeltemal te duur. Wat moet jy doen om R1000 te verdien, net mooi niks, SASSA gee dit verniet vir jou. So wat is R1000 dan wêrd, net mooi niks want jy kan dit verniet kry.

domheks ·

Bakhand! Die anc leer hulle mooi, vat wat julle kry maar vra altyd nog MEER!!!

Marius ·

Dit wys net vir my dat die regering net met verkiesing gepla is oor hulle mense , na die verkiesing spardeur hulle R 1.4 milj om hulself te geniet en sit en lag vir die die hele gespius.
Die regering het en sal ook nooit iets voel vir enige iemand behalwe hulself nie.

Jr ·

Mense stel die Joodse se Kibbutz metode aan. Jy as student werk op die plaas en verdien geld vir skool. Moenie hierdie mens aanstel

Pieter ·

Nee wat,laat hulle dan maar vergan van die honger. n mak hond byt altyd die seerste. Ek het al agter gekom sodra jy goed is vir hulle, soek hulle net meer.

Magda ·

Betaal af, en STEL mense enige velkleur aan wat WIL WERK vir R23 n uur, daar is baie ni nodig om met Di goed te sukkel ni. Laat DI unies sommer betaal vir Al di skade wat aangerig is, hulle blaas MOS staking en optogte aan. WEG MET UNIES ASAP.

Nommer 7 ·

Magda, “WEG MET UNIES” beteken geen vasgestelde werkure meer, geen etenstye meer, geen oortyd meer, geen betaalde verlof meer ens. Regtig?

Johan ·

Waar val jy nou uit N7. Unies is n katastrofe, dit en die ANC se arbeids wet. Maar werksure is seker belangriker as die geweldige werkloosheid in SA.

Hasie ·

Ja nee byt die hand wat jou voed …Dit is niks meer as agterstevoor denke wat geplant is deur sekere politieke groep nie .

Adriana ·

Dank die klomp sommier af, daar is baie mense wat werk soek, wat vir minder sal werk. Ek sal hul nie meer vertrou nie.

Lillian ·

Dank af! ek sou beslis nie weer iemand in diens neem wat my eiendom afgebrand het omdat hy nie sy sin kry nie.

JL ·

Daar is geen wet en orde in ons land nie. Hierdie nonsense moet landwyd gestop word. Op alle gebiede.

Shakespeare ·

Ons is al 27 jaar lank nie meer die Republiek van Suid Afrika nie. Toe die ANC oorgeneem het, het ons die “Unie” van Suid Afrika geword want hulle regeer die land.

Nico ·

Die vraag is?, waarom moet alles vernietig word net om hulle sin te kry waarna hulle soek, dit is net soos ‘n klomp wilde honde, mense is deesdae te lui om te werk, betaal af en stel die aan wat wil werk. Die unies is die vrot plek in die appel, maak die unies tot niet. In Duitsland werk almal hoekom gebeur nie hier nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.