Sitstakers by kunsteraad moet waai – hooggeregshof

Die hof het die sitstakers beveel om die kantoor te verlaat. (Foto: Creative Survivor SA)

Die groep sitstakers wat die Nasionale Kunsteraad (NAC) se kantoor in Johannesburg sedert verlede maand beset, moet die perseel verlaat.

Die NAC het hom tot die hooggeregshof gewend om die groep te laat verwyder.

Regter Motsamai Makume het Vrydag beslis die groep moet die raad se kantoor in Newtown dadelik verlaat en mag nie weer daarheen terugkeer nie. Hulle mag ook nie die NAC se werkers, verteenwoordigers of kontrakteurs op enige manier dreig of intimideer nie. Hulle mag geen van die raad se besittings of toerusting beskadig nie.

Die bevel is onder meer uitgevaardig teen die operasangeres Sibongile Mngoma wat die sitstaking lei.

Die groep kunstenaars het met die sitstaking begin nadat die NAC vroeër R300 miljoen ter noodfinansiering aan die kunstebedryf bewillig het, maar daar sedertdien talle vrae was oor hoe die geld bestee is.

Hulle was teen Vrydag reeds 38 dae lank met hulle protesoptrede besig.

Mngoma het Vrydag gesê die kunsteraad vier fees oor sy hofbevel teen kunstenaars, maar weier terselfdertyd om raad te aanvaar van die portefeuljekomitee omdat hulle “bo die reg verhewe is”.

“Tog sal hulle die howe gebruik om kunstenaars uit ʼn gebou te boender wat daar is tot voordeel van ander kunstenaars.

“Ons gaan nêrens heen nie. Hulle moet die ergste doen.”

Mngoma sê die waarnemende voorsitter van die raad het selfs gesê dat hulle geweld as ʼn laaste uitweg sal gebruik.

Sy het vroeër vandag ook gesê kunstenaars gaan aanhou aandring daarop dat die NAC met hulle beraadslaag. “Wat is die doel daarvan om van ons ontslae te raak as hulle net voortgaan om te plunder en nie kunstenaars betaal nie?

“Ons hou voet by stuk dat hulle die regte ding moet doen. Hulle is hier om kunstenaars te dien. Ons is die kunstenaars. Praat met ons.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Johann ·

Ja shure…tot dit weer by stem kom dan sing sy voor in die koor om haar ANC bevryders ae hande in die beursies te hou?

Mariana ·

Hoekom moet hulle ingee, as dit nou enige ander groep was sou hulle kon bly, gee hulle wat hulle toekom.

Daleen ·

Hoe ironies – kunstenaars wat ‘n vreedsame staking sonder geweld of plundery hou en net antwoorde soek oor geld wat verdwyn word deur hof aangese om te stop. Maar EFF wat geweld en plundery voorstaan word deur hof goedkeuring gegee om maar met optog aan te gaan en geweld en plundery te gebruik want dit is hulle MO (dink spesifiek aan die Kaapse skool wat probeer het om te keer dat hulle na skool opruk) hoe siek en duidelik korrup is ons regstelsel nie.

Carel Aaron ·

En dit waar kinders eksamen geskryf het.

Maak die boeke oop en die kunstenaars loop
Regter waarom was dit nie ñ bevel of deel daarvan nie? Of u kon dit versoek het in goeder trou.

Carel Aaron ·

Maak net die boeke oop dan loop die kunstenaars van self of betaal hulle. Wat steek julle weg?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.