Sitstaking oor Rhodes-beeld

Foto: UCT/Facebook

Foto: UCT/Facebook

Studente aan die Universiteit van Kaapstad het Maandag ʼn sitstaking by die Bremner-gebou op die kampus gehou in verband met hul eis dat Cecil John Rhodes se beeld van die universiteitskampus verwyder moet word.

Die studente, wat na hulself verwys as die Rhodes Must Fall Movement, het gesê die sitstaking vind by die spesifieke gebou plaas weens die historiese en strategiese belangrikheid daarvan. “Dit is die plek waar bestuur sy aktiwiteite uitvoer, en dit is presies die aktiwiteite wat ons wil ondermyn,” het die groep gesê.

Studente aan die universiteit het die afgelope twee weke betoog vir die verwydering van die beeld. Ekskrement is vroeër op die Rhodes-beeld se voetstuk uitgekeer en die beeld is ook met swart plastieksakke bedek.

Max Price, visekanselier van die universiteit, het verlede week gesê die beeld moet nie vernietig word nie, maar geskuif word. Die Rhodes Must Fall Movement het egter dié voorstel verwerp.

“Ons is hier omdat ons die legitimiteit van die sogenaamde demokratiese proses wat dr. Max Price in plek gestel het vir die verwydering van die Rhodes-standbeeld, in twyfel trek,” het hulle gesê.

Kennisgewings is intussen op die kampus aangebring wat studente vir hul insette vra. “Dit is onaanvaarbaar teenoor die swart (hierby bedoel ons alle mense van kleur wat onderdruk word) studente, werkers en personeel wat aan die beweging behoort,” het die groep gesê. “Wit studente kan nie in die proses geraadpleeg word nie aangesien hulle nooit werklik sal kan empatiseer met die diepgaande geweld wat op die psige van swart studente uitgeoefen is nie.”

Rhodes was ’n Britse kolonialis, sakeman, mynmagnaat en politikus in Suid-Afrika. Rhodesië (nou bekend as Zimbabwe) is na hom vernoem. Die Rhodes-Universiteit in Grahamstad is ook na hom vernoem en die Rhodes-studiebeurs word uit sy boedel gefinansier.

Klik hier vir alle vorige berigte oor die saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Elizabeth Salvage ·

Ek is defnitief nie die Pommie Cecil se grootste aanhanger nie, en ek twofer of Hy die woord Apartheid geken het, maar ter wille van die behoud van die kunswerk en geskiedkundige waarde van die beeld en ander soortgelyke stukke, stel ek voor dat ‘n beeldtuin geskep word. Private of publiek, selfs moontlik ‘n huidige instansie soos Kirstenbosch, word genader vir ‘n veiligryveilig vesting, waar touriste dit kan besigtig.

Elizabeth Salvage ·

Ek is geensins die Pommie Cecil se grootste aanhanger nie en ek twyfel of hy eens die woord Apartheid geken het. Nie teenstaande vowel ek dat die kunswerk en geskiedkundige aspekte be waar moet word. Ek stel voor om ‘n ruin te skep waar sulke beelde veiligryveilig bewaar en ten toon gestel kan word. Hetsy private of publiek, bestaande (soos Kirstenbosch) of nuut.

*Chris ·

Verwyder die standbeeld want Mal-ema vra ook daarvoor. Verwyder die Rhodes studiebeurse ook wat aan die minder bevooregte, onderdrukte, eers benadeelde studente moet gaan. Ag die mense wat dit wil doen om die standbeelde te verwyder is siek en die se breins is vermuf.

Johannes ·

Die Rhodes Must Fall Beweging stel dit dat diepgaande geweld op die psige van swart studente uitgeoefen is. Dan maak hulle die aanvegbare stelling dat wit studente nie met hulle sal kan empatiseer nie. Wat my betref is dit ‘n rassistiese uitlating. Dit is nou vir my glashelder duidelik dat hulle ‘n swart/wit kwessie wil skep sodat hulle die witmens (in totaal) kan bykom, anders as voorheen toe dit slegs die Afrikaner was wat onder skoot gekom het. In aansluiting hierby het hulle ook reeds gese dat alle wit dosente daar verwyder moet word want hulle word in dieselfde lig gesien as Rhodes se koloniale/imperiale verlede. Verder ken hulle ook nie die geskiedenis van C J Rhodes en ander Engelse soos Milner en Kitchener wat die Afrikaner wou vernietig omdat hulle in die pad van hulle imperialistiese ideale gestaan het. Die volksmoord (konsentrasiekampe waarin duisende vroue en kinders van honger gesterf het) was die uitvoering van hulle beleid. So ook die verskroeide aarde beleid (die afbrand van boere se plase). As ‘n mens na fotos van die uitgeteerde kindertjies kyk, besef ‘n mens watter geweldige uitwerking dit op die psige van die Afrikaner gehad het. Dit is ‘n feit dat geweldig baie witmense ook nie van Rhodes hou nie, veral die Afrikaner. Daar is ook reeds so lank terug as 1953 gepoog om van sy standbeeld ontslae te raak. Ek het baie begrip vir hulle probleem met die standbeeld, maar hoekom hulle dit nou ‘n rassekleur wil gee gaan my verstand te bowe.

Arno ·

Johannes, ek stem geheel en al saam met jou. Ek hou ook nie van Rhodes nie, maar hy bly immers deel van Suid-Afrika se verlede. Ten spyte van die pyn wat die swart gemeenskap ervaar het, is dit tog so ‘n mors van tyd om oor ‘n standbeeld te redekawel. Ek stel voor hulle beywer hulle eerder vir daadwerklike transformasie deur elke studiegeleentheid aan te gryp en hard te werk om Suid-Afrika ‘n beter plek vir ALMAL te maak. Ai, politiek is ‘n vieslike ding!

Charlotte ·

Die swart studente wat hierdie diepgaande geweld op hulle psige uitgeoefen gehad het, is gebore in n vrye era en sonder onderdrukking, en is uit vrye keuse na die kampus met die Rhodes standbeeld. Jy kan nie jou eie falings bly verberg onder die mantel van die verlede nie, want hulself weet niks daarvan af nie. Hul kan uit protes eerder hulself van die kampus verwyder. N Tersiere instansie is daar vir die bemeestering van kennis, nie politiek agendas nie..

ANDRE STRYDOM ·

Watse nonsense is dit nou?! Eens op ‘n tyd is ‘n mens universiteit toe OM TE LEER, nie demonstrasies te reël of deel te neem nie!

Magda ·

As Rhodes se standbeeld so wroeging in die gekleurdes se gees is, hoop ek hulle ken die beurse uit sy boedel dan net aan wit studente toe…

Magda ·

As Rhodes se standbeeld so wroeging in die gekleurdes se gees is, hoop ek hulle ken die beurse uit sy boedel dan net aan wit studente toe…

Bruno Stef ·

Dit is waar die dun punt van die wig is om die Universiteit nou finaal n nekslag toe dien. Mense moet oplet nou Ikeys more PUKKE in hulle versier nadat hulle getalsgewyse die meerderheid kry sal TOTIUS se standbeeld weer verwyder moet word. Dit is wat hulle ook vir PUKKE in die vooruitsig het jy benodig net STD 6 houtwerk om hulle koppe te lees.

Tom Theron ·

versier – visier ; ek het nie mooi verstaan hoe die plekke versier moet word om hulle by te kom nie.

Tom Theron ·

1) Verwyder die standbeeld
2) Verwyder die beurse
3) Verwyder die geboue
4) Verwyder Engels

Dan kan hulle Afrika-universiteit onder ‘n Afrika-boom in ‘n Afrika-taal geniet.

Cecilia Behrens ·

Net mooi gestel.Hulle sal die boom-ding doen.Dis nie te twyfel nie.

Theresa ·

Ek wens net hierdie spul wil begin hul breins gebruik. O ja hulle het niks. Hulle moet begin leer en werk en ophou om hulle met verdomde snert besig te hou. Betoog, geweld, plunder, brand alles af en verniel en vernietig. Dit kan hulle baie goed doen. Maar te dom om te besef dat hulle veroorsaak dat alles net meer en meer gaan kos. Dan betoog hulle daaroor ook want alles moet mos verniet wees. Daar is mense wat nie eers ‘n dak oor hulle koppe het nie en water en kos het nie. Ek kan nie verstaan dat hulle alles so agterstevoor doen nie. O ja ek verstaan want…………………………………………………….. !!!!!!

Bruno Stef ·

Jammer lesers die ou kop wil nie altyd mooi bykom nie dankie Tom ERROR REGRETTED.

emile ·

“Wit studente kan nie in die proses geraadpleeg word nie …”

is uiteraard ‘n nie-demokratiese uitlating. Gelees saam met die EFF se gepaardgaande ondubbelsinnige revolusionêre praatjies met ‘n beroep op die massas om alle apartheidsimbole af te breek want “die revolusie is nie ondeworpe aan die wet nie”, laat gevaarligte flikker. Revolusionêre optrede “buite die wet” ise effektief ‘n oorlogsverklaring.

Duidelik heers toenemende onverdraagsaamheid teenoor blankes in die algemeen en Afrikaans en Afrikaanse blankes spesifiek. Die stryd om Potchefstroom demonstreer dit duidelik. Oënskynlik word die onderhandelde skikking van voor ’94 van die tafel geveë en onstaan die vraag wat die toekoms van blankes in die algemeen en Afrikaners spesifiek in hierdie land is.

Peter Says ·

Daar sal altyd n rede geskep word…om te sit en niksdoen. Volgende sal wees, ons staak, breek af indien ons nie slaag aan die einde van die jaar. Kyk maar !!!

J.Z ·

Waar voor is die swart studente daar om te studeer of om hulle politiek te beoefen, n poletiek wat nog net verwoes het en niks,niks gebou het nie.As hulle nie wil studeer nie laat hulle beurse terrug betaal en stuur hul terug van waar hul gekom het,gee die beurse aan mense wat wil studeer en iets wil beryk.

Louis Pret ·

mynsinsiens, vriende en mede-landgenote: hierdie is net botweg tekenend van die tye waarin ons beweeg. Universiteit is om jouself verder te bekwaam (soos ‘n vriend hierbo tereg vermeld), vandag in SA beweeg ons samelewing nader aan die kommunistiese bestel van middelmatige gelykheid (weens al die protes-aksies en misdaad onder die dekmantel van demokrasie), maar wat vir my hartseer is. diegene van ons wat nie in middelmatigheid glo nie, diegene van ons wat nie daarin glo om ander te blameer vir ons eie swakhede nie en die van ons wat graag ‘n verskil aan ons eie en aan die omgewing en aan andere se omstandighede wil maak- die van ons word in hierdie maalkolk van oorlewing vasgevang en die verskil wat ons wil maak word dus op die agtergrond geskuif net om te oorleef. Slotsom: terug op die Afrikaner se ou probleem, naamlik individualiteit en nie kollektief as ‘n groep nie. Saamstaan, Help-mekaar-ons verkoop baie vir vandag se $ maar vergeet dat ons en ons kinders nog in rande volgende week in hierdie land moet leef.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.