Situasie by Bara-hospitaal al erger

Chris Hani Baragwanath-hospitaal Foto: Thabiso Makelo, Panoramio (Gelisensieer onder Creative Commons)

Dokters en verpleegpersoneel by die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Gauteng moes glo uit hul eie sak opdok om te verseker pasiënte kry iets te ete. Dit nadat dié hospitaal glo die afgelope drie weke sonder voldoende voedselvoorraad sit.

Volgens Michele Clarke, die DA se woordvoerder oor gesondheid, kan dokters nie pasiënte met orale medikasie behandel as pasiënte nie geëet het nie.

Boonop gaan die hospitaal ook 400 poste kwyt wees omdat tydelike Covid-19-kontrakposte nie hernieu gaan word nie. Die hospitaal se bestuur het ook versuim om diensverskaffers en interns asook oortydtoelae te betaal.

Clarke meen indien die departement van gesondheid nie dringend ingryp nie, kan die hospitaal in nog ʼn sogenaamde Life Esidemeni-rampsituasie ontaard. Weens mediese nalatigheid het minstens 144 pasiënte ʼn paar jaar gelede in dié omstrede tragedie gesterf.

“Die DA het sedert die begin van die jaar die toenemend desperate toestande by die Chris Hani Baragwanath-hospitaal benadruk, maar daar was geen ingryping deur die Gautengse gesondheidsdepartement óf die Gautengse premier, David Makhura nie.” sê Clark.

Die DA beoog om Maandag ʼn oorsigbesoek aan die hospitaal te bring en gaan alle bevindings aan die Menseregtekommissie (MRK) rapporteer. ʼn Dringende klag gaan dan ook by die gesondheidsombudsman ingedien word.

Die party het ook geskryf aan die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor gesondheid, dr. Kenneth Jacobs, sowel as die direkteur-generaal (DG) van die departement van gesondheid, Nicholas Crisp, om die situasie as ʼn saak van dringendheid te hanteer.

“Nie net word die waardigheid en gesondheid van die pasiënte ernstig aangetas nie, maar die welstand van die hospitaalpersoneel moet ook aandag geniet.

“Probleme weens ʼn deurlopende gebrek aan genoeg personeel, terwyl die hospitaal se finansiële wanbestuur aan die misdadige grens, moet gepak word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Bernard ·

En hierdie hansworse wil die hele gesondheidstelsel (NHI) oorneem?

Phillip ·

My Ouma Le in garnkoewa hospietaal en selfs daar staan beddends in die gange dis oorals lyk dit vir my . In elke gang is daar mense wat op beddens le my ouma moet wag vir n kammer le in ongevalle . Brits hospietaal het nie die nodige toeristing wat sy benoodig nie en haar oorgepaal met staats Ambulans. Weet nie of sy n kammer al gekry het nie sal hoor as my ma terug kom van daar

Hein ·

Ai tog en die nasie kan nie sien dat die ANC hulle verlaat het nie of is dit weer apartheid se skuld?

Anel ·

EK SÊ WEER, EN HULLE WIL DIE NHI IMPLEMENTEER!!! BEHOEDE ONS!!!

Hennie ·

Hoe bly kan ons wees dis die CHRIS HANI hospitaal en nie die Hendrik VERWOERD hospitaal nie. Useless naam, useless plek!

Marie ·

Waar is Gift of the Givers. Hulle help eerder Oekraïeners as Suid Afrikaanse mense. Kom ons as boere help tog maar weer, kan iemand miskien daar gaan cater, ons sal iets inbetaal,ons het nog altyd gehelp. Hier is blykbaar nood want soos die gesegde sê, “they cannot organize a piss-up in a bar with a valid credit card”

Porseleintjie ·

So is my pa gelos om hom dood te bloei in hierdie einste hospitaal. Sluit eerder die deure.

quartus ·

Sluit die hospitaal en plaas die pasiente oor na ander hospiale

casper ·

40 jaar gelede was dit die grootste en mees moderne hospitaal in die suidelike halfrond en onder die top 10 in die wereld.
Toe kom die cANCer !!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.