Situasie by Overvaal nog ‘gespanne’

Ouers en leerders het reeds Woensdagmiddag begin om buite die skool op te ruim en skoon te maak. Foto: Verskaf.

Private veiligheidswagte en talle polisiebeamptes het Donderdag ʼn wakende oog oor die “gespanne situasie” voor Hoërskool Overvaal in Vereeniging gehou waar ʼn betoging Woensdag gewelddadig geraak het.

Kol. Lungelo Dlamini, provinsiale woordvoerder van die polisie, het die situasie buite die skool as “gespanne” beskryf.

Die eerste skooldag is gister gekenmerk deur skermutselings tussen betogers en die polisie waartydens skokgranate en rubberkoeëls afgevuur is.

Volgens Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, drom daar tans sowat 20 tot 30 ANC-lede, met slegs ʼn paar EFF-lede, by die skool se hoofhek saam.

“Afgesien van die ‘Kill the boer, kill the farmer’ wat hulle sing, is die situasie baie rustig. Daar is private veiligheidswagte by die hekke en ʼn reuse-polisieteenwoordigheid,” het Cameron gesê. ʼn Goeie gesindheid heers onder die leerders en die nuwe gr. 8-leerders het die oggend aan ʼn godsdiensbyeenkoms deelgeneem.

Volgens Dlamini is daar klein groepies mense wat buite die skool saamdrom, maar tot dusver was daar nog geen geweld nie.

Daar is gister altesaam 11 mense in hegtenis geneem. “Tien is vir openbare geweld vasgetrek en een vir die onwettige besit van ʼn vuurwapen.”

Maroela Media het gister berig twee mense is deur rubberkoeëls getref toe hulle die polisie se opdrag om uiteen te gaan verontagsaam het. Betogers het gister motorbande gebrand, gesing en rommel en glasbottels buite die skool rondgegooi.

Volgens Cameron het ouers van leerders reeds Woensdagmiddag begin om buite die skool op te ruim en skoon te maak. Foto’s hiervan word op sosiale media versprei.

Ouers en leerders het reeds Woensdagmiddag begin om buite die skool op te ruim en skoon te maak. Foto: Verskaf.

Intussen het die burgerregte-organisasie AfriForum laat hoor hulle oorweeg dit om ’n klag van haatspraak teen die EFF aanhangig te maak nadat EFF-betogers na bewering gister tydens die betoging voor Hoërskool Overvaal die frases “White man, you must die”, “Shoot to kill the Boere” en verskeie ander rassistiese en aanhitsende uitsprake gedreunsing het.

“AfriForum se regspan sal vandag ’n prokureursbrief aan die leierskap van die EFF beteken, waarin die party gevra word om hul standpunt oor hierdie voorval te verklaar,” het Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, in ʼn verklaring gesê.

“Indien hierdie optrede nie EFF-beleid is nie, verwag ons dat die party se leierskap hulle onvoorwaardelik daarvan distansieer en tugstappe instel. Indien die party egter nie bereid is om dit te doen nie, sal ʼn klag van haatspraak ingevolge die gelykheidswet teen die party aanhangig gemaak word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

PsJaco ·

Aan ons Valie Kinders, wat gistermiddag al die gemors so mooi skoongemaak het, BAIE DANKIE. Ons waardeer julle. Sterkte.

Fanie Marx ·

Is dit (geweerskote brandende bande en rasistiese opmerkings) die beeldvoorbeeld waaraan ons kinders/kleinkinders blootgestel moet word op hul eerste skooldag van die jaar?

Japie ·

Ek’s bly Afriforum kla die EFF betogers aan van haatspraak.

Dit was regtig ongevraagde, opruiende en haatdraende oproepe om wit mense te vermoor.

Wat moet wit en swart kinders hiervan dink?

Christene ·

Afriforum kla nog niemand aan nie. Hulle wag…en wag..tot wie weet wanneer.

Onaanvaarbaar ·

Hoe kan hulle wegkom om al die dinge te sing en te sê??!!! Winkel wat toppies geadverteer met onskuldige woorde op is aangeval. Mense wat woorde uit frustrasie gespreek het is aangekla. Hoekom word hierdie betogings en gesingery niks aangedoen nie EN kom weg met dit alles????

Waarom moes penny opdok ·

Waarom moet Penny Sparrow so baie geld opdok vir wat sy gese het en hierdie mense kan baie erger dinge se?

JC ·

Valies is hengse oulik!
Was nooit voorheen eers bewus gewees van Hoerskool Overvaal nie, maar is definitief nou.
Carpe Diem Afrikaans!

Irene ·

Lur het dit veroorsaak sy dag gaan kom eff mag se net wat hul wil niks word daarasn gedoen nie

marlene ·

Ag dis regtigwaar so onnodig. Hoekom hou die Eff so baie van geweld en rassespanning? Hul gaan uit hul pad om verwydering tussen mense te veroorsaak. Wat het geword van vreedsame samesprekings?

fm ·

Hierdie kan in ‘n baie ernstige voorval ontaard. Mense raak moeg daarvoor om in jou gesig te hoor dat jy doodgemaak moet word. Mag die mense kalm bly.

Paul ·

Waar is die nuwe anc president, keur hy die optrede van die betogers goed of keur hy dit af???

ana ·

Enige nuus verder …..mense is al histeries op whatsapp groepe. Anc is weer in konflik by skool. ding lyk lelik daar. dink net aan die kinders , waste trauma moet hulle beleef. en hul skool loopbaan begin nou eers. eninge nuwe verwikkelinge, baie mense sit sonder krag. sien niks op nuus. hier n daar is iets op fb, maar se nie veel nie.

Tammy ·

Waar was Panyaza Lesufi gister? Minister van onderwys het ons nou finaal laat besluit hy moet vervang word. Het so pas van n onderhoud op die radio gehoor hy het gese hy gaan elke maand n nuwe skool afgee. Wanneer het hy begin bou want die eerste maand van hierdie jaar is al verby die helfte, ek wonder waar is sy eerste skool en of die nuwe skole ook afgebrand gaan word. As daar minder skole afgebrand en vernietig is, was daar vandag n bietjie beter situasie. Mnr Panyaza Lesufi moet maar baie tyd spandeer om mooi te dink oor sy beloftes asook wat hy se.

Jakoba ·

Hemelvader hou elk veilig in u hand.
Vertrou dat gemoed van oproeriges sal sak want selfvernietiging is tragies.

Paperdoll ·

Dat kinders sulke optrede moet aanskou en vrees deur gaan. Mag die skuldiges gevang en vervolg word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.