Situasie in Brits ‘onder beheer’ ná geweld

Argieffoto

Hoewel paaie Maandagaand na die Oukasie- informele nedersetting buite Brits in die Noordwes met brandende buitebande versper was, is dié paaie intussen oopgestel vir gebruik en orde is binne die dorp herstel.

Só sê kol. Adele Myburgh, woordvoerder van die polisie. Myburgh het Dinsdagoggend aan Maroela Media gesê Elandsrandpad asook Wagpospad is vanoggend opgeruim en oopgestel.

Dít volg nadat talle betogers Maandag chaos veroorsaak het gedurende ʼn betoging oor dienslewering.

Volgens Myburgh het die betogers gisteroggend van Oukasie na die munisipale kantore in die dorp opgeruk waarna paaie met brandende buitebande versper en motors met klippe bestook is.

Altesaam 45 betogers is op aanklagte van openbare geweld in hegtenis geneem en sal vandeesweek nog in die hof verskyn.

Vragmotors is ook gedurende die betoging voorgekeer waarna betogers dié voertuie gebruik het om die paaie te versper. Dit is in dié stadium onduidelik hoeveel vragmotors voorgekeer is aangesien sake van motorkaping steeds by die polisiestasie aanhangig gemaak word, het Myburgh gesê.

“Die situasie is tans onder beheer. Die verkeer vloei goed in en uit Brits en ʼn hoë polisieteenwoordigheid word in die gebied gehandhaaf om die situasie te monitor.”

Myburgh het die publiek gemaan om nie fopnuus rakende die betoging te glo nie. Dit sluit in valse bewerings wat versprei word dat sakeondernemings in Brits hul deure moet sluit. “Ons kry baie valse inligting wat die ronde doen. Dit is nie waar nie. Die polisiëringseenheid vir openbare orde het die situasie onder beheer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Piet Lourens ·

Kan die menseregte kommissie asb verduidelik hoe die gewone mense se regte beskerm word sou iemand agv byvoorbeeld n hartaanval dringend by n hospitaal of dokter moet uit kom.

PEET ·

Ek woon in Brits en besighede moes wel gister hulle deure sluit!

Kobus ·

Baie bly ons is in sulke veilige hande. Dankie aan elke lid van die SAPD wat ons veilig hou. Trots Suid Afrikaans, maak ‘n veskil!

willem botha ·

Die probleem wat die mense het is die polisie en die dwelmbase vra die taxibestuurders wat die paaie blokkeer dienslewering is hier net n bysaak die polisie is die groot probleem.

Johan ·

Daar word gereeld geweldadige betogers voor die hof gedaag. Daarna hoor ‘n mens niks want hulle word blykbaar nooit ooit gevonnis nie.

Karien ·

Ek het self ‘n besigheid in Brits en ons is gister gedwing om ons deure te sluit. Vandag klink dit soos oorlog hier langs Oukasie. Dis als behalwe rustig.

Karien ·

Ek het self ‘n besigheid in Brits en ons is gister gedwing om ons deure te sluit. Vandag klink dit soos oorlog hier langs Oukasie. Die situasie is als behalwe rustig en onder beheer.

Andre Stander ·

Wat wel NIE ‘fopnuus’ is nie, is die feit dat die polisie magteloos is om hierdie tipe situasies te stop, of voorkom.

Ek is aldag nie eers meer seker hoekom ons n polisie diens het, of nodig ag nie. Behalwe natuurlik vir werkskepping.

Anoniem ·

In SA sal die ekonomie nooit regkom met al hierdie opstande en staakings nie. Hulle almal wil n beter lewqe he maar hulle almal staak en brand af en verhoed die wat wil werk om te werk. Hoe gaan n land vorentoe beweeg as daar elke dag een of ander opmars of staking is. Verduidelik asseblief Cyril en sommer hiedie unie manne ook want julle unie manne is die skuldiges.

Pieter du plessis ·

Die polisie soos dit nou is is n totale vermorsing van belasting geld,ek dink die klomp sal ook nie regkom nie,die beste is jaag die hele klomp en begin van voor af .

Skote ·

Adele duidelik ontvang JY fopnuus met jou verklaring Wat van die skote vanoggend …. okasie se pad toe op Wagpos pad …. nee ou girl duidelik het jy geen idee wat om jou gaan Daar is besighede toegemaak op jul aandrang nou ontken jy dit … geen wonder niemand kan polisie glo nie.

Kobus ·

Baie bly ons is in sulke veilige hande. Dankie aan elke lid van die SAPD wat ons veilig hou. Trots Suid Afrikaans, maak ‘n veskil!

Nelmari ·

Ek stem Karien. Ek luister al van 6 uur vanoggend af hoe die skote klap in Magaliesberg weg. Sonder ophou. Die situasie is verseker nie heeltemal “onder beheer” in Elandsrand nie..

Leigh ·

Ek werk ook in een van die besighede wat gister moes sluit – geen FOP nuus! Ons is vriendelik gedwing om ons deure te sluit vir die 2de keer hierdie maand!

Boerin ·

Sal graag wil weet wat word vd oproer makers wat elke keer in hegtenis geneem word? Geen haan kraai ooit weet daarna nie of het ek die berigte gemis waar daar gevangenis straf opgele word ? Sou dit nou wittes wees wat so iets probeer kan ek my net indink wat sal gebeur,gelukkig weet ons !

JG ·

Ek reken dit is eerder SAPS wat die fopnuus versprei. Hulle het geen idee wat om hulle aangaan nie. Die SSG van Brits is gister gyselaar gehou deur kriminele elemente wat mense gedreig het om hulle deure te sluit…daar was GEEN sigbare polisie in sig nie…ek weet…ek was daar.

LB ·

Ek het sowat ‘n uur gelede ‘n stemboodskap ontvang asook ‘n navraag om hulp vanaf ‘n huilende vrou vanuit Brits wat sê huise word met klippe bestook asook ‘n petrolbom is genoem? Spesifiek Sederbergweg Elandsrand. Dra iemand kennis hiervan. Indien hierdie waar is, gaan dit verswyg word in die media?

Z ·

Fopnuus? Bly in Brits…besighede MOES hul deure sluit. Die situasie onder beheer? Nou net n boodskap ontvang vanaf n GPF groep…Wagpos pad is nou nog n ‘no go’ zone. Dis nou vanaand 30/04 21:20. Ja die polisie was baie teenwoordig vandag maar die situasie was ver van onder beheer…huise en karre het deurgeloop…als van klippe tot en met petrolbomme. Nie hoorsê nie…nie fopnuus nie…videos…fotos…voicenotes. Rubber shells van koeels wat geskiet is…nie fopnuus nie…opgetel in die parkering in die DR’s se sentrum. Dit was die 4 de strike in 3 weke in Brits. As dit onder beheer was het dit by strike 1 opgehou. Dit is kommerwekkend hoe hierdie situasie se erns ge”downplay” is.

Susna ·

Volgens die kommentaar hier het ons standaarde in die Polisie geweldig gedaal. Onder beheer en normaal moet maar bevraagteken word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.