‘Situasie in Coligny uiters plofbaar’

‘n Skermskoot uit ‘n video van eNCA van die brandende huis.

Die geweld wat Maandagoggend weer in Coligny in Noordwes opgevlam het nadat twee mans van die dorp op borgtog vrygelaat is, het verder uitgebrei met minstens drie huise wat aan die brand gesteek is.

Een van die huise is ʼn huis op ʼn plaas langs die plaas waar die twee mans werk, terwyl ʼn tweede huis aan ʼn mediese dokter van die dorp behoort. Die VF Plus het gesê die eerste huis wat aan die brand gesteek is, behoort aan Henk Keyser, terwyl die tweede huis aan dr. Rabie Barnard behoort. Dit is nie onmiddellik aan wie ʼn derde huis, wat ook aan die brand gesteek is, behoort nie.

Maroela Media het vroeër berig inwoners van Coligny het gewelddadig geraak nadat Pieter Doorewaard (26) en Phillip Schutte (34) albei vroeër op borgtog van R5 000 elk vrygelaat is. Doorewaard en Schutte word aangekla van moord op Matlhomola Jonas Mosweu (16). Die mans beweer hulle het hom en nog ʼn kind in hul werkgewer se landerye betrap waar hulle sonneblomme gesteel het. Hulle het glo vir die seuns gesê om op hul bakkie te klim om hulle na die polisiestasie te kan neem. Een seun het weggehardloop en Mosweu het agterop die bakkie geklim.

Volgens die beskuldigdes het Mosweu van die bakkie afgespring toe die voertuig om ʼn draai spoed verminder het en is later aan sy beserings dood. Die staat beweer Mosweu is van die bakkie afgegooi.

Betogende inwoners meen die hof se besluit om die twee mans op borgtog vry te laat is onregverdig. Volgens berigte is landerye ook aan die brand gesteek, joernaliste aangeval en die N14 afgesper, maar die polisie kon dit nie onmiddellik bevestig nie.

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het wel Maandagmiddag in ʼn verklaring gesê die waarnemende nasionale polisiekommissaris, genl. Khomotso Phahlane, het vanoggend aan die VF Plus die versekering gegee dat die polisie met versterkings sal ingryp om die plofbare situasie en hernieude geweldpleging in Coligny te ontlont.

Volgens Groenewald het Phahlane hom die versekering gegee dat versterkings na die gebied gestuur is en dat ʼn helikopter ook ontplooi gaan word. “Ek is ook in direkte kontak met die polisiegeneraal in operasionele bevel wat my op hoogte van die verwikkelinge hou,” het hy gesê.

“Die VF Plus doen ʼn beroep op politici, en veral van die ANC, om mense daarop te wys dat hulle die reg moet respekteer en nie rassistiese en populistiese uitsprake te maak soos Noordwes se premier, Supra Mahumapelo, gedoen het tydens die begrafnis van die seun nie. Die situasie is uiters plofbaar en die VF Plus wil weer daarop wys dat ʼn gemeenskap die reg het om homself te verdedig en sy eiendom te beskerm, en dit moet deur almal gerespekteer word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Lee ·

Die VF gaan ongelukkig niks bereik nie want ons ANC Politici huts mense aan om die wittes te haat. Dis so hartseer dat niemand in die land respek het vir die wet nie. Wat doen die Polisie. Na al die gemors daar was daar nognie een inhegtenisneming gedoen nie. Weet hulle nie meer hoe om hulle werk te doen nie. En die skoolkinders hoort agter die skoolbanke nie op straat nie. Dis hulle wat die gemors aanhits.

Thys van Dyk ·

dis regtig tragies, kinders word gedwing om die lafaards se werk te doen, die onus is verseker dat die kinders onskuldig is en dat die wittes nie sal optree teen kinders met geweld teen gewelddadige en saakbeskadiging nie , n klomp lafaards dis wat hierdie mense is .Verseker SAL wittes hulle eiendom moet beskerm en as n kind dan nou beseer of self gedood word is dit in die geval die lamsakkige lafhartige rigering se skuld , wat sal ons anders kan doen, as optree dien oorselwig ,die aanval in uitvoering teen oor ons huis mense en eiendom.

Elize Roets ·

Boere kriesis aksie het gevra almal wat naby is moet kom help en moet by die hoerskool bymekaar kom. Die protester wag bluikbaar dat dit donker word dan gaan hulle nog huise, karre en die hof brand.

Se maar net ·

Dis heeltemal verkeerd. Hoe brand jy ander mense se eiendom? Laat die gereg sy gang gaan (dis wat ek moes hoor na my sus se moord).

Naamloos ·

Ek sien die boere moes borgtog van R5000 betaal Ek werk by n groot bekende polisiestasie en sien gereeld hoe borg gelde wissel Net laas week was daar n persoon wat ook vir moord gearresteer was en die bewyse dat dit wel hy was was die moord gepleeg het is 100% daar en hy word op borg van R300 losgelaat Soms word ons spoed ook maar gebreek deur n landdros of n regter want jy sit so baie efford in om die arrestasie te maak en R300 verder….. Die kans dat die 2 manne n vlug risiko is is so skraal dat dit nie eers n opsie is nie maar hulle moet baie betaal As ons al di shacks moet afbrand waar mense bly wat al gesteel, gemoor, verkrag ens het gaan die hele land se lokasies soos n verjaarsdagkoek met 100 kersies op lyk

Nettie ·

Ek dink dit raak tyd dat daar minder gepraat en meer gedoen word. Onskuldige mense se (duur en duurbekomde) eiendom is afgebrand omdat ‘n paar kriminele elemente dit in hul koppe gekry het dat die boere een van hulle ‘van ‘n bakkie afgegooi’ het – daar is geen moontlikheid hierin nie, tensy die ou wat die afgooiwerk gedoen het, agterop die bakkie saam met die mannetjie gesit het, wat onwaarskynlik is. Ek prys die regter vir sy uitspraak, wat in my opinie baie regverdig was (‘onskuldig tot skuldig bewys’). Buitendien, wie het die saak by die SAPD aanhangig gemaak – die ouers het dan tot enkele dae voor die mannetjie se begrafnis nie eens GEWEET dit was hul kind nie??? Nee wat, ek dink die tyd vir praat en smeek sodat ons nie vermoor/vermink/verkrag/beroof ens. word nie, is verby. Hoekom moet ons staan en toekyk dat dit waarvoor ons baie hard gewerk word, afgebrand word en dit vir ‘n krimineel se dade? Dit is tyd dat die boere saamstaan en hulself, hul geliefdes en land/eiendom met dieselfde maat van geweld verdedig en vergeld – as hul ons huise kan afbrand ens. doen ons dit met hul hutte/huise: ‘n oog vir ‘n oog en ‘n tand vir ‘n tand!

vierkleur ·

Verseker. Ek stem 100%.
Genoeg is genoeg, die tyd is nou om saam te staan,want hierdie is net die begin.

JC ·

Dankie Nettie. Ek stem volmondig saam!
Genoeg is genoeg! Ek wens ek was in Coligny, maar ek sit in Bloemfontein en kan nie help nie/help verdedig en arrestasies(burgerlik) maak nie.

vierkleur ·

Wat moet ons maak, as ons huise mt petrol bomme gegooi word.?

Mag ons skiet ,want ons en ons geliefdes se lewens is in gevaar in so n geval

Pieter ·

Ja, beslis. Koper/lood behandeling is baie suksesvol om brandstigters en moordenaars te beheer.

Charmaine Coetzee ·

Dis vir my so hartseer dat dit so in ons land gaan duidelik is gese die mans het al van tevore kinders polisitasie toe gevat wat goed gegaps het en hulle het hulle nie aangerand nie maar omdat dir nou boere is moet onskuldige mense daar onder lei so so onregverdig maar ek bid vir die land en due mense wat sulke bose gedagtes het dat GOD hulle sal genafig sal wees en hulle sal dwing op hulle kniee

Piet Pille ·

Nettie, ja ek stem volkome saam maat met jou, maar laat net een hut aan die brand raak, of indien jy jou mense en/of eiendom sou beskerm, honderd persent met volgens wet, sal jy in die tronk beland. Die hele polisie diens, weermag en helikopters sal ingespan word om jou te vang. Die staat is korrup en so-ook al sy magte.

Johann ·

Die ANC is op rekord by monde van SUPRA dat HY klaar geoordeel.en veroordeel.het oor die seun se dood EN wat hy die “gemeenskap” direk aanhuts om te doen as sy en die ANC se standpunt nie bevesyig word deur die howe nie! HY IS AANSPREEKLIK!!!!! Nuwe strategie van die ANC om hofuitsprake vooruit te loop met dreigemente van geweld as dit nie verloop soos die ANC dit wil hê nie! Voorbrand vir NUMBA WHONE wat oppad is om sy gat in howe te sien…..BRAND EN BREEK EN VERWOES EN STEEL…ANARGIE!

Nita ·

Dit het ons nou van al die haatspraak wat deur die politici aangehits word. Wittes is wreed. Wittes het alles gesteel. Wittes moet verdryf of uitgedelg word. Mooi so julius Malema jy en jou trawante het volkome daarin geslaag om die land in chaos te dompel.

Justice ·

Die agbare minister moet van Twitter afklim met sy boodskappe boodskappe van afkeur aan die betogers / rampokkers en sy agterend in Coligny kry om die wet en orde te herstel.

Hennie ·

Nou wie het die bakkie bestuur as altwee aangeklaagdes agterop was om die outjie af te gooi, of het die voertuig stilgestaan? Het die afbrekers daaraan gedink?

Cherokee ·

Het jy al daaraan gedink dat net een agterop hoef te gewees het?

John ·

Ann7 moet dringend dopgehou word. Hierdie stasie is duidelik besig met die aanblaas van rassehaat en gee aanhoudend publisiteit aan radikales. Daar is ‘n verskil tussen vryheid van spraak en die opsweep tot drastiese aksies. Die swartmagteken word gewys nadat opskrifte met betrekking tot nasionalisering van oa die reserwebank gevra word.

Blits ·

Hennie, geweldadige misdadigers en ongeletterdes dink nie aan sulke dinge nie, inteendeel dis duidelik dat hulle glad nie kan dink nie

Toi toi ·

Hulle weet wat is die waarheid…daar is dan gister of vdag nog n boer en sy werker aan geval nie ver weg… Die nuus se die boer het die joernalis ge ”attack” maar hul se nie die joernalis het ge ”tresspass” op ”private property” nie…wys ook net die laaste bietjie van die ”attack”

vermeende ·

Ek is oppad gooi net gou petrol op Klerksdorp.
Almal wat altyd so graag se ons kan nie saam staan nie, ek hoop ons sien julle ook daar by die skool!

Ken2 ·

Ek kan nie self kom nie maar ja, ons moet begin dinge reel om bymekaar te kom en mekaar te help.

rafel ·

Sterkte julle almal. Wees versigtig. Dis oorlog lyk dit vir my. WoW.

Kosie ·

Julle sien, dity waarvoor ou FW en sy spul hensoppers en bangat ministers wou verhoed gebeur nou in elk geval. Verder praat is verby. Doen om te oorleef is al wat oorbly.

Yster ·

Jy is reg. Die verskil tussen toe en nou is dat ons toe darm nog n polisie en wet en orde gehad het, nou het ons niks. Die liberales was toe heeltemal verkeerd.

Adam ·

Yster, om nou te argumenteer oor wie van die liberales of die konserwatiewes destyds reg was, is so irrelevant as om te debatteer of die Paashasie manlik of vroulik is. SA het destyds probleme gehad en daardie probleme het oor 23 jaar katastrofes geword. Ons probleem is die gebrek aan ‘n sterk middelklas wat ‘n broeikas vir rewolusie is. Die ANC regering is pateties, korrupsie is buite beheer en ons mense, ongeag kleur, sit op groot skaal sonder werk. Om alles te kroon onderdruk die regering entepreneurskap, plaas belaglik streng arbeidswetgewing op die boeke wat werkskepping verder onderdruk, en dit alles in ‘n tyd waarin die wereld ekonomie onder druk is. Die ANC kan nie of wil nie verstaan dat die ekonomiese koek groter moet word nie en vir 23 jaar probeer hulle dieselfde grootte koek herverdeel. Verder teer die land op die vorige regering se infrastruktuur, sonder om dit behoorlik in stand the hou. Die gevolg is eenvoudig: Mynbou is verwoes, landbou is onder enorme druk en die weefsel van die gemeenskap het verrot. Watter kans is daar om ‘n land op te bou as daar R250m gespandeer word op een mens se woning, miljarde gesteel word en die armes word al hoe armer, wit en swart. Die totale gemors in die land is doodeenvoudig die maaksel van ‘n onbevoegde regering en kon nooit voorsien word deur konserwatiewes of liberales nie.

Yster ·

Ek onthou soos GISTER hoe KP ondersteuners presies wat jy hier sê voorspel het.

Anoniem. ·

Hoeveel van die informele nedersettings sou teen die tyd oor gewees het as ons vir elke boer vrou en kind wat vermoor is , moes opruk en brand, roof en steel ,ongeag of die slagoffers by wie geroof en gesteel word skuldig is of nie ? Soos gisteraand op die nuus gese is deur die man met soveel haat op sy gesig ” maak nie saak nie , solank dit net n white guy sn is !” Se hy wat te jonk is om ooit onder apartheid gebuk te kon gegaan het .

nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.