Situasie kalm buite Roodepoort-skool

Argieffoto

Argieffoto

Dit was Woensdagoggend kalm buite die Roodepoort Primary School in Johannesburg, hoewel polisie steeds op die toneel was om die situasie te monitor.

Kapt. Doniah Mothutsane, woordvoerder van die polisie, het gesê daar was steeds ʼn groep ouers wat buite die skoolhekke saamgedrom het, maar hulle wag vermoedelik op Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys. “Al die kinders kon vanoggend sonder enige ontwrigting op die busse klim,” het Mothutsane gesê.

Intussen gaan Lesufi glo die volgende ses dae daaraan wy om ʼn oplossing vir die geweld en onluste by die skool te vind. “LUR Lesufi gaan al sy energie gebruik om ʼn volhoubare oplossing te vind sodat die leerders van Roodepoort Primary School hul basiese reg tot onderrig kan geniet,” het Phumla Sekhonyane, die departementele woordvoerder gesê.

Die Roodepoort Primary School is vandeesweek tydelik gesluit weens die voortslepende onluste wat al maande lank klasse ontwrig. Die leerders en onderwysers word intussen elke oggend met busse na die Lufhereng Primary School vervoer.

Die departement het ook ʼn taakspan aangestel om ʼn oplossing vir die inwoners en ouers se probleme te vind, maar die departement wou tot op hede nog nie die name van die taakspan bekendmaak nie.

“Die departement se kurrikulumspan het ʼn plan gefinaliseer om te verseker dat die leerders die werk inhaal wat hulle misgeloop het weens die onderbrekings by die skool,” het Sekhonyane gesê. Lesufi het omverskoning gevra aan die ouers en alle Suid-Afrikaners vir die “onnodige situasie”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Martin ·

Miskien moet Lesufi iemand vra omhon te help. Dit sit nie in sy Broek om die ou sakie op telos nie. Hy is vinnig om Blanke skoolhoofde te wil skors as daar net gerugte van verkeerde dinge is. Hier kry hy feite op tv en hy wil nou al sy tyd en aandag hieraan wy. Hy moet mos nou die hoof ook skors.

Ronell Wilken ·

Ek hoop daar is skriftelike toestemming van elke ouer verkry voordat hulle kinder na ‘n ander skool geneem is anders is dit ontvoering….!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.