Situasie by Marikana is kalm

Amcu-lede Foto: nowry.co.za

Amcu-lede Foto: nowry.co.za

Die polisie van Noordwes het Vrydag gesê die situasie by Marikana is kalm nadat die vakbond Amcu aangekondig het dat sy staking by platinummyne gaan voortduur.

“Die situasie is kalm en geen voorvalle van geweld is onder die polisie se aandag gebring nie,” het brig. Thulani Ngubane, ʼn polisiewoordvoerder, gesê.

Nagenoeg 80 000 lede van die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) staak al sedert 23 Januarie by Lonmin, Amplats en Implats en dring aan op ʼn intreevlaksalaris van R12 500. Die jongste aanbod wat deur Amcu verwerp is, behels ʼn salarisverhoging van tussen 7.5% en 10% waarvolgens werkers teen 2017 R12 500 sal verdien.

Lonmin het werkers tot 14 Mei kans gegee om terug te keer werk toe. Die maatskappy het deur ‘n SMS-opname bepaal dat meer as 60% van die werkers wil terugkeer werk toe.

Amcu-leiers het beloof om voort te gaan met die maratonstaking ondanks ‘n aantal werknemers wat begin terugkeer het werk toe.

Ongeveer 5 000 mynwerkers, wat weier om terug te keer werk toe, het Woensdag by die Wonderkop-stadion in Marikana saamgedrom. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

rinda ·

Wil net graag weet of die leiers van AMCU enigsins n greintjie skuldgevoel het. Daar is so baie mense wat deur die staking geraak wor nie net hulle lede nie. Die mense wat nog die hele tyd werk van die staking begin het kry ook net so swaar. Hulle kry ook nie die verhooging of terugbetaling tot dat die staking verby is nie. En ek glo dat dit regtig onregverdig is. Hoekom kan die maatskappye nie hulle verhoogings toestaan en die wat nie by die werk is blok hulle. Hulle kry mos hoeka nie salaris nie dus sal hulle weet wie dit is. Dit is regtig onregverdig dat ander ook moet pa staan vir hulle gemors. En glo my die wat werk kry ook nie volle salaris nie. Hoe moet mens by al die goed uitkom. Ek se verklaar die staking onwettig en kry klaar. Kan nie glo dat die regering toelaat dat dit so lank aan gaan nie. Dit maak nie ekonomies sin nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.