Situasie steeds gespanne in Pretoria

‘n Vragmotor wat afgebrand is. Foto: AfriForum

Die situasie is steeds gespanne in die weste van Pretoria waar ʼn groep ontstoke inwoners betoog.

Mandla Nkomo, burgemeesterskomiteelid vir behuising en menslike nedersettings, het Donderdag in ʼn verklaring gesê beamptes van die Tshwane-metropolisie moes in die Gomorrah-nedersetting ontplooi word waar inwoners gewelddadig geraak het oor behuising en dienslewering.

Die ontstoke inwoners het van middernag af die strate in die weste van die stad ingevaar. Verskeie voertuie is beskadig en aan die brand gesteek, paaie is versper en geboue is ook beskadig.

Die polisie moes in ʼn stadium van traangas en skokgranate gebruik maak om die skare in bedwang te bring.

Joernaliste is ook aangeval en die meeste van hulle het die gebied teen die middag vir hul eie veiligheid verlaat.

Nkomo het gesê die Gauteng-provinsie moet die grond aan die Tshwane-metro oorhandig om ʼn blywende oplossing vir die inwoners van Gomorrah te vind. Gomorrah staan ook bekend as Malusi en is ʼn informele nedersetting naby die Daspoort-tonnel.

“Die betogers voel glo verontreg deur die gebrek aan elektrisiteitsvoorsiening in die omgewing. Die Tshwane-metro se nuwe administrasie het dit op homself geneem om te verseker dat daar basiese dienste aan die gemeenskap gelewer word. Die proses om elektrisiteit te verskaf gaan egter eers kan kom met gereguleerde installasies van ʼn goed beplande elektrisiteit-infrastruktuur,” het Nkomo gesê.

Nkomo het gesê die huidige skermutseling help glad nie die situasie nie en die metro werk onvermoeid met die Gautengse departement van menslike nedersettings, wat die bewaarders van die grond is, om seggenskap te kry om die nodige planne vir infrastruktuur op te stel.

Die polisie en metropolisie is op hoë gereedheid geplaas en hou ʼn wakende oog oor die situasie.

Die omvang van skade en beserings wat aangemeld is, is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Johann ·

“Ontstoke inwoners”….”voel verontreg”…??????? Askuus? Van wanneer af is barbaarse anargie en n onbeheersde massa histerie van verwoes en brand en breek “verontregde inwoner gedrag”? Gev9lge van n ANC beleid van mobilisering van die massas wat him in sy spreekwoordelik “janter” hap! Is wat gebeur as jy hals vorniet en fri ant graatis verkondig….AFRIKA SOMME!

MoegEnMoedeloos ·

ñ Sekere groep mense is daarheen geskuif. In die laaste maand groei die area egter geweldig. Waarom?
DAAR IS GEEN INFRASTRUKTUUR NIE. Die area het ook geen water nie. Daar is ook nie boorgat water nie. Die mense behoort nie daar te wees nie. Omliggende woonbuurte bars onder die misdaad, geweld en die daaglikse lugbesoedeling. Almal sukkel deesdae en is mooi keelvol vir al die drama, ontwrigting en geweld.

Swartkat ·

Hoeveel van hulle is wettige Suid Afrikaanse Burgers wat basiese dienste verdien.

Heleen ·

Noem dit wat dit is: plakkerskamp! En onwettig! Hulle plak net en verwag om álles verniet te kry…give give..we want..we demand..ek raak so keelvol !

john samuel ·

Wel dit was wat hulle beloofd was vir anc-stemme in die verkiesing…..

pie in the sky ·

Dis slegs die gevolg van oop grense na Afrika en die Reënboognasie wat nou 53 000 000 tel… Relax – elke dag gaan beter

Janine ·

Nou sê my , as hul nou kry wat hul oor “tantrum”, gaan hul betaal daarvoor soos ek en jy? Ons hardwerkende mense BETAAL vir alles en saai nie verwoesting wanneer ons ons rekeninge kry nie, al wil ons. Ons moet werk toe gaan om daai dienste te betaal, maar hulle betogings verhoed ons om daar uit te kom. Hulle verswak die ekonomie, maar bly alles “demand for free”, want betaal daarvoor sal hulle nie! Ek is bevrees dat wie nog glo dat dinge sal beter raak in die land, regtig sal moet wakker skrik.

Renier Maritz ·

Die mense wat die plekname uitdeel het ‘n sin vir humor. Ek wonder nou waar Sodom is?

Michael ·

Kom ek stel dit dan so daar was geen wit mense betrokke by hierdie verskuilde vorm van kriminele aktiwiteite nie so gee asb die feite weer soos dit is

Koos1 ·

Dit is die ding soos my swart kollegas aan my vertel.
Die plakkers is sowat 80% vanaf ander lande. Identifiseer grond en gaan bou “shacks”. Trou met SA burgers of kry kinders hier en begin dan klip gooi oor dienste, want hulle is nou SA burgers.

G ·

Thomas John – Want dit kos geld om die land te verlaat, en nie almal het daai tipe geld nie. En waarheen moet almal gaan?

Jan ·

Ons bekommer altyd oor wie gaan betaal.Maar ons moet eerder bekommerd wees oor dit waarvoor ons reeds betaal maar nie ontvang nie.Daar word maandeliks miljoene rande verloor weens korrupsie.

chantelle ·

Dit was verskriklik. mense se water meters is gesteel.huise was met klippe bestook…karre was met klippe gegooi… ons bly sowat 6 – 7 blokke onder gamorah.. dt het geklink of hulle voor ons huis staan. dit het omtrent om middernag begin.. en ek wil dankie se aan die gpf in ons omgewing en ek is trots om n lid te wees van die gpf.. het verkeer begelei… orals ingestaan om mense te beveilig en ons het heeltyd geweet wat gaan vir wat..almal het saam gestaan en die gemeenskap veilig en ingelig gehou! hulle is dood eenvoudig barbaars. onskuldige mense loop deur hoekom ruk hulle nie op na die mense wat hulle alles belowe het se huise nie… magtig ons het verstik aan die traangas wat die polies moes ebruik… die arme honde met die skokgranate…dit was iets verskriklik gewees. hulle het geen gewete nie!

dries ·

Soos ek dinge nou sien is, jy bou vir jou n sink huisie onder n boom en gee hom n naam, dan vra jy vir die stadsraad jy wil elektriese, riool, en water aansluiting he, as jy dit nie vir my gee nie, dan gaan ek klippe gooi. Die rede julle het me beloof julle gaan dit vir my gee.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.