Situasie weer kalm in Sabie ná betogings

'n Vragmotor wat deur betogers aan die brand gesteek is. Foto: Verskaf

‘n Vragmotor wat deur betogers aan die brand gesteek is. Foto: Verskaf

Ontstoke inwoners van Sabie in Mpumalanga sal Saterdag met die burgemeester en ander regeringsrolspelers vergader na afloop van die gewelddadige betogings wat die dorp vandeesweek byna tot ‘n stilstand gebring het.

Sers. Gerald Sedibe, woordvoerder van die polisie, het gesê die situasie was Donderdag en Vrydagoggend kalm na die betogings vroeër die week, maar die polisie is steeds in die gebied om die situasie te monitor.

Volgens Sedibe het betogers vroeër paaie met brandende bande en klippe versper en ʼn vragmotor, wat vanaf Graskop na Botswana onderweg was en nog ʼn voertuig is aan die brand gesteek. Inwoners het ook bome afgesaag om die pad tussen Lydenburg en Sabie mee te versper. Die polisie se openbare orde eenheid is ontbied en moes Woensdag rubberkoeëls afvuur om betogers uitmekaar te jaag.

“Aanklagte van openbare geweld en opsetlike saakbeskadiging is aanhangig gemaak, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie,” het Sedibe gesê.

Die inwoners betoog glo oor ʼn tekort aan behuising en onvoldoende kragverskaffing in die Thaba Chweu munisipale gebied.

Intussen het die organiseerders van die Ashburton Sabie Classic-bergfietswedren in ʼn verklaring bevestig die wedren sal hierdie naweek voortgaan, nadat die polisie en munisipale verteenwoordigers Woensdagaand met die betogers vergader het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

tamboti ·

Die mense op grondvlak oefen rewolusie, as hulle maar net besef hulle het die mag in hulle hande om alles te verander, met die stemreg wat aan hulle oorhandig is, vreedsaam en ordelik.

Chris W ·

Jammer die mense van Sabie moes so verontrief word deur ander sogenaamde “mense” se gebrek aan opvoeding en dissipline.Nou vra ek WAAROM het die polisie niemand gearristeer nie??Daar behoord ondersoek ingestel te word na die polisie se aandeel in die geweldadige betogery hier.Wie gaan vergoed vir die skade wat aangerig is soos die vragmotor wat van Graskop af onderweg na Botswana vir die plesier aan die brand gesteek is??Nee magtig so kan dit nie aangaan nie.

Mick ·

In 2012 was Sabie dan “Town of the Year”. Oopsie. Iemand het of iets toegesmeer of die waarheid skuins vertel. Sekerlik kan dinge nie binne 3 jaar so sleg agteruit gaan nie? Sal maar ompad ry deur Nelspruit en Witrivier om by Kruger wildtuin uit te kom volgende week.

vierkleur ·

Mick ,

Hulle het dit dan reg gekry om die hele Suid-Afrika op te dinges in net bietjie meer as 21 jaar.
Sekerlik kan hulle Sabie verwoes in n baie korter tydperk.

Hoekom ondersoek die polisie nie ook sommer n saak van terrorisme nie,want dit is presies wat hierdie is

Leeutjie ·

Mick ek was daar toe hulle die dorpie van die jaar geword het. Dit was pragtig en is nog….is daar ‘n dorp wat gevrywaar sal wees van dit? Ek glo nie!! Hierdie onluste het gebroei in ‘n kort rukkie. Gaan kyk hoe lyk Pelgrimsrus as jy hartseer wil word!

Apie ·

Om te betoog oor sekere griewe is een ding, maar om verwoesting te saai en mense se lewens bedreig onaanvaarbaar en barbaars. Hierdie mense is duidelik onopgevoed en ver agter aanvaarbare standaarde.

Fanie ·

Ja en dit nogals so voor die verkiesing. Klink soos ‘n opgeswiepery. Maar hoekom so baie skade aanrig en hulle kom weg daarmee. Wanneer kry ons geregsdienaars ‘n bietjie ruggraat?
Kan hulle nie eers hulle eie huise bou nie? Dis pateties.

Christine ·

En die Regering se afwesigheid is duidelik sigbaar. Beplan n volgende.

Mick ·

My gunsteling klein dorpie totdat ek hier gelees het. Twee jaar gelede nog by Potpourri winkel in. Woodsman en Ole Smokey Restuarant ge-eet. Sybrand Van Niekerk skool se mooi uniforms gesien. Bridal Veil, Horseshoe, Lone Creek ens. Goeie geld gespandeer in die omgewing en dieselfde sou die geval wees volgende week. Klink na ‘n tragedie in werking, want behalwe vir Bosbou is die ander groot inkomste Toerisme. Sterkte.

Michael ·

Maar op stemdag trek die klomp weer hulle kruisie by die party wat niks vir hulle doen nie,maar dit is maar so as die kop dom is moet die lyf swaarkry.

Willie Horne ·

Die huidige rasse kwessie is net n anc rookskerm voor die verkiesing om die aandag af te lei van hulle mislukkings korrupsie en uiters swak regering

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.