Siviele stappe teen Nkandla-argitek ‘vorder’

Oudpres. Jacob Zuma se privaat woning in Nkandla, KwaZulu-Natal Foto: @power987news, Twitter

Siviele regstappe om van die R155 miljoen terug te kry wat betaal is aan die argitek van voormalige pres. Jacob Zuma se privaat woning Nkandla in KwaZulu-Natal, is in ʼn gevorderde stadium, het LP’s Woensdag gehoor.

Lekhoa Mothibi, hoof van die staat se spesiale ondersoekeenheid (SOE), het die parlement se portefeuljekomitee oor justisie toegespreek en gesê die feit dat die argitek, Minenhle Makhanya, se prokureurs onttrek het, het beteken dat hulle “byna van voor af moes begin met nuwe prokureurs”.

Die SOE het ʼn siviele regsgeding aanhangig gemaak nadat die voormalige openbare beskermer bevind het dat die opgraderingswerk aan Nkandla nie met veiligheid verband gehou het nie. Zuma is later opdrag gegee om R7,8 miljoen terug te betaal omdat die opgraderings hom en sy familie onregmatig bevoordeel het.

Gerhard Visagie, die SOE se regsverteenwoordiger, het aan LP’s gesê Makhanya se nuwe prokureurs het hulle nou by die saak aangesluit, wat beteken die verhoor sal binne die volgende paar maande begin, indien daar geen verdere vertragings is nie.

“Hierdie saak het gebuk gegaan onder ʼn hele aantal gebeure wat net beskryf kan word as vertragingstaktieke. Die nuwe prokureurs is nou aan boord. Die saak is in ʼn gevorderde stadium,” het Visagie gesê.

“Ons het nou ʼn punt bereik waar die voorverhoorgesprekke gehou word. Ons verwag dat die siviele eis binne die volgende paar maande sal voorkom.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Colleen ·

En so word die saak uitgerek en wie betaal die regskostes?

Realis ·

Die belastingbetalers natuurlik. Hoe het jy dan nou gedink?

Noujatoe ·

Voor-die-hand-liggende bedrog, en die aangeleentheid word sivielregtelik in der minne geskik?
Maar o wee!!
Die ‘K’-woord daarenteen is jou sleutel tot summiere gevangesetting.

Neewat ·

Daar behoort NIKS te gebeur nie .. groot bohaai oor niks. Hys die regte kleur, hy is van die regte politieke oortuiging, ons belastingbetalers gaan alles betaal en hy gaan skotvry anderkant uitloop. Quite frankly my dear as die president van ‘n land my vra om sy krot te ontwerp sal ek dit ook doen teen daardie bedrag, hoekom is mense nou kwaad vir hom? Hy het die werk gedoen en die president het sy prys aanvaar . raak nou groot!

Pietsepan ·

Die bedrae geld wat vir argiteks dienste betaal is is verbysterend. Dit kan mos niks anders as geldverduistering wees nie.

Francois Joubert ·

Ek vermoed die berig is verkeerd in dat R 155 000 000 aan die projek (ongemagtig) spandeer is en nie aan die argitek betaal is. Hulle wil nou die ongemagtigde koste van die argitek verhaal wat ek glo maar gaan knor.

Cherokee ·

Die woord ‘miljoen’ het nikssegend geword. Selfs wanneer ‘n ‘e’ agterna gevoeg word.
Die ‘m’ moet vervang word met ‘n ‘b’ om nou nog na waarde te klink.

Argitek ·

As argitek is dit vir my verbysterend hoe iemand daardie bedrag betaal kon word vir dienste gelewer. Argitekte word teen n vaste fooieskaal betaal soos vasgestel deur die SA Instituut van Argitekte. Vir volle dienste gelewer is 6% van die totale boukoste die algemene norm. Dit word bereken volgens ‘n glyskaal. Dws, hoe meer die projekkoste, hoe minder die totale fooi. As Nkandla ongeveer R250 miljoen gekos het, hoe op dees aarde kom hulle uit by R155 miljoen vir die argitek……??????

Karolis ·

Het jy al gehoor hoe tel zumpie? Hy het dalk self die berekeninge of (somme) gedoen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.