Siya Kolisi sê enige van die benoemde spelers kon met die titel as SA Rugby se speler van die jaar weggestap het.
Die 30-jarige flank is gister as Suid-Afrika se beste rugbyspeler van 2021 aangewys nadat hy in ’n kwaai stryd met Eben Etzebeth (slot), Lukhanyo Am (senter), Damian de Allende (senter) en Makazole Mapimpi (vleuel) om die titel gewikkel was.
Kolisi is die eerste Springbok-kaptein (sedert Jean de Villiers in 2013) om die titel in ontvangs te neem.
“So baie spelers het in ’n uitdagende jaar hul hande opgesteek. As ’n mens na die lys van benoemdes kyk, kon enigiemand eintlik die toekenning ontvang het; veral daarom is ek baie dankbaar,” het hy gesê.
Kolisi het in al 13 Boktoetse die span op die veld gelei en of ’n mens nou daarmee saamstem of nie; hy het omtrent met elke wedstryd beter gespeel.
Hy het veral sy stempel in die laaste paar kragmetings van die jaar afgedruk. Hy het alles gedoen wat van ’n nommersesflank verwag word: Hy het nie geskroom om die donkiewerk te doen nie, terwyl hy ook sterk op verdediging was.
“Individuele prestasies is nie juis iets waarop ons as ’n span fokus nie, maar ek voel geëerd om hierdie toekenning in ontvangs te neem. Dit sou egter nie sonder my spanmaats en die afrigters moontlik gewees het nie.”
Volgens die Springbok-kaptein is Etzebeth en Kie “ongelooflike spelers”.
“Ons is almal goeie vriende en ons vier mekaar se sukses. Maar bygesê, die belangrikste ding vir ons almal is die span.
“’n Mens kan nie te lank by só ’n toekenning stilstaan nie. Daardie vertonings was verlede jaar en ek sal natuurlik vanjaar weer die Bokspan wil haal.”
Hy is juis weer hierdie naweek in die Sharks se beginspan vir hul Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryd teen die Stormers in Durban.
“Die grootste les wat ek verlede jaar geleer het, is ongetwyfeld aanpasbaarheid. Ons eerste volledige oefening tydens die Britse en Ierse Leeus-reeks was byvoorbeeld die Maandag voor ons eerste wedstryd. Ek glo dat ons ook voortaan by ’n situasie sal kan aanpas om oplossings vir ’n uitdaging te vind.”
Wat moet Etzebeth nog doen omerkenning te kry?
Hy’s mos benoem.
Gun die man die erkennig.
Hoe het die wyse oumense altyd gesê “Ek sê eerder niks dan is daar niks”.
Baie geluk
Fantasties dat 4 van die 5 benoemde spelers anderskleurig is en welverdiend op meriete benoem is. Die anderskleuriges het ons span met rasse skrede verbeter en dra meestal deesdae die span. Een goeie ding wat uit die kwotasisteem gekom het anders sou hierdie briljante spelers nooit gekies gewees het nie.
Ek stem saam veral as in ag geneem word dat die meeste spelers wat beter is in die buiteland speel,selfs vir ander lande.
Wie’s die beter spelers wat in die buiteland speel maar nie die Bok-span haal nie? Kom nou, wees braaf en noem hulle. Hier gaan nou weer geen terugvoer kom nie……..
Ons wag vir die naampies…………
Dis die rede waarom baie Suid Afrikaners vir ander rugby lande skreeu.
Piet. Wag jy nogsteeds vir jou boetie?
Party mense wat kommentaar lewer wil tog so graag homself en sy opinie uitspreek maar het duidelik n klap van die wind meul weg en sy mening word gewoonlik in goeie geselskap geignoreer as hy homself in sulke geselskap sou bevind.
Bly by jou sokker eerder
Oh please, beste speler???? Ja and I am the president of the United States.