Sizani in Duitsland; bedrogsaak uitgestel

Portia Sizani Foto: ENCA.com

Die bedrogsaak van R1,2 miljoen teen Portia “Pankie” Sizani, vrou van die voormalige ANC-hoofsweep in die parlement, is Maandag weer in die handelsmisdaadhof in Port Elizabeth uitgestel.

Sizani was nie Maandag in die hof nie, en is glo in Duitsland.

Haar man, Stone Sizani, het verlede jaar bedank en is gevolglik herontplooi as ambassadeur in Duitsland.

Sizani is verlede jaar onskuldig bevind op vyf van die 15 aanklagte van geldwassery teen haar.

Sy staan steeds tereg op 16 aanklagte van bedrog en 10 aanklagte van geldwassery.

Sy word daarvan beskuldig dat sy die Oos-Kaapse departement van onderwys met meer as R1,2 miljoen bedrieg het en dat sy verskeie vervalste aansoeke vir Graad R-onderwysersposte geprosesseer het.

Sy was in daardie stadium die distrikskoördineerder vir vroeë kinderontwikkeling en het glo “spook onderwysers” aangestel en tussen 2009 en 2010 na bewering hul salarisse in haar sak gedruk.

Sizani se prokureurs het ʼn aansoek gebring dat landdros Mputumi Mpofu homself moet onttrek aan die saak, maar die aansoek is in November verlede jaar van die hand gewys. Sizani se prokureurs het aangevoer Mpofu kan bevooroordeeld wees, omdat sy vrou vir die departement van onderwys werk. Mpofu het egter daarop gewys dat sy vrou al sedert 2013 nie meer vir die departement werk nie.

Johan Wessels, vir Sizani, het daarna dokumente ingedien vir hersiening in die hooggeregshof in Grahamstad.

Die saak is tot 22 September uitgestel hangende ʼn besluit van die hooggeregshof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Annette Stander ·

Hoekom het Sizani ‘n wit prokureur? Vertrou sy nie haar eie mense nie?

snoefie ·

hoekom is n verhoirafwagtende toestemming gegee om die landvte verlaat?

snoefie ·

hoekom is n verhoorafwagtende toestemming gegee om die land te verlaat?

Ernst ·

Vind haar skuldig in haar afwesigheid en sit haar in die tronk.

GAB ·

As dit Gordhon was, was sy onmiddelik heroep terug SA toe, maar dis mos nie van persoonlike politieke belang nie, dus word daar gewag vir haar terugkoms…. lekker geregtelike korrupte bedryf stelsel wat SA het. Die wereld lag vir ons.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.