Sjimpansee ontsnap uit Pta-dieretuin

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

Moti, ’n 13-jarige sjimpansee van Israel, het die naweek uit die Nasionale Dieretuin in Pretoria ontsnap.

Moti is weer veilig terug in sy hok nadat hy Saterdag omstreeks 10:00 uit sy hok ontsnap het. Volgens Craig Allenby, woordvoerder van die dieretuin, sal daar vandeesweek ’n ondersoek van stapel gestuur word om vas te stel hoe hy ontsnap het. “Sy hok is nie gebreek of beskadig nie; ons vermoed dit was dalk ʼn menslike fout.”

Die dieretuin was onmiddellik bewus van sy verdwyning aangesien hulle besig was om die diere te voer ten tye van die ontsnapping. “Ons het heeltyd saam met hom gestap; hy was nooit alleen nie. Al rede hoekom ons nie met hom terug na sy hok toe kon stap nie, is omdat daar ’n hond in die woongebied was naby die hek waar hy moes ingaan en dit het hom bang gemaak.”

’n Veearts van die dieretuin, dr. Ian Espie, het hom verdoof. Volgens Allenby is Moti nou weer veilig en rustig in sy hok, wat tans onder kwarantyn is.

Moti en Abshalom, ook van Israel, het in Oktober by die dieretuin aangekom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

DPJ ·

Ja die sjimpansees is baie intelegente diere en sien gou ‘n bedryging raak.

Johann Marx ·

Wat doen jy dan Batman? Ek sit heeldag in ‘n hok (hulle noem dit ‘n kantoor), dan klim ek in ‘n ander hok (hulle noem dit motor) vir twee ure lank…..na my ander hok toe (hulle noem dit huis) waar my wasgoed gewas word en ek gevoer word. My hokke kos my almal net ‘n pakhuis vol geld, en NIKS word vir my aangedra nie. Inteendeel, ek word aangejaag as ek nie my eie hokke skoon hou, verbeter, diens en betaal nie………..en dan belas die staat my ook nog boonop. Deksels, nou wil ek ook ontsnap…

Grassie ·

Ek hoop die ou snaar het sy uitstappie geniet. Net jammer hy het nie so ‘n bietjie geselskap raakgeloop op sy omswerwing nie.

Theresa ·

Het soveel om hieroor te sê – maar sjoe, mens moet maar katvoetloop . Hoop nie die word “kat” kan mens ook in die moeilikheid bring nie…

Miah Cola ·

Die moonlikheid bestaan dat hy wou gaan help om die bordjies in KERKSTRAAT te vervang !

Gideon ·

Hy wou net so bietjie aapstreke uithaal toe hy sien iemand wat agterlosig was, is aangestel om hom kos te gee, sekerlik ‘n by!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.