Chirurg en pa sterf in botsing

Foto: Twitter

ʼn Chirurg van die Unitas-hospitaal in Centurion en sy pa is Vrydagmiddag in ʼn botsing oorlede.

Die botsing tussen ʼn vragmotor en twee motors het op die hoek van Wierdagweg en die R55 in Sunderland Ridge plaasgevind.

Volgens Ross Campbell, woordvoerder van ER24, het paramedici omstreeks 15:45 op die toneel aangekom.

Die pa en sy seun was in ʼn motorwrak vasgekeer. Hulle het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar.

Twee kinders, glo die chirurg se kinders, is ook in die botsing beseer. Die 15-jarige meisie het ernstige beserings opgedoen terwyl die 13-jarige seun kritiek beseer is.

Die seun is per helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal geneem terwyl die meisie met ʼn ambulans na ʼn hospitaal vervoer is.

Die naam van die chirurg word weerhou aangesien al sy naasbestaandes moontlik nog nie van sy dood in kennis gestel is nie.

Die presiese omstandighede rakende die noodlottige ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

59 Kommentare

Nico Strydom ·

Dagsê
Albei spellings word deur die HAT aanvaar. Ons het dit intussen verander na die meer bekende chirurg.
Vriendelike groete

Annetjie ·

Rerig …….. 1 mense dood en 2 ernstig beseer en julle is bekommerd oor n ? Spelfout

Nico Strydom ·

Dagsê
Albei spellings word deur die HAT aanvaar. Ons het dit intussen verander na die meer bekende chirurg.
Vriendelike groete

Gert van Wierdapark ·

Stuur die taalkennertjies om die OB te help om haar verslaggies saam te stel sodat hul hul beterwetige “houdink-kies” wat toe foutief is, omdat ALBEI terme korrek IS. Meegevoel met die chirurg se naasbestaandes!!

Nico Strydom ·

Dagsê
Albei spellings word deur die HAT aanvaar. Ons het dit intussen verander na die meer bekende chirurg.
Vriendelike groete

Mandy ·

Tipies verkrampte beterwetige afrikaner…altyd daarop uit om te kla en fout te vind…

Ag weet jy ·

Ag regtig. Maak julle nie ‘n fout nie? Sterkte aan die familie!

Sonja ·

Volgens die Afrikaanse Spelreëls is beide spelling toelaatbaar.

Adri Thegard ·

Gaan ons nou wraggies oor so’ n onbelangrike kwessie hare kloof….werklik?????

emma ·

Ai mense ier is twee mense oorlede en julle kla oor spelling. rerig of sal ek se regtig?

Pieter ·

Dis mos hoe ons is – en dit wat saak maak gaan by ons verby.

Antoinette ·

Ai mense sterf en ander mor oor spelling.

R.I.V. Sterkte aan die familie. Mag die kinders spoedig herstel.

* Jollie kêrels se tyd ·

Ja nê…! So word ons eens trotse taal verwater en verkrag!! Sogenaamd erkende woorde soos “sibbe”????, en sjirurg??? en nog ander… Dit is seker die hoogwysheid van die “nuwer geslag”!

phillip ·

n Taal is lewendig en groei. Alle tale in die wereld verander met tyd. Afrikaans ook dankie Vader daarvoor. Kry n lewe en groei saam met ons mooi taal. Groete

Cherokee ·

Sjirurg en Sjina klink en lyk meer Afrikaans as die c-weergawes. Daar woon immers Sjinese in Sjina en nie Chinese nie.

Kallie ·

En die Vrystaatse rugbyspan is eintlik Sjietas. Gelukkig is die groot aap nog nie Chimpasie nie.

Jaco ·

Sjoe maar julle kan aangaan………….
Arme Nico moet hom lam verduidelik en daar is daar wel dom koppe soos ek war waragtig sukkel met die spelling.
Kom nou mense iemand is oorlede…….
Is dit Dan nie wat belangrik isi???
MM dankie vir jul harder werk. Ek geniet Jul baie

Boertjie ·

Jaco????Ek dink almal wat so fout vind met maroela media moet liewer betaal en die burger gebruik. Die burger is altyd laat met die jongste nuus. Ek is so moeg vir almal wat net fout vind en kla oor als en niks omtrent dit doen nie. Kry n lewe asb. tog. Net een laaste ding almal wat so kla het seker universiteits grade in spel en niemand maak n fout op whatsapp of facebook nie ! Is whatsapp reg gespel in engels en facebook ook?

Koos de Meyer. ·

Waaroor kla hulle oor die spelling. Ek wonder of die wat so kla altyd 100% reg skryf. Daar is mense dood en dan kla sekeres oor spelling. Siestog.

Vicky ·

Ek lees van twee mense wat hulle lewe verloor het, twee kinders sonder ñ pa en oupa. ñ Vrou sonder ñ man en ñ ouma. En al waaroor van julle kla is SPELLING!!! Pateties. Vicky

W ·

Ek sien hier is mense wat pernanent met ñ rooi pen om die nek moet loop om ander se spelling reg te maak.

Jerry B ·

Stem saam met Mandy. Tipies Afrikaners soek altyd fout. Wys eerder simpatie teenoor die familie regtig.

JSG ·

Ek het altyd gedink die Nederlanders is die nasie wie rede soek om te kla oor iets. Kan sien van ons Afrikaners het nog daai streek. :-). Simpatie aan die naasbestaandes van die oorledenes.

Rooi ·

Die wie so kla oor spelling sien nie die ernstige saak van berig nie. Wil alewig dramaties wees oor minder belangriker dinge. Daar is groter probleme in die land.

Lia ·

Rêrig julle mense??? Wat gaan aan dat jul so gif spoeg oor spelling?
Ondersoek eerder jul koue hart…mense het tragies verongeluk…twee kinders ernstig beseer…..eerste ding wat ek gedink het, is dat ‘n gesin uitmekaar geruk ….soveel hartseer van een familie….en die oupa. Skaam julle, bid eerder vir hulle. Sterkte vir almal geraak deur hierdie ongeluk. Ek bid vir volkome herstel vir die kinders.

Tamaryn ·

Daar was 5 in die Kar die dame het Langs die 2 kinders gesit Kan iemand ons laat weet hoe dit met Haar gaan asb.

Jan Botte ·

Die mense wat so kla oor spelling stel net hulle eie onkunde ten toon pleks van die redaksie s’n. Sowaar, as dit nog ‘n fout was, kon mens dit nog dalk verstaan, maar om by ‘n doodsberig ‘n fout te soek wat nie eens daar is nie… Mag die liewe Afrikanervolk tog eendag beter ingelig en belese word…

Eunice ·

Jaaa,Jan…onse ou volkie,laat veel te wense oor,met hul slimmigheid

Penelope ·

RIV, en sterkte aan die families. Ek voel ook die persone wat so aangaan oor die spelling kan bietjie kalmeer. As julle mooi kyk is julle seker bietjie ADHD want die arme Nico het hoeveel keer probeer verduidelik oor die verskillende maniere van spelling, maar dit kom julle nie agter nie…. Haal diep asem mense. Leef en laat leef!!!

Regtig????????????? ·

Nonsens Pieter alles wat saak maak gaan ons nie verby soos jy beweer nie. Maar as n platform soos maroela media op n goeie dag in enige berig op n kommerwekkende gereelde basis nie eens die moeite kan doen om spelreëls, sinsamestellings, feite en nog baie ander nie eens kan nagaan alvorens hulle stuur druk nie sal ek ook kla. Maar dis mos makliker om kommentaar wat sulke platforms daarop wys net te verwyder!!!

Karolis ·

Dit nogal in die tyd wat ons baklei vir moedertaal onderig.

Janie ·

Volgens my is Sjirurg die regte Afrikaanse spelling vir die woord. Sjina is ook die regte spelling vir China, Sebra vir Zebra.

Ons verengels ons eie taal en lê dan eiers daaroor op die sosiale media. Ai!

Jimmy ·

Die taalmoeders het aanbeweeg. Die res van ons moet dieselfde doen.

Karolis ·

Baie sinvolle kommentaar in ‘n tyd waar ons baklei vir moedertaal onderig.

Eunice ·

DANKIE MAROELA MEDIA ons waardeer en geniet julle berigte!
VERSKOON maar asb.die vele asketieseTaalkundige Kenners!

BAIE JAMMER VIR JULLE VERLIES EN BAIE STERKTE AAN DIÉ BETROKKE FAMILIE TER SPRAKE

Mariaan ·

Tragies hartseer..weet ons al wie is die mense? Mag die kinders tog ok wees…ons paaie n slagveld…sterkte vir hierdie arme mense……en ja…lesers stry oor spelling…ek het dit opgemerk…maar die skok vd berig was te veel om my nog daaraan te steur!

Chris Ws ·

Ai dis tragies verby!Simpatie aan al hul naasbestaandes.
Maroela Media het julle nie gehoor van die reuse ongeluk waarby 3 vragmotors net buite Magaliesburg op die R509 betrokke was nie??

Elaine ·

Die dood van mense in Suid Afrika is al so normaal dat mense voel om komentaar te lewer oor spelfoute veel meer belangrik is.

Bianca ·

Hou op moun oor spel foute, mense is oorlede! Mag die familie styf vas gedruk word met liefde in die moeilike omstandighede.

Kallimaari ·

Ek bid God se vrede wat ons verstand tebowe gaan vir al die agtergeblewene geliefdes. My hulle Sy barmhartigheid beleef in hierdie moeilike tyd. Ek bid vir die boetie en sussie wat nou gebroke van binne en buite in ‘n hospitaal bed lê, en smag na ‘n pa en oupa wat nie meer daar is nie. Ek bid vir ‘n ma, ouma, vrou…wat nie meer haar pa, haar man, haar kind sal sien nie. Ek bid dat God te midde van hierdie verwoesting die storm wat woed sal stil maak. Ek vra dat Hy sal spreek, “wees stil, en wéét; Ek is GOD!”.

JD ·

Moord,verkragting,diefstal,moet ons nou spelling byvoeg , spel spietkop ?

DS ·

Mense dood en ons ou volkie baklei oor korrekte spelling van ‘n simpel woord! Laat ek nou nie die taal polisie ontstel nie so kom ek vra die vraag eerder as om dit reguit te se – want netnou word ek ook oor die vingers getik vir iets so sinneloos – word dit gevoelloos of harteloos genoem?

Gert Midstream ·

Toe spel die spelkenners ook nie reg nie. Gr 8. Dood en nogmaals dood. Noemenswaardige nuus is maar min. Wat van ‘n FANGALO as MOEDERTAAL ONDERRIG?

Ralph ·

En toe spel nog ‘n kenner, Gert Midstream nie reg nie. Fanagalo.

Rina ·

Innige simpatie met familie en vriende.
Miskien moet Maroelamedia net die onsinnige gekerm oor taal en spelling nie plaas nie. Die werlike berig se.kommentare verdwyn en dan gaan dit net oor spelling.

Leilani ·

Spelvoute het nie die mense se dood veroorsaak nie.Daar is ñ plek en tyd om te kere te gaan oor spelling , duidelik weet min van wanneer want dis hoe baie is SELFSUGTIG!! Hopenlik gebeur dit nie eendag met een van julle nie.
Dis seer om ñ geliefde te verloor in ñ ongeluk ek was al daar ek dink ons mediese praktyk het nou ook ñ leemte agv die chirurg wat dood is en sy gesin het ook ñ plekkie leeg vannand in die huis. My simpatie vir die mense.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.