Sjokoladevorms gesteel: Beskuldigde was op parool

Foto: www.cadbury.co.za

Foto: www.cadbury.co.za

Een van die mans wat glo die vorms gesteel het waarmee Cadbury se gewilde Bubbly-sjokolade gemaak word, het Maandag in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn.

Lindile Stemela (47) is borgtog geweier aangesien hy ʼn vorige veroordeling het vir roof en moord en vroeër op parool vrygelaat is. Stemela en sy medebeskuldigde, Fayaaz Salie (32), het verlede maand in die hof verskyn op aanklag van diefstal.

Salie is op borgtog van R2 000 vrygelaat. Volgens hofdokumente is die vorms sowat R800 000 werd. Tim van Rooyen, die staatsaanklaer, het in die hof aangevoer dat Cadbury glo beeldmateriaal van kringtelevisiekameras het wat wys hoe Stemela en Salie die vorms in ’n gereedskapskis laai en van Cadbury se perseel verwyder.

Volgens Van Rooyen is die vorms glo hierna as skrootmetaal verkoop. Die beskuldigdes sal weer op 5 April in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Tonginniekies ·

As jy nie van die sjokolade hou nie, moenie dit koop nie. Dis onnodig om die vorms te steel. Ons ander hou van die sjokolade…

Dee ·

Moet nie verspot wees nie! Ek sou graag daardie vorms wil koop; en vir die regte doel gebruik.

Andre ·

Ek het eers nadat ek die helfte van die berig gelees het agter gekom hulle praat eintlik van gietstukke vir die sjokolade en dit het niks met papierwerk te doen nie ,lekker stadig so vroeg in die oggend !

Chivago ·

Toemaar Andre, dieselfde hier! Kon ook eers nie verstaan wat wil hulle nou met die papier maak nie haha

Uncle Buck ·

Wat word van die skrootwerf eienaar wat die goed aangekoop het. Hy besit seker die kennis om te vermoed iets is verkeerd as daar met sulke duur items by hom aangekom word, of is bly maar stil en maak ‘n goeie winsie hier van toepassing

GEVAAR ·

Daai twee knapies het die gietstukke vir die oposisie gesteel om voorbeelde te kry .Hulle sal mos in elgeval nie lank tronk toe gaan nie.Dis maklik steel die vorms laat maak duplikasies en maak of jy die vorms aan n skroot handelaar wil verkoop .Minder aandag op die vorms wat weg is .Hulle het mos nou die twee skelms gevang .Intussen kom die kompetiesie se nuwe geur en vorm sjokelade oor n maand of twee op die mark. Slim gewerk kompetiesie ,slim gewerk.

Ruby ·

Was daar nie na sy misdaad rekord gekyk met indiensneming nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.