SKA help plaaslike kontrakteurs

Konstruksiewerk aan die pad tussen Carnarvon in die Noord-Kaap en die SKA Losberg-perseel (Foto: SKA)

Konstruksiewerk aan die pad tussen Carnarvon in die Noord-Kaap en die SKA Losberg-perseel (Foto: SKA)

Die wêreld se grootse radioteleskoop, die Square Kilometre Array-projek (SKA) beplan om klein- en medium-ondernemings in die Noord-Kaap te ontwikkel en te ondersteun deur die program.

Lorenzo Raynard, woordvoerder van die SKA, het gesê ABSA sal ondernemings, wat gekontrakteer is om goedere en dienste aan die hoofkontrakteur NMC Civils te verskaf, finansier. NMC is die hoofkontrakteur vir die oprigting van ʼn 80 km stuk pad tussen Carnarvon in die Noord-Kaap en die SKA SA Losberg-konstruksieperseel.

“SKA SA het deur verskeie inisiatiewe in die plaaslike kontrakteurs belê,” het Raynard bygevoeg.

Plaaslike kontrakteurs van Carnarvon, Williston, Vosburg, Brandvlei en Van Wyksvlei is deur SKA SA en NMC Civils opgelei in sake- en tegniese vaardighede om aan die verskeie werkspakkette aan die provinsiale padkonstruksie-projek te kan deelneem.

“Die waarde van die vennootskap met plaaslike kontrakteurs beloop R34,5 miljoen,” het hy gesê. “Die projek sal na verwagting tydens die eerste kwartaal van 2017 afgehandel wees.”

“Die belegging in die Karoo en in plaaslike sake-ondernemings in Carnarvon en omgewing is van die allergrootste belang vir SKA SA,” het dr. Rob Adam, projekdirekteur van die SKA, gesê. “Ons het beduidende gemeenskapsontwikkelingsprojekte wat op vyf terreine, waaronder gemeenskapsopheffing en die ontwikkeling van klein ondernemings fokus.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Willie ·

Hoop net standaarde word gehou en dat nie brou werk is nie….

Tiger ·

Dis AL waaroor alles in hierdie piesang republiek gaan!!Hoop die pad val nie gate in as die eerste swaarvragmotor oor hom ry nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.