SKA-projek ‘rampspoedig’ vir dele van Noord-Kaap

(Foto: ska.ac.za)

Die VF Plus sê beloftes dat die SKA-teleskoopprojek groot voordele gaan bring vir sekere gebiede in die Noord-Kaap, het nie gerealiseer nie en die voordele van die projek word eerder na ander dele van die wêreld gekanaliseer ten koste van die plaaslike inwoners. Weens die vereiste radiostilte wat alle boerderybedrywighede uitsluit, is groot dele produktiewe weiding uit die ekonomie onttrek.

Dr. Wynand Boshoff, die VF Plus se woordvoerder oor wetenskap en tegnologie, het gesê die projek word as een van die departement se pronkstukke beskou.

“Die probleem is dat die SKA, met al die wetenskaplike kennis wat dit voortbring, slegs werksgeleenthede tydens die konstruksiefase in die gebied geskep het. Kennisgebaseerde werksgeleenthede wat uit die projek voortvloei, word in universiteitstede in Suid-Afrika en die buiteland geskep,” het Boshoff gesê.

“Vir die natuurlewe van die omgewing is die gevolge selfs meer rampspoedig. Waterkrippe wat veeboere in stand gehou het, was vir klein en groot soogdiere en selfs reptiele die enigste beskikbare bronne. In die omgewing van uitgediende krippe kan die oorblyfsels van diere gevind word wat van dors omgekom het.”

Boshoff het gesê die projek is in die Karoo Hoogland- en die Kareeberg-munisipaliteit geleë, wat selfs onder goeie toestande marginale boerderygebiede is. In die huidige droogtetoestande kan dit omstandighede vir inwoners selfs verder bemoeilik.

Boshoff sê volgens inwoners was die openbare deelnameproses oor die projek boonop frustrerend en was diegene met inligting daaroor, nie beskikbaar nie. Beloofde opvolgwerk is glo ook nie gedoen nie.

“Die projek het ook vereis dat meer grond van veeboerdery onttrek word as wat aanvanklik gesê is,” het Boshoff gesê.

Die VF Plus sê hy wag steeds op reaksie van die minister oor die omgewingsimpakstudie wat oor die projek gedoen is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

jean ·

En wat gaan die impakstudie se resultate nou kan doen?….Moes daar nie voor die hele affêre opgerig is groter duidelikheid ontvang en opgevolg word nie?………Hartseer dat die omgewing en natuur weereens die onderspit moet delf.

barend v d westhuizen ·

man die regering sien net geld en dink nie aan die lang termyn en hulle word vir n gat gevat deur de buite land

TINRSA ·

Ons het verlede jaar die storie al gehoor toe ons in Augustus op ‘n plaas tussen Vosburg en Carnarvon gekuier het. Toe het die bier al vertel van die probleme. Hulle mag nie eers TV in die Gastehuis gebruik nie aangesien daar gesê word dat dit met die SKA seine inmeng. VF+ julle is bietjie laat

Kobus ·

Die DA kan seker ook daaroor praat. Meer kan hulle nie doen nie.

Rupert Ashford ·

Waar politiek onder die dekmantel van wetenskap of enigiets besluite dryf, kan mens maar weet jy hoor nie die volle waarheid nie.

LR ·

Ek wonder in elk geval of dit enige voordele inhou vir die mensdom in die algemeen. Indien hulle sê maar n nuwe ster of planeet of wat ook al ontdek, “so what” , dit is soos n hond wat n kar jaag en as hy hom vang dan weet hy nie wat om daarmee te maak nie.
Spandeer liewer tyd en energie en ontwikkel nuwe volhoubare energie bronne om aardverwarming tee te werk.

EMG ·

Van hulle website: “The SKA will partly be used to answer questions which have not yet been asked. Radio astronomers will use the SKA to understand how stars and galaxies are formed, and how they evolved over time, and perhaps to detect life elsewhere in the Universe. SKA will be used to obtain a better understanding of dark energy and dark matter.”

Ons weet tog God het die heelal geskep is…wat gaan hulle nou anders wys word? Ander lewe opspoor? Ek het al baie gedink oor die projek en wonder wat is die impak op die Karoo se droogte agv hierdie on”Bybelse” projek. Die droogte het in 2017 begin en die projek op die grond ook in 2017. Hierdie ondersoeke is verkeerd en nou boet mens, dier en die mooie Karoo. God laat nie met hom speel nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.