Skaapwagter naby Dewetsdorp vermoor

Argieffoto

ʼn 53-jarige skaapwagter is Dinsdagoggend dood aangetref naby Dewetsdorp in die Vrystaat.

Kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, het gesê drie skaapwagters het in hul skuiling in Kilimanock-veepos geslaap, toe hulle die honde buite hoor blaf het. “Hulle het gaan ondersoek instel en is deur vier gewapende mans oorval. Die aanvallers het op hulle losgebrand. Twee skaapwagters kon vlug, maar Tshidiso Kgotlele is in die maag geskiet. Sy liggaam is omstreeks 06:00 deur ander skaapwagters gevind.”

Mbambo sê daar word vermoed die aanvallers wou skape steel, toe die skaapwagters wakker geword het.

“Die polisie is ontbied en ʼn saak van moord word ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Leahim ·

Daar is n groot probleem met onwettige wapens in Suid Afrika en my opinie is die staat moet n sekuriteitsmaatskappy kontrakteur wat net op wapens en dwelms konsentreer en wat bevoeg is om direk met die vervolgingsgesag te werk om die probleem aan te spreek.

Carl ·

Ons betaal reeds vir die SAPS om die te doen. As hulle weer effektief werk sal dit die probleme oplos.

Andrea ·

Watse tipe “mense” leef tussen ons wat so maklik die weerloses net kan uitwis om hul misdadige lewensstyl te handhaaf? Wat ‘n siek land het dit nie geword nie. Cry, my beloved country…

Theresa ·

Gulsige owerhede. Siek vloervlak wat van oral inbeweeg sonder stop. Ons eie landsburgers kan nie meer net ‘n normale lewe voer nie. Van armste tot rykste kan die normale net nie meer gebeur nie. Sterkte aan die familie van die persoon wat doodgemaak is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.