Skaars bottel konjak vir R70 000 te koop

Die gewilde LiquorShop het ʼn aanlyn drankwinkel bekend gestel. (Foto: LiquorShop Online)

Die Shoprite-groep se LiquorShop het ʼn aanlyn drankwinkel bekend gestel waarop ʼn skaars bottel konjak vir R70 000 te koop aangebied word.

Fynproewers wat bereid is om R69 999,99 vir ’n bottel Remy Martin Louis XIII te hoes, hoef dus net ’n paar knoppies druk vir dié bottel om reg op hul voorstoep afgelaai te word.

LiquorShop Online bied ook verskeie ander eksklusiewe spiritualieë wat nie dikwels in plaaslike winkels gevind word nie. Dít sluit in Bunnahabhain se 25 jaar oue Islay Single Malt Scotch Whisky (R5 999,99) en ʼn beperkte voorraad van die 23 jaar oue Springbank Single Malt Scotch Whisky wat onder Checkers LiquorShop se eksklusiewe Private Barrel Co.-reeks whiskies gebottel word. Dié bottel sal jou R3 799 uit die sak jaag.

Dít terwyl ’n beperkte voorraad Johnnie Walker Blue Label vir minder as R1 000 per bottel aanlyn verkoop word teen ʼn besparing van R1 700.

Die webwerf maak egter ook voorsiening vir die gewone ou op straat en bied meer as 3 000 alledaagse soorte drank teen supermarkpryse, wat ook landwyd afgelewer word.

Die Shoprite-groep sê in ’n verklaring hy het besluit om die LiquorShop aanlyn uit te brei nadat die fisieke winkel onlangs as Suid-Afrika se gunsteling-drankwinkel aangewys is.

“LiquorShop Online sal nes sy fisieke winkels daarop fokus om onverbeterlike waarde oor ʼn tamaai reeks te bied. Produkte sal teen supermarkpryse verkoop word, en kliënte kan hul Xtra Spaar-kaarte koppel om voordeel uit aanlyn aanbiedings te trek.”

  • Klante in Gauteng en die Wes-Kaap sal gratis aflewering vir bestellings bo R450 ontvang terwyl ʼn afleweringsfooi van R75 vir bestellings minder as dit sal geld. ʼn Afleweringsfooi van R150 is in ander areas van toepassing op bestellings van minder as R1 000.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Swerwer ·

Sjoe, dit is verskriklik. Om te dink mense betaal en gebruik sulke duur voggies en dit gaan net weer by die drein af terwyl ander spartel om te oorleef. Elke diertjie het sy plesiertjie.

Francois Le Cochon ·

Ek sien Makro het ‘n Glenfiddich 50 jaar oue Whisky vir R600,000.00 ‘n bottel, maar net op bestelling.

Misky ·

Kan nie glo mense spandeer nog soveel geld aan sulke verregaande luukses nie. My R200 whisky proe vir my lekkerder as daai dure drank, want ek kan met ‘n skoon gewete drink en hoef nie skuldig te voel na die tyd nie

casper ·

Hulle gaan duisende bottels conjak aan die EFF en ANC verkoop – Hoop hulle het genoeg voorraad !!

SjN ·

Na die 3 de dop proe en maak die R200 per bottel presies dieselfde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.