Skaatsplankryer kritiek ná val

Foto verskaf deur Emer-G-Med

Paramedici is Donderdag ontbied na ʼn toneel in Glen Ashley, noord van Durban, waar ʼn skaatsplankryer geval en beserings opgedoen het. Paramedici van Emer-G-Med en Netcare 911 het reageer op die toneel in Marylandlaan ontbied.

ʼn Man, vermoedelik sowat 20 jaar oud, het langs die pad gelê. Omstanders het gesê hy het met ʼn skaatsplank gery voor hy geval het.

Die man het ʼn kopbesering opgedoen en was in ʼn kritieke toestand. Hy is op die toneel gestabiliseer en ʼn asemhalingsmasjien is aan hom gekoppel voor hy in ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir dringende verdere behandeling.

Emer-G-Med het lede van die gemeenskap in ʼn verklaring bedank vir hul bystand op die toneel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.