‘Skade aan Cliff se reputasie sy eie toedoen’

Gareth Cliff. Foto: Facebook

Gareth Cliff. Foto: Facebook

M-Net gaan Gareth Cliff  se dringende aansoek teenstaan en het ʼn beëdigde verklaring ingedien oor hoekom daar besluit is om hom die trekpas te gee as Idols-beoordelaar.

M-Net het vroeër vandeesmaand aangekondig dat Cliff nie deel van die beoordelaarspaneel van vanjaar se seisoen gaan wees nie. Cliff het hierna te kenne gegee dat hy M-Net vir R25 miljoen dagvaar vir “onregmatige afdanking en kontrakbreuk” asook naamskending.

Volgens M-Net is daar op 8 Januarie met Cliff vergader waartydens hy ingelig is dat M-Net besluit het om hom nie weer as beoordelaar te gebruik nie in die lig van uitlatings wat hy op sosiale media gemaak het. “Cliff se twiet op 4 Januarie dat mense nie vryheid van spraak verstaan nie was enkele dae ná Penny Sparrow se uitlatings en te midde van ʼn woedende en toenemende debat oor rassisme in Suid-Afrika. Die twiet, met die bedoeling al dan nie, is wyd beskou as ʼn verdediging van Sparrow se reg om rassistiese en neerhalende uitsprake te maak.”

Volgens M-Net is daar tydens die vergadering aan Cliff voorgestel dat hy en M-Net ʼn gesamentlike mediaverklaring uitreik waarin hy aankondig dat hy vrywillig besluit om die program te verlaat. Cliff het egter glo geweier waarna M-Net ʼn verklaring uitgereik het oor die besluit om Cliff die trekpas te gee.

M-Net voer verder aan dat hoewel hy reeds met Cliff begin onderhandel het oor die 2016-seisoen, die onderhandelings nooit afgehandel is nie en daar nie ʼn kontrak tot stand gekom het nie. “Dit is duidelik in Cliff se hofdokumente dat sy loopbaan nie net afhanklik is van sy beoordeling op Idols is nie. Hy is nie afhanklik van Idols om ʼn inkomste te genereer nie en oorweeg, deur sy eie toelating, al vir jare om Idols te verlaat.”

Volgens M-Net is Idols ʼn baie gewilde program en sal dit verreikende gevolge hê om nie met die werklikheidsreeks voort te gaan, soos geëis deur Cliff, nie. M-Net het gesê die plekke waar die oudisies gaan plaasvind is reeds betaal en reëling is getref met verskeie vryskutwerknemers.

M-Net het ook ontken dat hy Cliff se naam en reputasie in enige manier geskend het. “Enige skade wat aan Cliff se reputasie aangerig is, is ʼn direkte resultaat van sy eie aksies en nie weens M-Net se besluit om hom nie as Idols-beoordelaar te gebruik nie.”

M-Net staan Cliff se dringende aansoek met kostes teen. “M-Net hou by sy besluit om sy verhouding met Cliff te beëindig. Ons glo vas dat dit die regte besluit vir Idols SA en M-Net was. Die uitlatings wat deur Cliff  gemaak is demonstreer ʼn duidelike gebrek aan empatie vir die geskiedenis van Suid-Afrika en M-Net wou nie deel hê in die verdere aanblaas van rasgebaseerde verdeeldheid in die land nie.”

Klik hier vir alle vorige berigte oor Gareth Cliff op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

maritz ·

Ag Cliff jy gaan niks mis nie ( behalwe die geld ) Idols is inelkgeval n klug en jy weet dit . Spill the beans dan sal jy hulle hoor

maritz ·

Ag Cliff jy gaan niks mis ( behalwe die geld ) . Idols is n klug spill the beans dan sal jy sien hoe spring hulle

Charlotte ·

Hoekom is dit net wittes wat aangevat word oor rassisme maar die ander party kan maak en SE net wat hulle wil. Wanneer gaan dit ooit stop? Ongelukkig is dit nou n hef in die hand waaragter die ander party gaan skuil vir nog n leeftyd…..en die ergste is dis n hele nuwe generasie al wat nie eers deel van dit was nie!! SA se ondergang!!

André ·

Charlotte die realiteit is dat die ANC en die EFF rassisme beskou as iets wat net blankes kan pleeg. Na my mening is die krete teen rassisme in werklikheid krete teen blankes. Slinkse speletjie wat gevaartekens vir blankes inhou.

chrisp ·

Andre.
Jy het die DA vergeet.Hoeveel nie wittes het hulle al aangekla oor rassisme?

André ·

Ek sien Gareth Cliff skryf op sy blog dat hy nog net vir die ANC gestem het. En nou verwerp hulle hom. Shame.

Amanda ·

As jy jouself wil uitgee vir ‘n toffee moet jy maar gekou word. Geen simpatie met hom nie.

Riaan ·

Ek stem André (ANC krete teen blankes). Ons is ‘n gerieflike fokus om aandag vanaf hulle wanprestasie weg te neem.
Ek het ook geen simpatie met of tyd vir Gareth Cliff nie, maar het dit nie tyd geword dat ons vir MNet laat weet dat ons nie hulle rasisme sal duld nie? (Ander voorbeeld van hulle rasisme – die studie borgskappe wat hulle slegs aan swartes toestaan. Ek weet die beleid is op papier verander na druk van blanke groepe. Daar is meer). Of is dit ‘n te groot opoffering om ons DSTV intekeninge te kanselleer ten einde ‘n standpunt teen korporatiewe rasisme in te neem.
Dieselfde met Standard Bank en ander instansies wat wit mense uitsonder vir aanvalle (en ek praat glad nie die Penny Sparrow’s van die wereld goed nie).
Tensy ons nou saamstaan en op daadwerklike manier die boodskap uitstuur dat ons nie onderdruk sal word nie, gaan dit net erger raak. Ons moet dit egter op ‘n intelligente manier doen, en nie onnosel dinge doen soos Sparrow, of straatname gaan staan en verander, die ou vlag rondswaai of die Stem sing, nie.
Is daar maniere wat ons ons geld kan laat praat? Neem soveel uit die land uit as wat jy kan. Ondersteun maatskappye wat nie teen ons diskrimineer nie. Kyk uit vir mekaar en ondersteun mekaar in ons besighede waar moontlik.
Ter selfder tyd is dit belangrik dat ons moet help bou aan ‘n nuwe Suid Afrika, en gematigde swart mense aan ons kant kry. Behandel alle ander mense soos jy graag behandel sal wil word, en wees sensitief vir hulle agtergrond.

Dawie ·

Riaan, mooi gestel. As ons net tog kan saamstaan en dinge op die regte manier doen sal ons baie bereik.

Liewe heksie ·

Kry vir jou ou cliff if you can’t beat them join them haha Ek smeek uit my hart dat al die wit kinders idols boikot en nie eers probeer nie want die werklike rassist het dit net gevat as jy wit is is jy uit nog voor jy in is

John ·

Kan iemand met hoë intelek my bietjie ń liggie in hierdie donkerte skenk. Definieer rassisme asb. Volgens my, lae intelek, is rassisme net in die kop. Elkeen van ons is uniek em daarom vertolk elkeen iets totaal anders as die volgende persoon. Vir my is vryspraak iets totaal anders as vir iemand.

Dee ·

Wel John, aangesien jy so mooi vra dat ek rassisme aan jou moet verduidelik, luister nou mooi. Ek is ‘n rassis omdat ek lief is vir my taal en kultuur en dus my sosiale tyd spandeer saam met mense wat soos ek redeneer. Mense wat nie ‘n botsende kultuur aanhang nie.

Flippie ·

Ek hou nie van Cliff nie, maar die manier hoe hy deur MNet behandel word grens aan moord.

Flippie ·

MNet doen die regte ding hierdie wit rassiste moet bloot gestel word vir wat hulle is.

Fanie ·

Ek wil net graag weet, as daar nou rassis rassis geskree word, gaan die deelnemers met die Idols kompetisie elkeen in sy eie taal sing, of gaan hulle Engels moet sing, sodat die beoordelaars dit kan verstaan. As ek nou ‘n Xhosa is, en ek begin nou daar
by Idols in Xhosa sing, en Mnet gooi my daar uit, dan is hulle mos rassiste. Hahahaha…………

Chris ·

Fanie, Die beoordelaars hoef nie die taal te verstaan om hulle stem en sang vermoeë te oordeel nie. Soos wat die eksaminator van n sang studient nie noodwendig italiaans of frans hoe te verstaan as die student voor hulle opera sing nie. Hulle moet die stem en tegnieke wat die sanger gebruik evalueer.

Amanda Van Vuuren ·

Ek verwonder my oor al die gevegte tussen vd rasse en terwille van my eie geestesgesondheid bly ek eerder daar uit. Ek wil tog net noem dat Mnet nie solank gelede deur solariteit of soiets aangevat is, omdat hulle eenvoudig geen vinger lig om blankes op te lei in hulle bedryf nie?
Dit laat my wonder oor die Gareth en Mnet debakel…

marlene ·

so sal al die blankes wat dink as hulle die blanke Afrikaner afkraak en vir die ANC en EFF of wat ookal party stem, dat hulle veilig is en ‘n plekkie gegun gaan word in ons nuwe Suid Afrika tot die werklikheid geruk word, maak nie saak hoe diep jy kruip nie, as jou vel wit is, maak nie saak wat jou politieke oortuigings is nie, sal jy vernietig word, dit is ons regering se doelwit om die blankes tot op die grond toe te verneder en te vernietig

Lana ·

Nou wat van Somizi, die ander Idols judge, wat die volgende kwyt geraak het: “Racist white South Africans hoping that Zuma’s fall will give them a white president or bring back apartheid is a true denial of the reality. It’s like Oscar believing that he’ll one day take part in the Olympics. Never.”
Al wat hy moes doen is jammer sê en verduidelik wat sy bedoeling was???

Oom Boer ·

Vertroue, geloof, begrip, integriteit, betroubaarheid en respek kom nie by almal oor die algemeen voor nie. Die Gareth is nou nie my gunsteling nie, maar glo hy het nie uit sy geskiedenis geleer van Piet Retief en Dingaan nie. Serkte ou Cliffie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.