Skade aan KZN-hospitale beloop miljoene

Dhlomo, Motsoaledi en ander besoek die King Edward VII-hospitaal. Foto: ANA via die departement van gesondheid.

Die departement van gesondheid in KwaZulu-Natal het die omvang van die skade by hospitale en klinieke in dié provinsie ná verlede week se verwoestende storms bepaal.

Die beraamde koste vir herstelwerk is nagenoeg R100 miljoen.

Sibongiseni Dhlomo, LUR vir gesondheid in KwaZulu-Natal, het Maandag in ʼn verklaring gesê die departement het nou ʼn verslag wat die omvang van die skade uiteensit en daar moet nou begin word om die fasiliteite na ʼn funksionerende toestand te herstel.

Die eThekwini-gesondheidsdistrik het verlede week onder erge donderstorms, stormsterkwinde en swaar reën deurgeloop wat uitgebreide skade aan infrastruktuur en oorstromings in gesondheidsfasiliteite tot gevolg gehad het.

“Ons bevindinge handel oor skade wat by elke instansie aangerig is en is gegrond op die provinsiale span vir infrastruktuurrampreaksie se assessering. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, het onmiddellik al sy verpligtinge opsy geskuif om na die provinsie te kom en self te kom kyk hoe die hospitale die krisis hanteer,” het Dhlomo gesê.

Dhlomo, Motsoaledi en ander besoek die King Edward VII-hospitaal. Foto: ANA via die departement van gesondheid.

Die storms het meestal dakke afgewaai, oorstromings veroorsaak en elektriese skade aan onder meer die St. Aidan’s-hospitaal, St. Mary’s-hospitaal, Osindisweni-hospitaal, Clairwood-hospitaal, Wentworth-hospitaal, Ekuhlengeni-hospitaal, Prince Mshiyeni-hospital, Addington-hospitaal, King Edward VII-hospitaal en die Kwa Dabeka-gesondheidsentrum aangerig.

Dhlomo het gesê pasiënte bly in die stadium hul eerste prioriteit.

“In totaal is daar R98,2 miljoen nodig om die skade te herstel en sal samewerking van die departement van openbare werke, die tesourie en die departement van gesondheid benodig word,” het Dhlomo gesê.

Dhlomo het verder sy dank uitgespreek teenoor privaat hospitale in die omgewing wat hul fasiliteite vir pasiënte wat oorgeplaas moes word beskikbaar gestel het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Oops ·

Die regeringsamptenare meot net 1 week nie travel nie, dan is daar genoeg geld om die skade te herstel. Net een week dames en here, dan kan die hospitale weer funksioneer.

Toe nou ·

Ag voor die donderstorms nog die plekke verwoes het was dit al verwoes. Dit gaan horrible in meeste staatshospitale. Die toerusting is outdated en stukkend, die beddegoed ‘n disgrace asook die gebrek aan medikasie en beddens vir siek pasiente. Dit is skokkend dat siekes op vloere moet le en meer as een vrou op ‘n bed moet le en kraam .. KRY DIE HOSPITALE weer op standaard, gebruik die geld om mediese dienste op te skerp en HOU OP GELD Mors op luxuries en oorsese travels.

Boerseun ·

Nou kan hulle die goed weer opjack op die versekering se koste. As ek die kabels so sien hang kan ek net dink hoeveel skade deur die storms verloor saak is of swak instandhouding

Alida ·

Die hospitale is seker nooit in stand gehou nie. Instandhouding bestaan mos nie by hulle nie. Hoekom is die privaaathospitale nie beskadig nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.