Skade aan Mafikeng-kampus beloop dermiljoene

Geboue in vlamme gehul by die Mafikeng-kampus van die Noordwes-Universiteit nadat betogers op 24 Februarie 2016 op 'n plundertog gegaan het Foto: Twitter

Geboue in vlamme gehul by die Mafikeng-kampus van die Noordwes-Universiteit nadat betogers op 24 Februarie 2016 op ‘n plundertog gegaan het Foto: Twitter

Die skade wat tydens die onlangse studentebetogings aan die Noordwes-Universiteit se Mafikeng-kampus aangerig is, beloop ʼn astronomiese R151 miljoen.

Maroela Media het by ʼn vertroulike bron by die universiteit die bedrag verneem. Die omvang van die skade is nie net beperk tot skade aan geboue en ander bates nie. ʼn Geraamde R15 miljoen sal ook spandeer moet word om bykomende personeel aan te stel om die akademiese program in te haal wat agter geraak het, asook R10 miljoen om navorsing te vervang wat verwoes is toe die wetenskapsentrum vernietig is.

Die universiteit verloor ook ʼn paar miljoen aan huurinkomste weens die koshuise op kampus wat tans leegstaan. Dit sal glo ook ongeveer R60 miljoen kos om die administrasiegebou te vervang wat heeltemal afgebrand is, terwyl die skade aan die inhoud van die gebou sowat R35 miljoen beloop. Die skade aan Sedibeng-huis en die kampuskafeteria is na raming R2 miljoen.

Maroela Media het vroeër berig betogers het op 24 Februarie verskeie geboue op die kampus aan die brand gesteek, die personeelkafeteria geplunder, ʼn motorfiets en sleepwa aan die brand gesteek en ʼn veiligheidsmaatskappymotor is vernietig.

Louis Jacobs, woordvoerder van die NWU, het kort na die kampus se sluiting gesê dat die Mafikeng-kampus op 29 Maart weer vir akademiese aktiwiteite sal heropen en dat koshuisinwoners vanaf 28 Maart weer in die koshuise sal kan intrek.

Die woordvoerder van die Mafikeng-kampus kon nie Dinsdagmiddag onmiddellik vir kommentaar bereik word nie. Maroela Media wou navraag doen oor of enigiemand vervolg is in verband met die skade wat aangerig is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Irene ·

Hoekom weer opbou om weer aftebreek
Laat daar geen geleerdheid kom nie of bou kleiner unv vir verskillende tale

Mielie ·

Bou n ander een, nader aan die mense se woonplekke, MAAK DOOD SEKER DAAR IS GEEN AFRIKAANS NIE. Kyk hoe lank dit hou.

Veritas ·

Sal interressant wees om te hoor wie gaan Pa staan vir die rekening. Sal dit die belastingbetaler wees of die universiteit, wie se versekering darem seker ‘n onluste-dekking insluit. Of gaan die ANC se onluste-eenheid, die EFF, die gelag moet betaal? Daar is darem seker videomateriaal beskikbaar wat die brandstigters kan identifiseer. Laat dié spannetjie maar vir so 20 jaar, sonder vergoeding, gemeenskapsdiens in Irak gaan doen.

Dup du Plessis ·

…….dit was ‘n Engelse kampus met feitlik geen wit gesigte nie, so wat was die probleem hier.
……al studeer die klomp sotte wat die brandstigting gedoen het wat ookal, en al lewer hulle watter bydrae tot die ekonomie daarna, gaan hulle nooit kan vergoed vir die skade nie – en ons Afrikaanse drommels is bereid om te betaal vir onderrig, bereid om niks af te breek nie maar eerder op te bou – maar dit word ons nie in ons taal gegun nie……

Chris W ·

Los als net so sodat hulle dit woonplek kan verskaf aan dakloses om in te plak.Die herstel kostes regverdig dit nie om die geboue weer te herstel nie.Sodra als weer mooi is brand die “voorheen benadeeldes” dit net weer af!

JP ·

Maklik genoeg kla die idiote aan vir kwaadwillige saak beskadiging en na skuldig bevinding laat hulle die rekening vereffen al neem dit ‘n leeftyd

Johann Marx ·

Die wit pappies van die Potch Kampus gaan weer opdok……Dis tyd dat ons ons geld in ons sakke hou, totdat daar ‘n teenprestasie gelewer word. Huidiglik betaal ons net…en hoop vir die beste. Dis nonsens.

Johannes Meintjes ·

Nog ‘n “Proudly South African” boodskap aan SA, die uitermate vervale ekonomie en die buiteland!

Juran ·

Die nie bleastingbetaler breek af terwyl die belastingbetaler weer betaal om die skade te herstel. bose kringloop.

Dan ·

So hulle is oor die halfpad merk, so brand maar die orige deel ook af, wat sukkel julle so.

Elize ·

Verhoog die studiefooie om vir die skade te betaal. Dan sal hulle volgende keer twee keer dink voor hulle so iets doen. Fees must rise……..

Connie ·

Moenie die kampus heropen nie. Julle sal nooit weer ‘n wins toon nie. Behalwe as julle die fooie so verhoog dat die kampus weer lewensvatbaar sal wees.

Elizabeth ·

Die belastingbetaler MOET ingelig word oor wie die skade gaan betaal. Net nie nog ‘n las op die Potchefstroom- en Vaaldriehoekkampus nie!!! Laat belastingbetalers ‘n kans kry om te stem of hulle bereid is dat hul belastinggeld gebruik word om ‘n plek te herstel wat gedurig gevandaliseer word en nou byna in die grond in vernietig is!!

Christo Keet ·

Daar is oor Radio Pretoria berig dat die skade aangerig gedurende die student onluste R150 miljoen is .Nou word dit bekendgemaak dat op Mahikeng alleen R151 miljoen is. Ka n Maroela Media nie a.u.b. die regte bedrag kry en dit publiseer nie.My wiskune wil nie sin maak nie

Patty ·

Moenie weer opbou nie en sloop alles wat daar nog is sodat dit nie ongure “nes” word nie. Dit is tog die rede hoekom dit vernietig is hulle stel nie belang om verder te studeer nie. Voel jammer vir diegene wat rerig wil studeer en vooruitgaan in die lewe maar almal moet een of ander tyd ‘n keuse maak en hier met die Universiteit Owerhede die keuse maak om nie voort te gaan nie agv onvoldoende fondse. Studente wat rerig wil studeer moet dit buitemuurs doen en aansoek doen vir hulp agv die sluiting van die Universiteit.

Gideon ·

Dankie tog my kinders is klaar by die Pukke. Ek het dit self ervaar hoe studente en ouers uitgebuit word. Die kos is peperduur in kafeteria’s, van die studie rigtings beteken net mooi niks as studente dit voltooi. Ek het besef dat van daardie rigtings net aangebied word om dosente werk te gee!!
Karma is baie sleg, dit het ‘n manier om jou terug te byt! Studente word ook in sommige klasse van hulle goeie waardes gestroop!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.