Skade aan spoorstawe rede hoekom trein ontspoor

Argieffoto

Metrorail sê vanoggend se treinontsporing naby Boksburg in Ekurhuleni is veroorsaak deur die diefstal van belangrike infrastruktuurkomponente.

Maroela Media het vroeër berig trein 0304 was op pad na Springs toe dit omstreeks 04:20 by die Angelo-treinstasie ontspoor het. Niemand is beseer nie.

Slegs een trein op ʼn slag kan intussen tussen die Germiston-sentraal-stasie en die Oos-Rand-stasie ry.

“Die herstelwerk aan 216 beskadigde spoorstawe is onderweg en sal teen môremiddag (Woensdag) afgehandel wees,” het Lillian Mofokeng, Metrorail-woordvoerder, gesê.

Metrorail het die diefstal ten sterkste veroordeel.

“Die geraamde koste van die skade beloop ʼn miljoen rand vir herstelwerk, maar die uitwerking op klante wat staatmaak op spoorvervoer om by die werk uit te kom, is enorm,” het Mofokeng gesê.

Metrorail het ʼn beroep op mense gedoen om saam met wetstoepassingsagentskappe te werk om voorvalle soos dié te voorkom.

Metrorail het pendelaars én werkgewers ook vir die ongerief om verskoning gevra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Susan vl ·

Dit was nooit vroeer jare so nie. Daar was om gegee vir elke medemens in ons land.

marous ·

Gewetenlose skroot handelaars is die oorsaak van die gestelery , en die polisie kyk ander pad . Dis die waarheid

Julie Jansen van Rensburg ·

So – wat is nuut? Ek is net verbaas dat die trein nie sommer daar en dan aan die brand gesteek is as “straf” omdat dit ontspoor – derhalwe laat = vir die “werkers” was… dis mos die norm – as ‘n trein om watter rede ookal (meestal agv nalatigheid/onkundigheid deur sekere owerhede) laat is, straf die trein – steek dit aan die brand – en die belhamels wat dit doen huil dan die hardste omdat hulle laat is vir werk…

MW ·

Kon baie anders uitgedraai het. Is dit hoe min hul vir hul naaste voel? Betaal mos nie daarvoor in die eerste plek nie. Elkeen vir homself, dis hoekom alles in so ‘n gemors is vandag

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.