Skade van Pretoria-treinongeluk sowat R21 miljoen

Die dodetal in die ongeluk is nog nie bekend nie. Foto: Tshwane-nooddienste

Die skade van die treinongeluk in die weste van Pretoria wat Dinsdag die lewe van drie mense geëis en tientalle beseer gelaat het, sal na raming sowat R21 miljoen beloop.

Volgens Lillian Mofokeng, woordvoerder van die Gautrein Metrorail, sluit dit die skade aan infrastruktuur en verskeie treinwaens in.

Maroela Media het vroeër berig drie pendelaars is dood en meer as 200 beseer nadat twee treine by die Mountain View-stasie gebots het. Die Metrorail-passasierstreine was op dieselfde spoorlyn uit Mabopane se rigting na Pretoria se middestad onderweg toe die een van agter in die ander vasgery het. Die oorsaak van die botsing word nog ondersoek.

Mofokeng sê die Metrorail-treinroetes is steeds gesluit terwyl opruimings- en herstelwerk by die Mountain View-stasie aan die gang is. “Die onvoorsiene reënweer Dinsdagmiddag het ʼn negatiewe uitwerking gehad op die werk om die ongelukstoneel op te ruim en die werk sal vanoggend voortgesit word,” sê sy.

Foto: Verskaf

Sy sê die Metrorail-bestuur het intussen planne beraam om die pendelaars wat reeds weeklikse en maandelikse treinkaartjies gekoop het te akkommodeer. Omdat al hierdie pendelaars nie op die 30 gekontrakteerde busse plek sal kan kry nie, is tydelike dienste beskikbaar gestel op die volgende roetes:

  • ʼn Pendeltreindiens van Mabopane tot Dewildt wat by Pretoria-Noord-stasie eindig;
  • ʼn Busdiens tussen Pretoria-Noord-stasie en Hercules-stasie;
  • ʼn Pendeltreindiens van Pretoria-stasie tot die noordelike dele van Pretoria wat by Hercules-stasie eindig;
  • ʼn Pendeltreindiens tussen Belle Ombre en Hercules-stasie.

Slegs pendelaars wat reeds geldige weeklikse en maandelikse treinkaartjies gekoop het, sal op hierdie dienste geakkommodeer word. Geen nuwe treinkaartjies sal vir die roetes verkoop word totdat die normale treindienste hervat word nie.

Mofokeng sê ʼn instapsentrum sal vanaf Donderdag by die Pretoria-stasie beskikbaar wees vir pendelaars wat in die ongeluk betrokke was om hulp en ondersteuning te kry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

tom ·

Dis alles die Anc se skuld want hulle het mos die spoorweg polisie weg gevat ,nou moet julle nie kla ou Blade

Willem Grobler ·

Korreksie Tom – die NP-regering het die spoorwegpolisie afgeskaf. Die ANC het die vermoeë om die stelsels ordentlik te bedryf afgeskaf.

Pampoen ·

Dit is wat gebeur as onbevoegde person aan gestel word. Net daar vir die payie vir die job

Johanna Botha ·

So reg dis net n ‘job’ …kannie wag vir die 25ste nie ! Wil jy werk of soek jy n ‘job’ …groot verskil !

Andre ·

Dit was a.g.v kabel diefstal, volgende blameer hulle wit capital vir dit en brand weer alles af.
Julle gaan nie meer baie lank aan daai en die apartheid verskoning kan klou nie, wakker word mense.

SjN ·

Wil hul nie erken hul is nie opgewasse om die werk te doen nie. Geen verdere ondersoeke hoef gedoen te word nie.

cor ·

Ai nou word almal geblameer die skade is gedoen, lewens verlies , beserings die lot, niks sal dit terug bring nie. Al waar oor ek wonder gaan die beskadigde rytuie ook net van die spoor af weggestoot word en dit daar gelaat word vir herverdeling en onteining sonder vergoeding soos wat by die meerderheid trein ongelukke gebeur waarvan die wrakke nou nog le. Geen selftrots en verantwoordelikheid sin nie.

christa ·

ALLES WAT GEWERK HET IN DIE OU SUID AFRIKA HET HUL WEG GEVAT SPOORWEG POLISIE NOU HOE NOU GEMAAK O WA EK VERSTAN NO HOM NIE BAIUE MOOI DAAR WERK NIER

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.