Skadelike alge bedreig krokodille in wildtuin

‘n Nyl-krokodil ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Onlangse satellietwaarnemings van die Olifantsrivier in die Krugerwildtuin dui daarop dat ʼn skadelike algeblom moontlik vinnig in dié rivier kan opbou.

Die alge kom voor in die onderste deel van die Olifantsrivier, wat deur ʼn diep kloof met ʼn groot Nyl-krokodilbevolking vloei, voordat dit in die groot Massingir-dam in Mosambiek vloei.

Nadat ʼn soortgelyke alge-uitbreking in 2008 veroorsaak het dat meer as 200 krokodille gevrek het, het wetenskaplikes ʼn gedetailleerde moniteringsprogram van stapel gestuur om die impak van die algeblom op die krokodilpopulasie en die hele ekostelsel te monitor.

Die alge kan moontlik ontstaan as gevolg van ʼn kombinasie van faktore, het SANParke Woensdag in ʼn verklaring gesê. Dit sluit in baie hoë watervlakke in die Massingir-dam weens ʼn goeie somerreënseisoen, verhoogde waterduidelikheid wat veroorsaak dat monosellulêre alge toegang tot sonlig kry en ʼn groot biomassa opbou, hoë vlakke van besoedeling uit stroomopvanggebiede en warm temperature wat die temperatuur van die oppervlakwater verhoog.

“Ons het waardevolle wetenskaplike lesse geleer oor die meganismes wat aanleiding gee tot pansteatitis-uitbrekings en die impak wat dit op krokodilbevolkings gehad het nadat dit in 2008 uitgebreek het,” sê Danie Pienaar, hoof van bewarings- en gebiedsintegriteitsbestuur in die Krugerwildtuin.

Volgens navorsing wat deur die nasionale sentrum vir bio-tegnologiese inligting (NCBI) gepubliseer is, het minstens 216 krokodille tydens die destydse uitbreking gevrek. Navorsers het die oorblywende krokodille as “lusteloos” beskryf en talle het ook abnormale letsels in hul vetweefsel ontwikkel.

“Hierdie keer is ons vooraf gewaarsku en sal ons proaktiewe monitering en navorsing doen om die situasie saam met ons Mosambiekse kollegas dop te hou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Pieter ·

Al die riviere in die ANC land lyk so die kubaane kom nou die probleem op los. Maar in kuba is hulle eie water ook n gemors

Pieter ·

Alge gedy op nitrate en fosfate. Afkomstig van Foskormyn in Phalaborwa, rioolplase wat nie werk nie en kunsmis van landerye. Rioolplaasbestuur onder die ANC bestaan nie.

Josua ·

Nou verstaan julle waarom dit so belangrik is dat Hartebeespoort dam se water skoon bly want dit het n GROOT inpak op ons diere lewe ver van Hartbeespoort dam af, ongelukkig verstaan die mense in beheer nie die belangrikheid van skoon damme nie dis net n wonder dat daar nog nie krokodil vrektes in die Limpopo rivier aangeteken was nie, net n kwessie van tyd. Steeds gee hulle nie n duit om vir rou riool wat in ons damme en riviere invloei nie.

JohanR ·

Is Chuck Norris nie die enigste een wat ‘n krokodil kan bedreig nie? Alle grappies op ‘n stokkie…..die ANC het al amper alles verwoes, soe hoekom nie die Krugerwildtuin nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.