Skadelike piesangs uit Somalië ‘fopnuus’

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto)

Gerugte doen die afgelope paar dae die ronde oor ingevoerde piesangs wat glo met ʼn soort bakterie besmet is wat skadelik is vir mense se spysverteringstelsel.

Beeldmateriaal van ʼn bakterie genaamd helicobacter pylori wat uit piesangs gehaal word, is wyd op sosiale media versprei met bewerings dat dié piesangs van Somalië afkomstig is. Die bakterieë lyk soos lang, dun wurms en kan glo ná jare maagsere of selfs maagkanker in mense veroorsaak.

Die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling het egter hierdie gerugte in die kiem gesmoor en dit as fopnuus bestempel.

“Daar is geen piesangs wat onlangs deur enige van die land se hawens uit Somalië ingevoer is nie,” sê Reggie Ngcobo, woordvoerder van die departement.

“Suid-Afrika reguleer die invoer van plante en plantprodukte sodat sodanige invoerprodukte aan inspeksies onderwerp word voordat dit by die hawens binnekom. Na gelang van die protokol kan die besending aan ʼn verlengde aanhoudingstydperk onderwerp word voordat dit in die land versprei word. Indien dit nie aan die nodige invoervereistes voldoen nie, word dit nie in die land toegelaat nie.”

Volgens die departement word ingevoerde piesangs veral noukeurig geïnspekteer juis om te verseker dat daar geen kwarantynplae, siektes of enige ander skadelike of vreemde materiale is wat die landboubedryf en veral verbruikers negatief kan beïnvloed nie.

“Enige produkte wat vermoedelik riskant of skadelik vir verbruikers is, sal nooit toegelaat word om die land binne te kom nie,” sê Ngcobo.

“Ons doen ʼn beroep op al die landsburgers om nie vals en kwaadwillige inligting te deel wat net paniek onder verbruikers saai nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Robert ·

It’s on the Internet… It must be true!! Sover my kennis strek is daar geen piesang plase in the woestynland Somalia nie… Aaai.

H.A. ·

Met SA se slegte vertoning met alles, moet ek mos bekommert te wees.

VaalDonkie ·

Ek het in elk geval Ivermectin hier in die kas so whatever.

VaalDonkie ·

Eintlik was ek glad nie bekommerd nie. TOTDAT die departement dit ontken het.

Shakespeare ·

Piesangs giftig ? Afrika het die vermoë om ALLES giftig te maak. VIVA !!!

Hennie ·

Ek was ń week lank siek van piesangs en na 3 weke steeds maagkrampe.
Kan ook onder ander land se naam ingevoer word.
Maar siek maar dit jou siek. Die kern is gelerig, dan moet jy onder geen omstandighede eet nie.

Pietertjie ·

Hoe word ‘n klomp piesangs nou vir ‘n piesang gevang! Volgende wat ons gaan hoor is dat jy reguit piesangs kan kweek deur piesangs wat na links buig te kruis met piesangs wat na regs buig…

KB ·

Menige nuus is fopnuus, dit hang net af WIE besluit WAT is die waarheid, nè.

Janee ·

Wat wel fopnuus is, is die feit dat hulle kamtig nooit enigiets wat riskant is, die land sal laat inkom. Hier kan alles deurkom…Hulle het nie die vermoë om dit te ondersoek nie….en ek praat nie noodwendig van die piesangs…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.