Skadevergoeding van Coligny-twee geëis ná seun se dood  

Pieter Doorewaard en Pillip Schutte (Foto: Jhua-Nine Wyrley-Birch)

Phillip Schutte en Pieter Doorewaard word deur ʼn eis van “etlike miljoene” se skadevergoeding in die gesig gestaar in verband met die dood van ʼn 16-jarige seun.

Godrich Gardee, voormalige sekretaris-generaal van die EFF, het die eise namens Matlhomola Mosweu se ma in die hooggeregshof in Mmabatho ingedien, berig Newzroom Afrika. Gardee het aan die nuusdiens gesê die eis is vir Mosweu se begrafniskoste en emosionele pyn en lyding. News24 berig die eis beloop meer as R4 miljoen.

Volgens Gardee is die eis ook ingedien teen Schutte en Doorewaard se werkgewer en die boerdery-onderneming in Coligny waar hulle gewerk het.

Schutte en Doorewaard is in Oktober 2018 in die Noordwes-hooggeregshof skuldig bevind aan die moord op Mosweu.

Die staat het aangevoer die twee het op 20 April 2017 vir Mosweu van ʼn bewegende bakkie afgestamp of afgegooi en dat die tienerseun weens dié val gesterf het. Die staat het beweer dit het gebeur nadat die twee mans Mosweu betrap het waar hy sonneblomkoppe uit hul werkgewer, Pieter Karsten, se landerye gesteel het. Die twee mans het volgehou Mosweu het van die bakkie afgespring.

Die twee mans is in Maart 2019 gevonnis. Doorewaard is effektief 18 jaar tronkstraf opgelê, terwyl Schutte tot effektief 23 jaar tronkstraf gevonnis is.

Schutte en Doorewaard het spesiale verlof gekry om direk na die appèlhof in Bloemfontein te appelleer teen hul skuldigbevinding en is in November 2020 onskuldig bevind op al die aanklagte teen hulle. Die mans was 13 maande in aanhouding voordat hulle op borgtog van R20 000 elk vrygelaat is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Sean ·

Hulle huise is mos afgebrand en hulle families geterroriseer Nou sit eise teen die eff en die familie in

Frikkels ·

Nou waar kom die “familie” nou vandaan om so ñ eis in te stel teen onskuldige mense? Daar moet eerder ñ eis ingestel word teen die familie omdat hulle ñ krimineel groot gemaak het!

Manie ·

Hoekom moet hulle skadevergoeding betaal as die hof hulle onskuldig bevind het?

Elma ·

Dis goed en wel om R4miljoen te eis, maar hoe enigiemand kan dink die 2 manne het soveel geld gaan my verstand te bowe.

Jacobus ·

So hoop ek elke persoon wat aangeval en vermoor word sit dieselde eise van miljoene rande in teen cele wat verantwoordelik dat sy departement hulle werk doen.

George ·

@Elma, en hoe neem jy aan hulle het nie? Goes bothways. Mens eis altyd hoog, dat dit laer kan kom, gaan tienteeneen settle vir R500 000

SwartBees ·

Dit gaan net oor geld. Sodra die ouers ‘n bedrag ontvang dan is daai kind ‘n vergete memory.

Ryan ·

As ek hulle was eis ek R4 miljoen van die gardee karakter. Dié aangleentheid het NIKS met hom te doen nie.

tweeling ·

Julle is nie snaaks nie of hoe. Die 2 is onskuldig bevind so daar is geen regs gronde vir die eis nie. Die 2 moet eerder ‘n eis insit teen die polisie vir onregmatige inhegtenisneming.

Cherokee ·

Aangesien hulle onskuldig bevind is op al die aanklagte, is dit mos sinneloos om te dink ‘n eis teen hulle kan slaag. Hulle behoort eerder ‘n eis teen die staat te hê vir die tyd wat hulle in aanhouding was. Hopelik het hulle hul borggeld terug gekry.

Cherokee ·

Alles wat ek gesê het, is gesê met die veronderstelling dat hulle werklik onskuldig is.

Anel ·

Geen skadevergoeding kan teen onskuldige mense geeis word nie. Die 2 mans kan wel eise in sit teen die lot wat vals verklarings teen hulle in gesit het en onskuldig in die tronk was. En hoekom wag tot nou?

Nie Verbaas ·

As die familie suksesvol is is daai geld in elk geval binne n maand weg. Porche Cayenne seker eerste by shack. Hulle wil net geld maak.

Frank ·

Onskuldig maar nou ‘n eis???
Wat n versukkelde party is die EFF nie

piet ·

Manie, die een was ‘n kriminele saak vir moord en hierdie is ‘n siviele eis vir skadevergoeding. Die 2 het niks met mekaar te doen nie.

Wielspore ·

Die optrede van die EFF is ‘n poging om Solidariteit en AfriForum na te maak deur mense by te staan wat wetlik benadeel word. In die geval beskik die EFF nie oor die ervaring en mannekrag om die mense te verdedig, die eis is ook nie geldig omdat die hof alreeds daaroor beslis het. Dit is eintlik maar net ‘n politieke blyspel geskryf deur Malema vir ‘n EFF gehoor.

Jakes ·

Die Eff sal meer aandag van die publiek kry as hulle n sirkus stig. Maar hulle hoef geen diere aan te hou nie, dit sal n sirkus wees van honderde narre met rooi klere. Die hof sal die saak uitgooi want albei mans is onskuldig bevind. Maar natuurlik kan Gardee dit nie verstaan nie want hy is nie instaat daartoe nie.

Sues ·

Ek wonder hoeveel van die geld sal die ma kry en hoeveel gaan die EFF insluk as die eis sou slaag? Sy gaan ‘n druppel in die emmer kry en dan vergeet van die kind want sy het mos nog baie ander en sy het mos nou vergoeding gekry.

Saartjievandiebosveld ·

Helfte van die eis Gaan seker in die EFF SE sakke Gaan…m

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.