Skamel geklede man dood gevind

(Foto: SA Polisie)

Die Heidelbergse polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat ʼn man dood aangetref is in 7de Straat, Spaarwater-kleinhoewes. Hy het net ‘n hemp en sy onderbroek aangehad.

Die man is vroeg Dinsdagoggend halfkaal deur ʼn verbyganger opgemerk, wat toe dadelik die polisie gebel het.

“Toe die polisie op die toneel aankom, het hulle ʼn onbekende middeljarige man dood aangetref,” sê kol. Amanda Dorothy Viljoen, polisiewoordvoerder in Heidelberg. “Die man se hande én voete was vasgebind met nylontou. Hy is ook erg in die gesig aangerand en het gebloei.”

Viljoen sê die Gautengse nooddienste is ontbied en die man is op die toneel dood verklaar.

Enigiemand met inligting van ʼn man wat vermis is of dalk nie die afgelope tyd huis toe gekom het nie, word versoek om die polisie so gou moontlik in kennis te stel. Die man is van medium lengte en het ʼn rooi-en-wit onderbroek en groen gholf-hemp aangehad toe hy gevind is.

Mense met inligting kan die Heidelberg-polisie bel by 016 341 0343/0361 of sers. Archie Mthembi by 016 341 0400.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Karlahari ·

Van medium lengte en groen hemp.
Hoe meer vaag kan n beskrywing wees?
Blank swart indier?
1.78m
Kleur van hare? Bles

Ek gee op.

Tanya ·

Ja nee. Ek ken ten minste vyftig medium mans met groen hemde. En dalk het van hulle selfs rooi onderbroeke ook.

Realis ·

Dit sal geweldig help as die man se ras, haarkleur, oogkleur en liggaamsmerke by genoem kan word.

Herman ·

In SA is dit mos n sonde om die RAS van n persoon wat vermoor is te noem. Hoe moet enige iemand weet of dit dalk n familie lid is

Z ·

Aai jaai jaai…
Suid-Afrika…
Ek slaan maar net my hande saam.

Max ·

Wel Brakpan is nie te ver van Heidelberg nie. En hier is n middeljarige ou missing. Was vandag in die Brakpan Herald. Dis nou te sê as dit n swart ou was.

Onnie ·

Net sy vrou/meisie/ma sal hom kan uitken aan sy rooi en wit onderbroek. Die res van ons sal meer detail nodig hê as dit!

Sê maar net ·

Maar dat ‘n wit persoon nou iets aan n ander persoon doen van ‘n ander ras dan is dit hoof opskrifte met die ras genoem. Sê maar net…

Karlahari ·

Net so niks seggend soos die beskrywing.
Sou jy jou buurman daaraan kon uitken?

Zombie ·

En Eish se kommentaar is intellektueel, diep en veelseggend?

John ·

Maroela Media, ek dink ons is almal gatvol dat die media so op eiers loop. Kry asb staal balle en gee n duidelike beskrywing van die persoon day die publiek kan help, bv.
Middeljarige, wit man, blonde hare, lank en maer. Dan weet almal mos. Magtig man, dit kan mos nie so moeilik wees nie.

Elaine Krige ·

Hallo John. Dit is ongelukkig al inligting waarvan die polisie ons verskaf het.

Annalize ·

Op n rugby world cup dag. Helfde van die populasie het groen hempde aan .

@Boerevryheid ·

Vasgebind en geslaan.. Mens hoef niks verder te weet nie. Dit is een van ons mense wat gewoonlik 99% so behandel word. Hulle hou juis ras uit want dan sal die wêreld nie notisie neem nie. Dink net as die ras op ras pertinent bekend gemaak sou word elke keer sou Volksmoord vanself teen die tyd deur die wêreld media uit geroep gewees het. Die VF+ sit met talle sake “dockets” ons weet dit is swart op wit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.