Skande dat Hlaudi beskerming kry en SAUK-8 nie

Suna Venter

Suna Venter

Dit is totaal onaanvaarbaar dat Hlaudi Motsoeneng, voormalige bedryfshoof van die SAUK, deur ʼn span lyfwagte beskerm word terwyl die SAUK-8, van wie sommige al doodsdreigemente ontvang het, geen beskerming kry nie.

Só sê Anton Alberts, woordvoerder van die VF Plus. Hy sê die voorval waarin een van die agt, Suna Venter onlangs met vermoedelik ʼn windbuks in die gesig geskiet is, onderstreep die erns van die doodsdreigemente teen die joernaliste.

Venter was op pad na vriende toe sy buite ’n wegneem-eteplek in Linden geskiet is.

“Die polisie moet die dreigemente teen die joernaliste deeglik ondersoek om vas te stel wie daaragter sit. Die blote feit dat feitlik almal doodsdreigemente ontvang het, wys duidelik dat dit heel waarskynlik ʼn georkestreerde poging was om die joernaliste te intimideer en hulle tot swye te dwing,” het Alberts bygevoeg.

“Die SAUK moet onmiddellik stappe doen om seker te maak die joernaliste kry ook beskerming. Indien dit nie gebeur nie, sal dié uitsaaier ten volle die verantwoordelikheid moet aanvaar indien een van hulle wel leed aangedoen word. Die VF Plus wens me. Venter ook spoedige en volkome herstel toe.”

Lees alle vorige berigte oor die SAUK8 op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Apie ·

Hlaudi hoort in die tronk. Daar het hy nie lyfwagte nodig nie. Ek kan nie insien waarom hy wagte moet he nie. Liewe hel.

Adam Boshoff ·

Kom ek waag n mening Die een wat dit veroorsaak het sit daar agter en hy word beskerm om dit te doen As ons land se intelegensie afdeling nie so korup was nie kon hulle lankal iets daar omtrent gedoen het

julius ·

Julle kan dit noem wat julle wil, ek noem dit terrorism’s.

Jaybee ·

Dit is ‘n skande, maar die anc sal soos gewoonlik nie ‘n woord daaroor sê nie.

John ·

Die meneer gaan weer deur die ANC ontplooi word. Dis hoekom.

peanut ·

Dis nou goed en wel om te se die SAUK sal die gevolge moet dra …..
maar is dit nie dalk mostert na die maal, as die arme persoon dan reeds dood is nie. Wat help gevolge dan . . .

AL ·

Skande dat hy lyfwagte kry, hy verdien dit nie. Nou ja, Pretoria is net n oproep ver … Om sy lyfwagte te reel.

Paul ·

So is dit hoekom Thandeka Gqubule, Vuyo Mvoko, Busisiwe Ntuli, Lukhanyo Calata en Krivani Pillay ook deur die SABC in die pad gesteek is? Ook weens hul velkleur? Of weet jy nie wie hierdie mense is nie?

John ·

Suna, geen dooie Afrikaner kan sy eie grafskif lees nie al is dit in die mooiste en soetste Afrikaans uitgegrafeer. Soek ander werk. Jy is ‘n mooi, dapper en lewendige vrou. Hou dit so!

Justice ·

Suna wanneer jou lewe bedreig word moet jy verkieslik probeer streef daarna om enige foto van jou uit die sosiale media te hou – ek kan verstaan dat dit nie altyd prakties moontlik is nie. Sterkte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.