Skape gesteel; talle in die veld geslag

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

Die Kimberley-polisie se veediefstaleenheid het ʼn grootskaalse soektog van stapel gestuur na verdagtes wat Donderdagaand 78 skape by die Veemark Vleismark gesteel het.

Kapt. Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder, het gesê die verdagtes se spoor is tot 10 km van die Vleismark gevolg waar ingewande van 34 skape in die veld naby die N12 gevind is. “Dit blyk die verdagtes het 34 van die skape geslag en die ingewande in die veld gelaat voordat hulle met die karkasse en velle gevlug het.”

Tawana het gesê 21 skape is Vrydagoggend gevind waar hulle naby die plaas Eureka in die veld rondgedwaal het. “Ons volg alle leidrade op om die verdagtes vas te trek.”

Enigiemand met inligting word versoek om ao. Bean by Kimberley se veediefstaleenheid by 082 454 6374 of 10111 of die Stop Misdaadnommer 08600 10111 te bel. “Inligting sal vertroulik gehanteer word,” het Tawana gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

M'Lady ·

Oefen op die skape en gaan doen dit dan aan weerlose ou mense. Barbaars en siek verby.

Lucas ·

Uitstekende sekuriteit by daardie veemark.!! As ek ‘n boer is stuur ek regtig nie vee soontoe nie want wie neem nou verantwoordelikheid vir die verlies?

Scalla ·

Lekker in die nuwe SA, vat net al is dit nie joune nie, maak soos hul leiers

Penellope Jones ·

Oraloor, net waar hulle kan of wil sal daar gevat, geroof, aangeval, vermoor word en al die res waarvan ons elke dag lees.
Geen respek vir niks en niemand.

John ·

Wie bestuur die mark en het nog nooit gehoor van veediefstal nie? Iemand maak dalk ‘n lekker geldjie met versekering. Hoe sal ons nou ook weet…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.