Skape in donker gat gevind

Foto verskaf deur die SAPD Oos-Kaap

Altesaam 25 skape is uit ʼn donker gat gered danksy die vinnige optrede van polisiebeamptes in die Oos-Kaap.

Tembinkosi Kinana, woordvoerder van die polisie, het gesê die skape is vroeg Saterdagoggend as gesteel aangemeld by die Avondale-polisie in Mount Fletcher. “Polisie-eenhede was besig om die gebied te patrolleer as deel van misdaadbekamping, toe hulle ingelig is oor ʼn trop skape wat ondergronds naby ʼn plaas versteek is.”

Die beamptes het dadelik ondersoek ingestel en die 25 skape in ʼn donker gat gevind. “Daar is bevestig dat die skape aan die plaaslike boer behoort wat hulle vroeër as gesteel aangemeld het. Hy het die oggend wakker geword en net gesien sy skape is nie meer in sy erf nie en besef hulle is gesteel.”

Die ondersoek duur voort na die persone verantwoordelik vir die veediefstal. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die diefstal nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

schaun ·

Die boer moet beter kyk na sy skape,en optree teen betreders op sy eiendom die polisie gee nie meer om oor misdaad bekamping nie hulle het nou n verskoning ontwikkel “ons ondersoek “en daar eindig alles.

Dries ·

@shaun .Dit is nie baie slim kommentaar nie. Boere mag somtyds in die aand slaap om die volgende dag te kan werk.

schaun ·

@Dries,die boer kan die hele aand slaap daar is alarms beskikbaar ,elektriese heinings wat met sonkrag werk ens ens

Ria ·

@Schaun jy seker nie n boer nie? Weet jy hoeveel kos alarms en al die goed wat jy noem? Party boere survive net net. Hul kry hulp van nêrens nie. As dit so maklik en goedkoop was sou elke boer dit lankal gedoen het en selfs dit omseil hul. Hul sit mikstokke onder elektriesedraad om te lig en dan kruip een of 2 onder deur en gooi die skape oor. So hou op om slimjan te probeer wees!

Nettie ·

@Schaun …. ai, party mense moet hulself ook maar eers keer ….. Dis duidelik dat jy nie ‘n “cooking clue’ het hoe skaapboerdery werk nie. “Electrical fencing” en alarms vir weidingsvelde van etlike hoeveel kilometers skaapweidingsveld … weet jy wat die uitgawe (om nie eens te praat van die praktiese uitvoerbaarheid daarvan nie) daaromtrent sal beloop, asook die koste van elektrisiteit (en/of sonkrag-bedrewe toerusting) en instandhouding, dienste van sekuriteitsmaatskappye en verwante toerusting. En nou sal jy seker weer verwag die boere moet almal al hul skape snags op die plaaswerf injaag, waar daar ‘n ogie oor hulle gehou kan word. Ek sien al ‘n plaaswerf met sowat 10 000 skape waaroor daar snags ‘n “ogie” gehou word …. Eish …..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.