Skape in voertuig by Bloem-winkelsentrum gevind

Die skape wat in die kattebak gevind is. Foto: Verskaf

Die Bloemfonteinse Dierebeskermingsvereniging (DBV) het ʼn saak van dieremishandeling teen ʼn man aanhangig gemaak nadat twee skape in die kattebak van sy voertuig by ʼn winkelsentrum in dié stad gevind is.

Reinet Meyer, senior inspekteur by die stad se DBV, het Woensdag gesê ʼn inwoner het die DBV na die winkelsentrum ontbied nadat die skape opgemerk is.

“Met ons aankoms het ons ʼn dooie en ʼn lewende skaap in die kattebak aangetref. Albei die skape se pote was baie styf met tou vasgebind,” het Meyer gesê. “Ons het die eienaar gevra waar hy vandaan kom en hy het erken hy is van Smithfield en is met die skape op pad na Thaba Nchu vir ʼn begrafnis,” het Meyer gesê.

Volgens Meyer het die DBV beslag gelê op die lewende skaap, wat in ’n erge toestand van stres verkeer het. Die inspekteurs het met die dier na ʼn veearts gehaas, maar die skaap moes van kant gemaak word weens die erge stres wat die dier ervaar het.

“Dit is ʼn uiterse skande dat ʼn skaap weens angs of versmoring só aan ʼn einde moet kom. Die Bloemfontein-DBV sal sulke gevalle van dieremishandeling nie duld nie en die skuldige persone moet aan die pen ry.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

KK ·

Vat ‘n wrede ding om te doen!! Ai so hartseer!

God ons aangestel oor die diere…en dit is hoe ons na sy skepsels kyk.

Dankie aan DBV wat so mooi en vinnig optree.

Speedguard ·

Gelukkig is dit nie 2 mense wat hulle wou eet nie, hierdie gebruik word gebruik van dat ek ‘n kind is, gaan kyk maar waar hulle die lewendige skape so langes die pad verkoop, hulle almal doen dit!! Kom NSPCA trek bietjie sokkies op en moet asb nie selektief wees nie, julle kan duisende van die arrestasies uitvoer op sekere plekke!!!

Linda ·

Ag nee hel man, wat nou nog! Ek voel partykeer ek kan my bondeltjie aan ‘n stok vasmaak en uit die land uit stap! Ken julle daai magtelose kwaad gevoel??

Eish ·

Ken hom Linda, ken hom. So gevoel na prof. Malan se artikel oor die grondwet vanoggend. Al die ou goedjies tel maar op. Ek kom egter nie verder as die Vrystaat grens nie. Dan raak my geldjies op en ek raak moeg.

Chevy ·

Met die arme skape oppad begrafnis toe, nee ek verstaan nou nie mooi nie, wat het skape te doen met begrafnis?

dolphin ·

my genade dis wreed dit beklink hul wil die skape steel om die kersseion om die draai.

Toppie ·

Hoop hulle het darem betaal vir die skape en dat hulle dit nie geleen het op ‘n boer se plaas nie

Kannaland ·

Hoe n volk sy diere behandel is n teken van hoe die volk se menswaardigheid is.

Christoffel ·

Vra waar is sy vervoerpermit of verwyderings sertifikaat van die diere. Daardie 2 ooie is teelmateriaal en slagkos.

spyker ·

Bhlaaaaaa Bhlaaaaaa Bhlaaaaaa. Maar op n meer ernstige noot…….waarom rondry met 2 skape …kan jy dit nie koop vir wat ookal rede waar jou be stemming is Nie??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.