Skape in Vrystaat geslag: ‘Patrollies absoluut noodsaaklik’

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Pixabay)

Boere in die Vrystaat het weer onder veediewe deurgeloop toe minstens 50 merinoskape vroeër vandeesweek op ’n plaas buite Senekal gesteel en na ’n naburige plaas aangejaag is om geslag te word. Altesaam 14 skape is geslag voordat die verdagtes op die vlug geslaan het. Een van dié verdagtes is intussen vasgetrek.

Boet Wessels, veiligheidskoördineerder in die distrik, het aan Maroela Media gesê die skape is vermoedelik deur die loop van Donderdagnag aangejaag en op ’n plaas tussen Senekal en Ventersburg naby die R70 geslag. Die eienaar van die skape het Vrydag op die gruvonds afgekom.

Die oorblywende skape is nie ver daarvandaan gevind nie. Een van die verdagtes is kort daarna met behulp van ’n helikopter in die gebied vasgetrek waar hy weggekruip het. Dit is nie duidelik hoeveel verdagtes by die voorval betrokke was nie.

Volgens Wessels is veediefstal ’n euwel met gevalle wat weekliks in die distrik aangemeld word. Hy verduidelik dat daar redelik min boere in die distrik oor is wat in dié stadium nog met skape boer. Diegene wat wel skape besit, maak hul diere snags in kampe toe. Andersins maak hulle gebruik van veiligheidsbande om die diere se nekke – sodra die band buitengewone beweging registreer, maak dit alarm op ’n selfoon wat aan die band gekoppel is.

“Dit raak nou erger omdat daar minder oë is,” meen Wessels.

Boere is ongelukkig met die minister van polisie dat patrollies en buurtwagte nie gedurende die algehele landwye afsondering toegelaat word nie.

Volgens Wessels plaas die minister se besluit ekstra druk op boere en werkers aangesien diere nou elke dag getel moet word. Gesteelde vee kan ook nie teruggeëis word nie.

“Hoe kan daar vir ons gesê word dat ons nie alleen in ons voertuig mag ry om ons eiendom te beskerm nie? Buurtwagte en patrollies is absoluut noodsaaklik,” sê Wessels.

Maroela Media het die polisie genader vir kommentaar en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Boortor ·

Sit n persoonlike eis teen cele in. Miskien sal hy sy hoedjie afhaal en begin wonder as hy n duisend eise vir skade vergoeding teen hom kry! Probleem is dit gaan en kan net erger word! Die ” peoples” is honger en hulle het geld of werk nie.

Cherokee ·

Boortor, as dit tog so kon werk, maar jy weet tog my maat, dat dit niè so gaan uitdraai nie. Die hoed sal net sê dit is gedoen in sy amptelike hoedanigheid en die belastingbetaler (lees eiser) moet sy boete betaal.

marius ·

Mag boere nie hul eie plase patrolleer nie , maar hulle mag boer ? Dis mosabsulute twak !

Sean ·

Wie mag in die nag rond beweeg tydens die lockdown Ek wonder

Nie Verbaas ·

Net nog n manier van ANC om Suid Afrika se suksesvolle boere verder te neutraliseer.

Rodger17 ·

Dit is presies wat cele in gedagte gehad het,om boere te probeer afkry van plase om boerdery te staak.Boere eis jul verliese van cele af

Fred ·

Die Anc doen weinig om te keer miljoene burgers sonder werk en kos moet leef, vandaar soveel veediefstal…

Michael 1 ·

Dagvaar dan vir Cele vir die verliese agv sy ondeurdagte moedswilligheid

Cherokee ·

Ek was vandag in ‘n mall (Pavillion) en julle sal verbaas wees hoeveel bedelaars staan by robots, met metro polisiekarre wat verby ry.

SomeOne ·

die lockdown werk net vir mense wat hulle self wil beveilig, die ander worry nie daaroor nie, kry ek griep, dan is dit ook maar ok

Scalla ·

Die diewe was baie honger, hoedeman moet verantwoordelikheid aanvaar vir sy dade tov verbied van patrollies, our people moet ook mos tuis bly en SAPD moet dit mos polisieer

Sonneblomkind ·

Ek wonder nou ook met die lockdown hoe hulle kon rond beweeg….waar is die reels nou…eis van die SAPD AF…sonder ons boere gaan daar nie kos op die tafel wees nie…hoeveel skade moet ons boere nog he…elke boer is geregtig om sy eiendom te beskerm…HY WERK DAARVOOR…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.