Skape oornag in kraal geslag

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Skaapwagter van Waalkraal naby Potchefstroom in Noordwes het Dinsdag op ʼn hoop derms, organe en velle afgekom in die kraal waar hy die vorige dag 29 lewendige skape toegemaak het.

Kapt. Paul Ramaloko, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die skaapwagter het die skape Maandag omstreeks 12:30 in die kraal toegemaak en toe hy Dinsdag daar kom het hy gesien die kraal se hek staan oop en dat drade geknip is.

“Die skape is in die kraal geslag. Die karkasse is verwyder en die binnegoed en velle is agtergelaat,” het Ramaloko gesê.

Hy het gesê die karkasse het ʼn geskatte waarde van R52 000.

Die polisie ondersoek die voorval. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Aster ·

Dis absurd, skokkend en verby verregaande! As dit nie ons boere is nie, is dit ons kinders. As dit nie ons kinders is nie, is dit ons olifante. As dit nie ons olifante is nie, is dit ons renosters. As dit nie ons renosters is nie, is dit ons skape! WAT NOG ASSEBLIEF TOG!

Berhalet Beukes ·

God gaan almal nog straf…. Vir dit wat gedoen word!

Winston ·

Hahahahahahaa moet nooit se ons ou landjie is saai nie. Altyd iets aan die gebeur. Dis seker n slaghuis wat sy subsidie bestel het.

Shannon ·

Winston, die diere is warskynlik in nabyheid – binne hoor en sig van die ander diere – geslag. En ek sou raai die metodes en toeristing was grusaam en uitgerek.
Bonop lê iemand se finansies nou aan skerwe.
Dis nie vermaak nie my vriend.

swanna ·

Ek dink hulle moet na die skaapwagter ook kyk. Hy is dalk jakkals in skaap klere. Watter skaapwagter maak skape so vroeg in die dag in ‘n kraal terwyl daar nog die helfde van die dag nog is om te wei. Ek dink hy het gedeel in die R52 000.

Swanna ·

Ek se weer hulle moet na die skaapwagter ook kyk. Hy is dalk ‘n jakkals in skaap klere. Watter skaapwagter sit so vroeg in die dag skape in ‘n kraal terwyl daar nog helfde van die dag oor is vir die skappe om te wy. Hy deel moontlik die R52 000.

Sune van Heerden ·

Dagsê Swanna

Kommentaar moet soms per hand goedgekeur word en dit neem dan soms ‘n wyle om op die webwerf te verskyn.
Jou kommentaar is goedgekeur.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Dit was a take away op besteling die straf op veediefstal is noggal harder as gewone misdade

Dee ·

Wat is ‘gewone misdaad’? Skaaptjops steel by ‘n slaghuis miskien?

scalla ·

Daai dief is nie net honger nie, hy is gulsig. Hoop hy kry sy straf.

alida ·

Die diewe sal nie gevang word nie. Die SAPD eet 10/1 lekker saam. Dit is mos hulle styl !!!

Deloris ·

ek wonder hoeveel SAP lede is hier ook betrokke, aangesien hulle so betrokke is / was by die renosterstropery ….. Ek hoop die goed opgeleide veiligheids maatskappye gaan iets opspoor want die SAP werk net wanneer hulle wil!!!! Sterkte aan die boer met die skade…. ek het nie woorde nie..

Ruby ·

Dit is walglik verby! HOE kan ‘n mens(!) dit doen. Mag dit eendag 10 keer erger na hulle terug kom.

Laat ek eerder niks verder sê anders verwyder Maroela my kommentaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.