Skape se tog na Midde-Ooste (vir eers) gestuit

Die NDBV sê hy gaan steeds probeer om die uitvoer van skape op hierdie manier te stuit. (Foto: NDBV)

Die hooggeregshof in Grahamstad in die Oos-Kaap het in die guns van die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) bevind dat die uitvoer van duisende skape na die Midde-Ooste eers moet wag.

Dit kom nadat Al Mawashi en Livestock Transport and Trading Company KSC (KLTT) ʼn dringende aansoek gebring het teen ʼn interdik van die hof dat hulle nie die skape mag uitvoer totdat die hofsaak tussen die betrokke partye op 16 Julie aangehoor is nie. Die tydelike interdik is op 9 Junie uitgereik. Dié 56 000 skape is bestem vir die vleismark in Koeweit en Oman.

Die hofstryd tussen Al Mawashi en die NDBV oor die vervoer van duisende skape na die Midde-Ooste om daar geslag te word, duur al sedert die begin van die jaar. Die NDBV meen die skape word in onmenslike toestande aangehou en uiteindelik geslag. Die organisasie wil hê dat die vervoer van lewende skape na die Midde-Ooste verbied word en dat skape eerder in Suid-Afrika geslag word.

Al Mawashi het aangevoer dat die vertraging in die vervoer van die skape aansienlike uitgawes vir sy maatskappy tot gevolg het aangesien die skape steeds gevoer moet word en sy skip nou langer in die hawe by Oos-Londen gehou moet word. Hy het ook geargumenteer dat die aantal skape wat vervoer word nou aansienlik minder is as die 70 000 wat aanvanklik vervoer sou word en dat omstandighede op die skip vanselfsprekend beter sou wees. Die NDBV hou egter vol dat die skape steeds wreed behandel word op die skip, ongeag die aantal wat vervoer word.

“Ons is verheug dat die hooggeregshof by sy besluit gehou het. Dit lyk dalk na ʼn klein oorwinning vir die lewende uitvoer van diere per see, maar dit is ʼn enorme stap vir Suid-Afrika,” het Marcelle Meredith, uitvoerende hoof van die NDBV gesê. Die organisasie versoek die hof om ʼn permanente interdik teen die uitvoer van lewende diere uit te reik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

13 Kommentare

jongste oudste gewildste
Groen Haas

Jip, al is dit net ‘n klein stappe, dit is in die regte rigting. Well done DBV!!

Leon

Ek neem aan die Arabiere wil nie skaap vleis hê wat ouer as ‘n paar uur is nie en wat nie volgens hulle godsdienstige rituele geslag is nie.

Pieter

Bly om te sien daar is nog regters wat om gee vir diere en nie net kyk na die geld nie.

Feite

Die ANC regering sit al vir jare (vir n prys) hand om die blaas met die Middel Ooste! En hulle bed maatjie China. Daar is GEEN GEWETE vir hierdie siellose regering wanneer dit kom om hierdie land met die naam Suid Afrika en alles daarin stuk vir stuk te verkoop nie! AL MAWASHI moet voertsek en n ander land gaan misbruik om kos vir hulle honger en vretende Kuwait en Oman te gaan kry. Altwee daardie lande het horrific dieremishandeling rekords.

Stofdonkie

Nie lank nie dan gaan die buiteland hulle vererg vir die dbv-narre en eerder hulle skape dan van Australië kry. Ons is nie die enigste land wat skape boer nie, en sal moet begin die mark beter oppas. Eers gaan die boere gebuk onder droogte en nou dat dit beter gaan kan hulle nie hulle skape verkoop nie want die dbv is hartseer omdat die skape geslag gaan word. Regtig mense, skrik wakker, die helfde van die land se ekonomie is reeds vewoes, moenie nou die res deur ‘n klomp vervelige huisvrouens (DBV) laat verwoes nie. Hou op om skenkings… Lees meer »