Skape teruggekry nog voor eienaar van diefstal weet

Die trop skape wat gesteel is. (Foto: SAPD)

Die Oos-Kaapse polisie het ’n vermeende veedief in hegtenis geneem en ’n trop van 44 skape aan hul eienaar terugbesorg nog voordat sy opgemerk het dat haar kudde gesteel is en dit by die polisie kon aanmeld.

Kapt. Khaya Tonjeni, woordvoerder van die polisie, sê ’n 49-jarige verdagte is Vrydagaand omstreeks 20:00 tydens ’n misdaadintelligensie-gedrewe operasie deur die polisie in Mthatha se veediefstaleenheid, eenheid vir misdaadintelligensie en eenheid vir openbare orde in die Manyosini-nedersetting in Mthatha in hegtenis geneem.

Die polisie het die eienaar van die skape opgespoor en sy kon haar kudde positief uitken.

Die verdagte sal na verwagting Dinsdag vir die besit van vermoedelik gesteelde skape in die landdroshof in Mthatha verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Elizabeth ·

Briljant. Kon dit maar altyd so goed gaan met die mens en kon die polisie altyd so gelukkig wees.

Helene ·

Goed gedoen. Maar wat word vd krimineel ? Hy word vrygelaat om dit weer te doen!?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.