Skare betogers verwag by Dros-verdagte se borgtogverhoor

Die Dros-restaurant in Silverton. Foto: Oupa Mokoena/ANA

ʼn Groot menigte betogers word Dinsdag om 09:00 by die Pretoriase landdroshof verwag waar die vermeende verkragter van ʼn 7-jarige meisie om borgtog sal aansoek doen.

Die 20-jarige Pretoriase man is na bewering verlede Saterdag (22 September) op heter daad betrap terwyl hy die meisie in die Dros in Silverton uit die vrouetoilette na die manstoilette gesleep en daar verkrag het.

Op ʼn video wat wyd in die sosiale media versprei is, kan gesien word hoe ʼn kaal man hom teen ʼn groep mense in die toilette verdedig. Hy skree hoorbaar hy is onskuldig en het bloot die kamer verlaat.

Talle organisasies beplan om buite die hof op die hoek van Schubart- en Francis Baardstraat te betoog en ook ander stappe teen die vermeende verkragter te doen. Dit sluit die ANC se vroue- en jeugliga en Black First Land First (BLF) in.

“Ons verwag mense sal in groot getalle na die hof opruk,” het Pinkie Numa, woordvoerder van die ANC-vroueliga in Johannesburg, Maandag by navraag aan Maroela Media gesê.

Die vermeende verkragter het die sewejarige glo van die speelplek in die Dros in Silverton, Pretoria, na die vrouetoilette gevolg en van daar na die manstoilette gedwing, waar hy haar na bewering verkrag het. Foto: Facebook

Sy sê hulle beplan nie om busse te reël om mense Dinsdagoggend hof toe te bring nie omdat dit nog net die verdagte se borgtogaansoek is. “Maar namate die saak vorder, sal ons ons pogings verskerp.”

Black First Land First (BLF) se adjunkpresident, Thabi Myeni, beskryf die beweerde verkragting as “ʼn misdaad teen die menswaardigheid van ʼn onskuldige kind en daarbenewens teen alle swart kinders”.

Die organisasie wil by Dros daarop aandring dat hulle skadevergoeding aan die slagoffer se gesin betaal en die restaurant sluit. Hulle sal ook betoog en “alles in ons vermoë doen om te verseker ware geregtigheid seëvier”.

Die ANC-vroueliga se Johannesburgse streeksekretaris, Sheshile Nkwanyana, het in ʼn verklaring die tak se “afgryse” oor die beweerde verkragting uitgespreek. “Boonop het die vermeende verkragter [na bewering] die ma met ʼn belt aangerand toe sy in die toilette op hom afgekom het.”

“Vroue en kinders moet die reg gegun word om vrylik rond te gaan sonder die vrees dat hulle bekruip, mishandel, verkrag of aangerand sal word deur mans soos dié monster,” sê sy.

Nicholas Gongolo Munyai, woordvoerder van die ANC-jeugliga in Gauteng, sê hulle sal hul lede in groot getalle mobiliseer om hof toe kom en daarop aandring dat die vermeende verkragter borgtog geweier word.

“Die ANCYL glo die enigste logiese optrede teen dié onsinnige, brutale en genadelose verkragter … is om hom ʼn lewenslange vonnis op te lê.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

65 Kommentare

Marietjie ·

As daar maar net soveel aandag was aan ALLE VERKRAGTINGS!! Mens sal begin dink hierdie man is die enigste verkragter op die planeet!!

Maro ·

Mag die verkragter ñ swaar vonnis kry. Hy verdien dit. Mag daar ook regverdigheid geskied vir die res van die kindertjies wat daagliks verkrag word, en dit deur hulle eie mense. Maar geen haan kraai daaroor nie.

waarheid ·

Hierdie mens het nou ‘n kind en haar familie vernietig asook sy eie familie.
Hoop nie hy kom ooit uit die tronk uit nie want hy is ‘n gevaar vir die mensdom.

Anonieme Lafaard ·

‘n Mens kan akkuraat bepaal wat die ras van die slagoffer en beskuldigde is deur bloot te kyk na wie opruk om te betoog. As die rasse omgeruil was, sou daar ‘n ander groep na die hof opgeruk het. Tog is die misdaad dieselfde en net so erg in beide gevalle. Interessant.

Ivana Viljoen ·

Ek stem 100% saam. Hoeveel keer is dit andersom en die storie loop dood, maar nee nou sal jy tot vlg jaar die tyd van dit hoor en plaaamoorde en verkragting van ou mense wat hulself oon nie kan verdedig verdwyn in die mis. Ons hele regstelsel os walglik. Dit was so verkeerd, maar enige verkragting van enige ras is verkeerd. Maak dieselfde ophef van beide

Casper Labuschagne ·

@Anoniem – My waarneming ook. Die Twitter rekening van die leier van die EFF is oortrek met plasings oor hierdie verkragting – vir my is ras onbenullig as dit kom by die walglike daad van verkragting, maar klaarblyklik geld daardie maatstaf nie vir almal nie, veral as hulle rassehaat kan opstook.

Nog 'n Waarheid ·

Die idiotiese blf en ander partye is so lief om die dinges uit die hoender uit te ruk Daar het nou net ‘n verslaggewer borgtog van R 2000 gekry vir die verkragting van ‘n 7/8 jarige. Waarom was die idiote nie daar nie? Omdat die man dalk ‘n man van kleur was?
Ek glo enige verkragter moet lewenslank kry omdat hulle ‘n dogterjie se lewe lewenslank verwoes het – maar die politieke partye moet dan by elke verkragtingsaak ook teenwoordig wees.
Waar alle kinders in plakkerkampe verkrag word en waarvan ons nie hoor nie – moet die politieke partye ook wees en die drinkplekke en toiletette gaan toemaak!!!
Vir die politieke partye gaan dit net oor die ras – dis al – niks verder nie .

Maro ·

Mag die verkragter lewenslank sit. Sy daad was walglik. Tog raak die meerderheid publiek skoon opgewonde as ñ witman die skuldige is. Net nog meer rede om te dink hulle kan werklik niks vir hulle eie mense bied nie. Hulle steen die saak vir al die verkeerde redes…

Br ·

Kan jy glo nou wil hulle he die Dros miet sluit. Nog mense wat hulle werk verloor. Die daad wat daar gepleeg het word veroordeel en dit is reg so. Stem ook dat die kind en familie bygestaan word met beraading, maar om die plek te wil sluit is uiters belaglik. My vraag is net as so iets byvn groot winkel sentrum sou gebeur, gaan hulle dan ook aandring dat die sentrum moet sluit. Geen logika hier nie.

Santjie ·

Dis nou belaglik om ook geld van die Dros te eis vir die kind se familie – dit vat aan my dat so iets met kinders gebeur, maar wees realisties. Jou kind speel wel onder toesig, maar nog steeds op “eie risiko” – wat dus ook beteken ma/pa kan ook maar ‘n ogie gaan gooi en seker maak als is reg. Kinders het egter ook die vermoë om onder jou oë uit te glip. En adjunk minister van BLF ALLE kinders, en selfs volwassenes, se menswaardigheid word aangetas

Casper Labuschagne ·

@Br – Inderdaad. Na hulle bloed geproe het met die sluiting van die restaurant van die Catzavelos familie, ruk die EFF nou na die Dros restaurant op met die hutsmerk #TotalShutdown en #DrosRape. Dit was egter nie die Dros se skuld nie, wie ook al aan kinders wil skade doen sal na enige plek gaan waar daar kinders is, en dat die Dros ‘n voorkeur eetplek vir gesinne en hul kinders is het niks te make met die tragiese verkragting nie. Dit gaan alles oor die opsweep van haat vir die militante groepe.

Adam ·

Net soos daar destyds nie logika betrokke was by die SPUR-boikot nie. Onthou jy dit nog? .

Jessica ·

Gee hom borg, laat hy uit kom, hulle wag vir hom buite. hulle sal met hom deel, hy sal nie hemel sien nie maar sal vlamme van hel voel. Let him free give him out for the public they waiting for him.

Rina Kotze ·

Ek kan nie meer met jou saamstem nie!

Die gemeenskap is al voos en die polisie en howe beskerm net die misdadigers.

Bring doodstraf terug vir verkragting en moord!

Ekke ·

Ek stem saam “alweer”. Kyk hoeveel wit kinders word ook verkrag. Nee man die ras storie raak nou belaglik. Wat maak die kleur van die kind saak? Is dit dan reg vir ander kleuriges om verkrag te word. Dis vir my so erg. Of jy nou pienk, geel, oranje, wit of swart is…..GEEN soos in GEEN kind of vrou of man moet deur verkragting gaan nie!

Hannelie ·

Dros laat nou net so ‘n swak smaak in die mond soos SPUR.

Ria ·

Ria: Dis ñ misdaad teenoor alle kinders…nie net swart kinders nie…

E.K. die eerste ·

Ai…geweet daar gaan ‘n rasseklankie bykom. Ek veroordeel absoluut die daad – dis walglik maar om dit rasgedrewe te maak… Hoop hy kry wat homm toekom! Ek wonder net altyd hoe bly die massas sommer net weg van die werk om aan sulke betogings deel te neem.

kay ·

ek dink dit is , straatlopers, wat hulle huur , en die wat nie werk nie

Theresa ·

Vreeslike daad is gepleeg.
Maar dit sou verwelkom word indien alle verkragtings dan met dieselfde oproer en teëstand (en hulpverlening aan die slagoffer en familie!) verdedig word.
Daar is talle verkragtings waar hierdie mense wat nou so besig is om goed te reel, nooit gehoor of gesien is nie.
Kan hul dalk die vraag antwoord of hul dit oor die hele spektrum van Suid-Afrikaners sal hanteer – of net vir sommiges?

Santjie ·

Ag asseblief BLF adjunk president…. Hoekom moet Dros nou iets betaal – sover my kennis strek, laat jy jou kinders onder toesig daar speel, maar dit bly tog nog steeds die ouers se verantwoordelikheid om seker te maak jou kind is nog veilig. As ek reg verstaan het die dogtertjie badkamer toe gegaan toe hy haar gegryp het. Sulke goed gebeur ook nie net met swart kinders nie – jy is reg dat dit die menswaardigheid van kinders aantas, maar, weereens, dit is nie net swart kinders wat menswaardig is nie. Betoog eerder dat die doodstraf terugkom, want om net in die tronk te sit vir straf, gaan regtig nie die volgende kind se menswaardigheid red nie.

KG ·

Ag weet jy regtig, van hierdie politici en politieke organisasies moet net asseblief kalm raak en logika begin gebruik.

Dis baie tragies wat gebeur het, maar hulle moet altyd belaglik raak met hul eise en natuurlik moet ras weer ‘n rol speel. Al so opreg moeg vir die dubbele standaarde in die land van ons!!!

Stem Waarheid ·

Dis baie waar. Hulle moet alle verkregters (hofsake) dieselfde hanteer.
Miskien is die fokus meer op hierdie grval omdat dit in so n publieke plek gebeur het – helder oor dag – dit is ekstra skokkend en steurend….

Maar ja hulle moet alle gevalle ewe ernstig hanteer

Casper Labuschagne ·

Diegene wat skade aan kinders wil doen sal vanselfsprekend gaan na die plek waar die meeste kinders voorkom, en dit is die enigste verwantskap wat die Dros met hierdie tragiese voorval het sover as dat gesinne met kinders graag by die Dros uiteet.

Ronel ·

ek veroordeel ALLE verkragtings, en hoop hierdie ellendeling sit lewenslank. My hart bloei vir die ou dogtertjie! Sou net baie graag ook so ‘n groot ophef wil he van die verkragtig van bejaardes, of enige ander kind.

Stuiwer ·

Dis jammer dat hierdie nou weer ‘n ras aangeleentheid raak.

alida ·

Dit is afgryslik wat gebeur het maar die bestuur van die Dros kan nie verantwoordelik gehou word nie. Dit kon enige ander plek gebeur het.

christa ·

hoekom Dros blameer. Ouers moet hulle kinders oppas want ons land wemel van wolwe. As ek reg onthou speel kinders op eie risiko daar.

Casper Labuschagne ·

Selfs jonger kinders as die tragiese slagoffer by die Dros word ook verkrag en dan brutaal vermoor tydens plaasaanvalle, waar is die skares wat namens hulle betoog? Vir my is die oortreding ewe laakbaar ongeag van die ras van die slagoffer en daarom maak die ras nie saak nie, maar as ek kyk na van die uitsrpake van die EFF leier op sy Twitter rekening asook die van ander militante groepe, lyk dit tog asof die aspek van ras met betrekking tot die Dros verkragter asook slagoffer vir hulle krities is.

Sarel ·

Alles maak nie sin in hierdie tragedie nie kom ons wag vir al die feite om uit kom. Meer aan hierdie saak

Jo ·

Sarel ek stem saam jou, alles maak nie sin nie…. daar is soveel gesien voor die voorval maar niks gedoen nie. as ek die video kyk is daar geen blank in die badkamer nie net die verdagte, hy kan skuldig wees maar ek glo nie hierdie storie heeltemal nie. Ek voel HULLE het iets gesoek om die blankes uit te haal oor iets. Maar wat van moord wie se ouers, kinders, familie vermoor word hule lewe is weg gevat van hulle. Daar is nie eers soo groot storie daarvan gemaak nie. Kom ons wag maar vir die feite. Hopelik doen hulle baie toetse om sekerheid te kry.

Net Ekke ·

Ek praat niks goed nie. Maar daar is 1000 stories agter DIE storie. Mens moet maar wag vir feite en als wat bewys kan word deur die hofsaak.

STIENIE ·

EK GLO DIT KAN OOK DALK ‘N SET-UP WEES. DALK. DALK NIE. TE VEEL MAAK NIE SIN. HET VIDEO GEKYK. MAAR NOU JA, AS HY SKULDIG IS DAN IS DAAR VERSEKER GROOOOOOOOOOOOOOOOT MOEILIKHEID. DAN GAAN AL DIE BLANKES DIT NOU WEER VIR DIE VOLGENDE DRIE DEKADES MOET AANHOOR. NOG ‘N REDE OM PLAASMOORDE EN MARTELINGS EN VERKRAGTINGS VAN DIE BLANKES TE REGVERDIG. “BECAUSE ALL WHITES ARE RAPISTS.” FANTASTIES. AS DIE MAN SKULDIG IS WEET HY NIE WAARVOOR HY HOM INGELAAT HET NIE.

Msie ·

Vertrou die BLF om nou weer n rassebordjie om die hele afgryslike gebeurtenis te hang en rassehaat aan te vuur. Hul eise is onredelik.
Ek stem wel dat die vent in die tronk opgesluit moet word – vir ewig!

Casper Labuschagne ·

Waar was al die betogers tydens die verhore van die aanvallers in die geval van enige van die vele kinders wat tydens plaasaanvalle verkrag en brutaal vermoor is?

marous ·

Was hy per abuis in die dames toilet ? Hoop die Polisie het hul forensiese werk goed gedoen .

Vschag ·

Die kinder oppasser moét ook aangespreek word. As elke kind badkamer toe wil gaan, moét hulle tog vergesél word. Dit kon tog immers voorkom word.

Seeskulp ·

Nee, die ma moet haar kind badkamer toe vat, nie die oppasser nie. Waar was die ouers??

Annoniem ·

Dalk moet ons net wag om te hoor wat gebeur more in die hof voor ons so vinger wys. Rapport het gister n heeltemalle ander storie gepubliseer. Hyt haar in die vroue badkamer “verkrag” en nie soos Maroela Media berig nie. Die eyewitness wat stap vir stap alles verduidelik het is okk sommer nou stil. Ek stem glad nie saam met wat hy gedoen het nie maar wag tot more of tot die hofsaak begin. Want ek kan jul belowe hierdie is soos die Oscar saak. Hulle gaan hierdie storie groot maak want dis wit wat swart verkrag het. Ekt net vandag 2 artikels gelees van swart wat swart kindertjies verkrag het en dis doodstil. Verkrag is verkrag maki saak wat nie. Hy sal kry wat hom toekom maar kom ons wag en hoor uit die perd se mond so ook uit die mamma se mond sodra die saak begin. Hy gaan nie borg kry ons almal weet dit. En hoekom wil die ma nie die kind laat toets nie? Dis mos crucial in die saak

Seeskulp ·

Dit bly afskuwelik wat die man aan haar gedoen het, maar ek bly wonder indien die slagoffertjie n wit kind was of daar naastenby so bohaai daaroor gemaak sou word…ek raai…
En ja, die siek jongman sal maar die prys moet betaal vir nog baie jare vorentoe agv sy slegte, bose en verkeerde keuse. We all live by choices we make…

M ·

REGTIG?? Ek is baie jammer vir wat met die dogtertjie gebeur het maar om nou geld te wil eis omdat die Ma nie na haar eie kind kon kyk nie is totaal en al belaglik. Probeer weer…

christa ·

ek eet al jare by die Dros. Elke maand gaan eet ek en vriendin daar en nog nooit het ek tot die gevolgtrekking gekom dat Dros maar kan toemaak nie. Diens is puik. Dros kan nie pa staan vir wat gebeur nie. Ma’s moet hulle kinders self oppas.

n ·

Kan ons optogte hou vir al die plaasmoorde? Vir die boere en hulle families wat aangerand word en verkrag word???

tamboti ·

Gaan neem deel aan hul optogte met groot borde: RAPE IS WRONG NO MATTER RACE, AGE OR GENDER!

EDT ·

Nou wonder ek hoe BLF aflei dat dit die Dros se skuld is? BLF soek net gratis publisiteit, wat veroorsaak dat die erns van die saak goedkoop gemaak word. Hartseer.

Alida ·

Die feit is dit is n kind ongeag kleur. Die vark was wit geregtig moet geskied. Die Dros het niks daarmee te doen nie. Dit kon enige plek gebeur het. Diw ma moes haar kind opgepas het.

Quintin ·

Kom ek sê julle sou almal in S.A pers van kleur was en wat gebeur het,het gebeur sou daar niks van dit so groot gemaak gewees het nie soos nou.
Heel duidelik n ras ding.

Verpes oordeel ·

Aan almal wat so graag die ma oordeel:
My eie ouers het my soos goud opgepas en steeds het ‘n monster sy kloue in my ingeslaan. Op die einde vd dag moet jy maar ‘cope’. Ek het nooit daaroor gepraat nie. Toe ontmoet ek my trouman. Hy ken al die detail en het saam met my gebid vir genesing.
Ek is nou self ‘n mamma en soms, agv die verlede , oorbeskermend, maar nooit was dit my ouers se skuld nie.
Hou op oordeel en gebruik eerder jou energie om te leer hoe om te vergewe en dank God vir jou ondersteuningsnetwerk in jou lewe.
Ek bid dat hierdie kind en haar ouers ook genesing sal vind

RG ·

Ek stem, hier is groot fout en min wat sin maak. Wag maar vir die feite.

Robert ·

RG – Ag asb wat maak hy poedelnakend in die toilette?? En dit in ‘n openbare plek! En dan het hy nog die deur ook geblokkeer……..

Wilma ·

Die vrou van Anc vroueliga se dit moet veilig wees vi vroue en kinders. Sys verkeerd dit moet veilig wees vi elke inwoner ongeag geslag of ras. Dis haar party wat nix omtrent misdaad doen nie. More wil hul mense met busse aanry na hof. Oor n week het almal van hierie tragedie vergeet. Gebeur keer op keer. Geweld en dan veegeet almal van di tragedie tot n vlg tragedie

Seeskulp ·

Ons oordeel nie die ma nie want niemand weet wat regtig daar gebeur het nie. Ons maak n stelling dat indien die ma saam haar dogter na die badkamers toe gegaan het, dit waarskynlik nie sou gebeur nie. In vandag se tye waar human trafficking en erger dinge meer algemeen raak kan geen ouer meer n klein kind onder jou oë laat uitglip nie, nog minder alleen laat toilet toe gaan.

Manie ·

Ek bemerk so titsel van rassisme in die saak. Snaaks dat n saak waar blanke betrokke is so baie aandag kry. Die swart verkragters haal nie eens die koerant. By gesê ek kan geen verkragting goedpraat maar ek dink politiek en ras word hier ingesleep

honourable member ·

Hierdie ding gaan nou maar soos al die ander die tax betaler se geld mors in die tronk en soos n koning leef terwyl daai arme kind en haar ouers moet prober verwerk wat hier gebeur het.

Johannette Schoeman ·

Al wat ek net wil weet is hoekom moet die dros skadevergoeding betaal en hulle deure moet toe maak? Die verkragting kon net sowel by ‘n park gebeur het, ek sien nie die nut daaraan dat die Dros hulle skadevergoeding moet betaal en hulle deure moet toe maak nie.. So ook kan jy die storie ook draai en die ouers van die kind hof toe sleep vir nalaatigheid want elke enkele ouer weet veral met vandag se kinder ontvoerings laat jy nie jou kind onder jou oë uit nie.. So ek voel die Ma van die kind moes by haar kind in die speel area gewees het. En nie net blaam op ‘n instansie sit want die voorval nie kon voorkom het nie.. Jou kind is nêrens veilig nie en dit is jou verantwoordelikheid as ouer om seker te maak dat JOU kind veilig is ten alle tye.

Plnks ·

Ek wonder eenvoudig net hoe NIEMAND in die hele Dros nie op daai oomlik in die badkamers was of selfs gehoor het hoe n 6 jarige dogter gil van pyn nie. Hoe lank vat dit om iemand te verkrag kind of groot mens?

Rina Kotze ·

Ek is skaam dat dit ‘n wit man is wat die kind verkrag het, hy moet swaar gestraf word!
Maar hoekom lank gaan sit? en ons moet hom onderhou terwyl hy soveel skade aangerig het?

Dit is regtig nie die Restaurant se skuld nie, hoekom moet hulle nou betaal daarvoor?

Alle kinders het reg tot veiligheid in alle plekke, ongeag ras!

Hoop dit dogtertjie en haar ouers en naaste familie kry bedrading om haar te help om hieroor te kom!

Carol ·

Enige iemand wat so ń afgryslike daad met n kind pleeg, verdien die swaarste straf denkbaar. As hierdie nou n rassekwessie word oor almal se betoog ens, is dit ons blankes se eie mening. Hoekom staan die blankes nie n slag saam en betoog/ruk op na die howe nie? Maar gesels op ons gemakstoele is makliker. Tyd dat ons slag saamstaan en minder praat!

Marlene ·

Julle moet dalk net kyk, bo aan se julle n 7jarige en onder die foto is dit n ses jarige.

Tania Heyns ·

Dagsê Marlene

Baie dankie dat jy die fout onder ons aandag gebring het. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.