Skedel dalk verbind met liggaamsdele in vrieskas

Argieffoto (Foto: Pixabay)

Die polisie het Dinsdag op ʼn menslike skedel afgekom wat moontlik verband hou met die vroueliggaamsdele wat verlede week in ʼn vrieskas in Soweto ontdek is.

Die skedel is glo gevind net enkele kilometers van die huis waar die gevriesde liggaamsdele aangetref is.

Brig. Brenda Muridili, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media bevestig dat die skedel in ʼn vlak graf langs ʼn pad naby Glen Ridge in Soweto aangetref is.

“Ons is besig om die skedel met die ander liggaamsdele wat in Protea Glen ontdek is, te verbind,” sê sy.

“Die polisie vermoed dat die liggaamsdele dié van ʼn 23-jarige vrou van Soshanguve noord van Pretoria is. Die bevindinge sal egter bevestig word sodra die forensiese ondersoek afgehandel is.”

Maroela Media het vroeër berig dat Flavio Hlabangwane (26) Saterdag in hegtenis geneem is nadat sy vriendin op die gevriesde liggaamsdele in sy gehuurde kamer afgekom het.

Luidens berigte het Hlabangwane probeer selfmoord pleeg kort nadat hy vasgetrek is, maar hy is hospitaal toe geneem en is intussen ontslaan.

Hy het Maandag in die hof verskyn en sal in polisieaanhouding bly totdat hy weer op 22 November in die hof moet verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Linx

Daar is nie n manier nie,want dai liggaamsdele wat gevind is in daardie vrieskas het sy kop bygehad,so of dai vrou was n alien of hlle moet Verder soek vir dai skedel se dele

Hasie

Siek

Danie

Ek dunk mence wat goet weet en inlugtung hed van dai alien moed fir di poelieste fertel darfan soedat hille wiet om ferder te soek