Skeepsagent vas oor renosterhorings

Argieffoto

ʼn 42-jarige man sal na verwagting Vrydag in die Kempton Park-landdroshof in Gauteng verskyn op aanklag van die onwettige handel van renosterhorings en meineed. Volgens die Valke het hy probeer om ʼn besending renosterhorings na die buiteland te stuur.

Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die Valke, sê doeanebeamptes het Maandag by die Internasionale Lughawe OR Tambo beslag gelê op die besending wat na Maleisië onderweg was. Die vrag is as steierwerk aangedui.

Mulamu sê die beamptes het die vrag nagegaan en op omtrent 47 kg renosterhorings afgekom. Die horings was in ʼn kartondoos in die kratte en het ʼn geraamde waarde van R3 miljoen.

Die Valke se voorlopige ondersoek het hulle na ʼn skeepsagent in Edenvale, Johannesburg, gelei. Die skeepsagent is daar in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Spyker ·

El wil graag weet hoeveel Renosters verteenwoordig die fonds?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.