‘Skei tienerma’s van babas,’ sê Zuma

President Jacob Zuma (Februarie 2015) Foto: Siyasanga Mbambani, departement van kommunikasie

President Jacob Zuma (Februarie 2015) Foto: Siyasanga Mbambani, departement van kommunikasie

Tienerma’s moet van hul babas geskei word tot hulle hul skoolloopbaan voltooi het, het pres. Jacob Zuma gesê.

Zuma het die uitlating Dinsdag gemaak tydens ’n debat in die Huis van Tradisionele Leiers in die parlement. Hy het in 2009 tydens die verkiesingveldtog soortgelyke uitlatings gemaak wat
hom in die sop laat beland het.

“Hulle moet weggevat word en gedwing word om ver weg skool te gaan. Hulle moet deur die regering opgelei word tot hulle bemagtig is en vir hulle kinders kan sorg. Vat hulle Robbeneiland of enige ander eiland toe om te studeer tot hulle gekwalifiseerd is en dan kan hulle terugkom en kom werk en na hulle kinders omsien,” het Zuma Dinsdag gesê.

Zuma het toegegee dat sy uitlatings destyds tot omstredenheid gelei het en dat dit moontlik weer die geval gaan wees, maar het gesê indien tienerma’s toegelaat word om skool te verlaat, dit ʼn onhoudbare las op die samelewing en die staat se welsynrekening plaas.

“Die vroue het geprotesteer en gesê ek wil hul kinders van hulle wegvat, bla-bla-bla. So ek het stilgebly, want ek gesê daar is geen manier dat jong kinders die ma’s en pa’s van ander kinders kan wees nie. Hulle weet niks daarvan nie,” het Zuma gesê.

“Ons dwing jou om vir jou kind te sorg sodat ons nie ʼn toelaag hoef te gee nie, en dit is my standpunt.” Volgens Zuma was tienerswangerskap ʼn uitheemse konsep in die verlede toe tradisionele kulture gerespekteer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

EMK ·

Persoonlik dink ek sekeres moet op die pil geplaas word vanaf ouderdom 9. Ja, Maroela, verwyder maar my kommentaar, maar in belang van die ongewenste kinders is dit die beste ding wat kan gebeur, hoe kru dit ookal mag klink. Dit sal kindermishandeling stop, geboortebeperking inforseer en maatskaplike probleme verminder.

Vic ·

Verduidelik asb vir my hoe voorbehoeding kindermishandeling sal stop?

EMK ·

Vic – ongewenste kinders word gewoonlik mishandel en verwaarloos omdat die ouers gewoon nie toegerus (finansieël en/of sielkundig) is om ouers te wees nie – eenvoudig soos dit. So spreek die probleem self aan!

Vic ·

EMK – jy dink nie dis dalk kindermishandeling om 9 jariges op n hormoonbehandeling te plaas wat verskeie baie gevaarlike newe- effekte het nie ?

nig ·

Vic, watter kant van die draad sit jy nou eintlik? Of val jy sommer net af na watter kant toe die wind op daardie oomblik waai? Hul hormone werk al van 7 jaar af oortyd. Wat se gevaarliek newe-effekte – sonder voorbehoeding is daar nog gevaarliker newe-effekte naamlik weggooikinders wat nie behoorlik skoolgaan ens en eendag ‘n ou soos jy kom blameer en jou uitvat. Dink ou, dink. DINK!

Elize ·

Neem die kindertoelaes weg in SA, dan sal daar nie so groot probleem met tienerswangerskappe wees nie. As ouma oumens pensioen kry, ma kry disability, pa word in die tronk versorg of kry ook disability en sussie ‘n toelaag vir twee kinders, wie hoef dan te werk?!

Eliza-beth ·

Ek dink sy standpunt is in ‘n mate reg, hy dra dit net verkeerd oor.Ek stem saam hulle moet skool klaarmaak maar die antwoord is nie om hulle na ‘n eiland te verban nie, STOP die staatstoelae want almal weet meeste kry die een kind na die ander net om die toelaag te kry en probeer nie eers werk soek nie. Hoe sê die gesegde, “voorkoming is beter as genesing”. Dalk moet geboortebeperking wel wet gemaak word soos destyds in China, net nie op hul radikale wyse waar eintlik net seuns welkom is nie – dan is daar weer ‘n wanbalans. Die natuur sorg self vir balans. Een of hoogtens twee kinders per persoon en dis dit!

anet ·

Mnr Zuma is die grootste las vir ons belansting betalers. Hy het self 23 kinders wat almal in privaat skole is, hulle word vervoer in ampsmotors, so miskien moet hy eers by homself begin

Vic ·

Miskien is die oplossing om mans Robbeneiland toe te verban? Beginnende met meester Zoem?

ladybug ·

Vee tog net asseblief daai k@k wat jy praat van jou mond af JZ!

LEER tieners om hul neuse in hul boeke te hou en nie rond te slap soos jy doen nie!

Charlene ·

Kyk ek kan ie glo ek is so erg geskok oor die uitlating nie. Ek kan in alle eerlikheid nie glo dat Mr. Zuma so iets kan sê nie….. En hier do ek hy weet niks. Ek dink dis `n baie goeie besluit. Tieners foeter rons, sp.. speel in die bondel, raak swanger en iemand ander moet maar sorg vir die ame kleine baba’s. soms oupa en ouam. en dan is daar nog al die gevalle van aborsies ek is seker dit sal minder raak en dalk sal die kinders hulle gedra en nie soos groot mense probeer wees nie. Ek is maar seker outyd groot gemaak (ek is nou eers 26) maar ek glo seker goed is nie vir kinders nie. Kinders moet nie kinders probeer groot maak nie!
Daar is seker die 5 uit elke 100 gevalle waar die dogter wat swanger geraak het verstand het en die kind met liefde groot maak, maar hoe baie gebeur dit nog vandag???

VerVanRyn ·

Strooi Zuma, waar is jou bewyse dat tieners nie in tradisionele Afrika swanger geword het nie? Ek dink nie labola is net vir ou vrouens betaal nie. Die geskiedenis is vrot van gevalle waar kinders trou en kinders baar nog voor hul volwasse is. Die Afrika kulture is nie ‘n uitsondering nie.

zahn ·

Dis hoeveel keer al bewys, verkragting kom al baie jare saam, die zoeloes en ander nasies het mekaar uitgemoor, die verloorders se hutte en statte is afgebrand, klein kindertjies se koppe teen die grond pap geslaan, vroue en jong meisies verkrag, jong mans is of opgeneem in die wenners se magte, of voor die voet vermoor. Dis net hierdie dom pres wat daai hoofstuk in die geskiedenis nie kan onthou nie. O ja, sorry, ek het vergeet, dit was in hoofstuk twee behandel in standerd vier. Hy het mos net tot standerd drie skool geloop. Roggel roggel roggel, ek lag my nog ‘n boggel!

Gina Slabbert ·

Zoema vir wie wil jy nou eintlik gratis opleiding gee??? Skole is nie eers meer skole nie.. Dit is n klomp barbare bymekaar. Ek sien dit elke dag. Vandat pakslae uit is, is pilletjies en sielkundiges in. Ons land is in so groot gemors van skole tot hospitale. Weet jul hoe lyk en stink dit by Kalefong. Zoema jy tree op by verkeerde plekke

Gina Slabbert ·

Zoema vir wie wil jy nou eintlik gratis opleiding gee??? Skole is nie eers meer skole nie.. Dit is n klomp barbare bymekaar. Ek sien dit elke dag. Vandat pakslae uit is, is pilletjies en sielkundiges in. Ons land is in so groot gemors van skole tot hospitale. Weet jul hoe lyk en stink dit by Kalefong. Zoema jy tree op by verkeerde plekke

sarie ·

Daar sal ek met jou saam stem EMK. Kinders kan in elk geval nie kinders groot maak nie ,kry die voor behoed of die inspuiting,laat hulle verstaan dis ‘n sport wat groot mense beoefen en nie kinders

Drieks ·

Terwyl Zuma 4 vrouens gehad het, het hy nog ‘n buite egtelike baba ook gehad, en dit terwyl hy president is.””” En hy wil tieners opvoed”””. Gelukkig was daardie baba se mamma die dogter van ‘n groot sokker baas en het hul seker geld vir die baba en mamma.

Tammy ·

Hoekom word my kommentaar gemodereer? Sommige van my skrywes verskyn nooit nie . Sal graag n antwoord wi sien.

Jean ·

Tammy die modereeders is op n power trip,moet hul net asb nie kwaad maak nie anders word jy ok verban oor jou vrae en stellings…

CHRISTA ·

Zuma, jy is die voorbeeld vir al hierdie kinders. “Practice what you preach”. Dalk dink hierdie tienermeisies as hulle ook so jong kinders het sal hulle ook ‘n Nkandla van die Staat kan kry. “Paradise”!!!

BullsEye ·

Die oplossing is maklik. Gee voorbehoed inspuitings saam met die inentings by die skole en siedaar .. geen ongewensde swangerskappe, aborsies en toelaes wat handuitruk en die staatskas uitput nie.

Casper ·

Jong meisies op voorbehoed pille of inspuitings het toesteming om rond te slaap so opvoeding is die regte ding

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.