Skeletoorblyfsels in veld dié van vermiste PE-seuntjie

Recolin Keagan Witbooi (8).

DNS-toetse het bevind die oorskot van ʼn kind wat verlede maand in Malabar in Port Elizabeth gevind is, is dié van klein Recolin Keagan Witbooi, ʼn agtjarige seuntjie wat meer as drie maande gelede spoorloos in Gelvandale verdwyn het.

Recolin is op 6 Julie vanjaar die laaste keer lewend gesien toe hy saam met maats in Uranusstraat gespeel het. Nadat hy later nie by die huis opgedaag het nie, is hy as vermis aangemeld.

Weens ontbinding moes daar van DNS-toetse gebruik gemaak word om die identiteit van die liggaam te bepaal, het kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, gesê.

“Weens die gevorderde ontbinding word die uitslag van die nadoodse ondersoek as ‘onbevestig’ aangedui.”

Naidu het gesê die polisie doen in hierdie stadium ʼn geregtelike doodsondersoek. Dit sal só hanteer word tensy nuwe inligting oor Recolin se verdwyning en dood bekend gemaak word.

Die polisie het ʼn beroep op enigiemand met inligting gedoen om die ondersoekbeampte, sers. Edman Mandeka, te bel by 078 370 9785 of 041 402 2018, of om die polisie se Stop Misdaadnommer te bel by 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Ai ·

Die arme kind. So jonk. Rus in Vrede kleine Recolin. Weereens waar is die ouers? Jy laat nie jou kinders onder jou oë uit nie, nie eers om saam met maats te speel nie. Myne is 16 en weet geen alleen loop of niks nie. Suid Afrika is te gevaarlik!

Anoniem ·

Dis erg , my hart nou baie seer my seuntjie dieselfde ouderdom ek sal dit nie oorleef nie .
die wereld is n wrede plek :(

Moeder ·

Die pragtigste, vriendelike gesiggie. Ai Here, mens kan net vra “Hoekom”? Dis net pure boosaardigheid.

Stan ·

Hy het sy hele lewe voor hom gehad en dit is hom ontneem. Ek wil my nie eers indink met wat hy gekonfronteer was in sy laaste oomblikke nie. Net 8 jaar oud. Siek & boos. Mag geregtigheid geskied.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.