‘Skelm’ buffelverkoper uiteindelik vas

Argieffoto (Foto: hbieser, Pixabay)

Die Limpopo-polisie het Donderdag ʼn man, in sy 40’s, in hegtenis geneem wat glo al ʼn geruime tyd gesoek is in verband met verskeie bedrogsake wat verband hou met kammabuffelverkope.

Kol. Ronel Otto, voormalige provinsiale polisiewoordvoerder, het in Junie verlede jaar aan Maroela Media gesê ʼn man wat hom as ene Jaco Opperman voorgedoen het, adverteer buffels te koop op die internet.

“Mense wat belangstel om buffels te koop moet dan ʼn deposito in ʼn bankrekening inbetaal en nadat die geld inbetaal is, verdwyn die verkoper,” het Otto gesê.

Die verdagte het na bewering ook onder die name Tinus Rassie Ras, Kobus Kruger en Rodney Enslin “sake” gedoen.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, huidige provinsiale polisiewoordvoerder van Limpopo, het Vrydag aan Maroela Media bevestig ʼn man is in verband met bedrogsake in hegtenis geneem.

“Die man is in Witbank in Mpumalanga in hegtenis geneem ná ʼn lang soektog deur die Modimolle- (Nylstroom-) polisie. In dié stadium word die man verbind met ʼn aantal bedrogsake in Midrand in Gauteng en Lephalale (Ellisras).

Die man se ware identiteit kan bevestig word sodra hy in die Modimolle-landdroshof verskyn.

Die polisie se ondersoek duur voort.

Mense wat vermoed hulle is deur die verdagte ingeloop, word versoek om sers. Amanda Rossouw by die Modimolle-speurdiens by 071 133 8524 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Karlien ·

Ons sal weet of ons in geloop is sodra ons weet wie die man is. want n enslin persoon het ons ook ingedoen….so moet die naam weet. Klink baie soos dieselfde man.

Schalk ·

Ek dink nie een van die bogenoemde name is eg nie. Ek ken so n krimineel, dit is presies wat hy doen. As dit die man is waaraan ek dink, begin sy naam met n R en sy van met n L. Sal sien as sy regte naam bekend gemaak word. Hopelik sluit hulle hom die keer vir die res van sy lewe op. Hy is al verklaar as n gewoonte misdadiger.

Ellisras ·

Ek het met die man gepraat. Geld moet vinnig betaal word. Met skuif van buffels moet die Staats veearts teenwoordig wees. Toe ek die buffels wou sien het die stories begin. Gelukkig het ek nog my geld.

E.K. ·

Ellisras – slim van jou! Wanneer gaan mense leer mens betaal nie somemr net geld oor nie. Doen jou huiswerk. Bly hulle het die skelm vasgetrek, hoop hulle maak ‘n voorbeeld van hom en straf hom GOED

Celia ·

Hy het in die Kaap en Weskus kom wegkruip en nog baie akkies aangejaag hier. Ons soek hom nie terug nie.

marous ·

Hoe kry mense dit reg om so maklik om die bos of die buffel gelei te word?

celia ·

Marous, jou vrou is dood in ‘n ongeluk en so ook “sy verloofde” en 2 ander kollegas. Hy kom stel homself voor en treur net so hard “oor sy vrou”. Ek het van dag 1 af hom niks vertrou nie – daardie “gevoel gekry”. Hy is daar vir my kind wat maar 1jr en 4 mnde getroud was – stukkend. Hy vertel hoe hy die dronk vark (wat die oorsaak van die ongeluk was) aan die pen gaan laat ry. Hy wen die speuder se vertroue en ploeg verder met sy osse. Ons is eerlike, opregte mense en kannie glo dat sulke skurke nog vry is nie – maar nouja, met so ‘n president?

Marlene ·

He doesn’t even look after his own 2 kids but looks after yours joh

Spyker ·

Slim vang sy baas. Mense regtig waar gebruik daai 6 drum tussen julle ore…daar is altyd mense wat ons vir n pop sal probeer vat

celia ·

Marlene, for goodness sake, my son was married as his lovely wife tragically died in a motor accident (bloody drunk driver) How can he look after him? He told us he had a baby girl on the way……first time daddy (he is a scoundral)

Marlene ·

Haha I’m unfortunately the mother of his 2 girls! So no he’s not a 1st time dad

Spyker ·

Soon die engelse se…”fool me once,shame on you,fool me twice…….

Marlene ·

Definately spyker! But thank God they are nothing like him and he has had no contact with me for years! Wouldn’t change my girls for anything in the world

Spyker ·

Mooi gedoen Marlene.alles van die beste vir jou en die twee meisies “Good riddence”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.