Skelm ‘dokter’ op 4 523 aanklagte gevonnis

Argieffoto

ʼn Man wat hom jare lank as mediese dokter voorgedoen het, is Donderdag swaar in die Rustenburg-landdroshof gevonnis.

Kapt. Tlangelani Rikhotso, provinsiale woordvoerder van die Valke in Noordwes, het gesê James Mogaswa Mathopa (47) is Donderdag tot 20 jaar direkte tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is op 4 523 aanklagte van bedrog en oortredings van die Wet op Gesondheidsberoepe.

“Mathopa is op 4 Maart verlede jaar deur die Valke in Noordwes in hegtenis geneem nadat klagtes ontvang is dat hy sonder die nodige kwalifikasies as dokter praktiseer,” het Rikhotso gesê. “Die saak is deeglik ondersoek en die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika het bevestig dat die beskuldigde nie as ʼn mediese praktisyn geregistreer is nie.”

Rikhotso het gesê Mathopa is in 2010 in Viljoenskroon in die Vrystaat aan dieselfde oortreding skuldig bevind. Hy is tot drie jaar tronkstraf gevonnis of die opsie gegun om R20 000 boete te betaal. Hy het die boete betaal en ʼn maand later na Rustenburg verhuis waar hy aangehou het om as mediese praktisyn te werk.

“Gedurende hierdie tydperk het hy pasiënte fisiek ondersoek, gediagnoseer, na spesialiste verwys, bloedtoetse aangevra, besnydenisse gedoen en medisyne voorsien. Hy het onder meer ook ʼn konsultasiefooi van R280 gevra,” het Rikhotso gesê.

Genl.maj. Linda Mbana, provinsiale hoof van die Valke, het die swaar vonnis verwelkom en misdadigers wat hulle as dokters voordoen, gewaarsku dat hulle mense se lewe in gevaar stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Andre ·

Heleen, het met “gekwalifiseerdes” gewerk, wat snaaks genoeg nie behoorlik kan skryf of spel nie. Sonder die vervalsings, seker nog steeds baie, as ek wonder hoeveel het eintlik gedruip, maar “slaag” omdat Universiteite moet voldoen aan die kwota vereistes van gegradeerdes, anders draai die regering die geldkraan toe. Dit is groot besigheid. Nuwe S.A. se “kwalifikasies” word in baie min indien enige eerste wêreld lande aanvaar.

Lientjie ·

Daar is derduidende van hulle daar buite! Hy gaan sy tronkstraf doen opleiding in dit trunk kry en maar net aangaan waar hy opgehou het. Arrogansie het geen perke nie.

Lientjie ·

Wat ek eintlik wou se is hy het gedink hy werk vir Dr’s sonder grense toe is dit Dr’s sonder papiere.

Frederik ·

Dit wil voorkom of hy meer mediese kennis het as die wat ons “regering” in Kuba laat studeer het.

Lizan Burger ·

Jy speel met mense se lewens en kan kies tussen boete en minimale tronkstraf? Maar o wee, betaal nou net nie jou tv-lisensie nie……….

Spyker ·

Ek myself het nog nie in die laaste 12j TV lisensie betaal nie.dis net n klomp bog man. Sekere mense kom weg met letterlik moord en gaan maar net aan en aan en aan…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.