Skenk steeds bloed, pleit SANBS

bloedskenk

(Argieffoto)

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) het by Suid-Afrikaners gepleit om aan te hou bloed skenk.

Khensani Mahlangu, woordvoerder van die bloeddiens, het gesê teen Donderdag het die SANBS slegs 3,8 dae se bloedvoorraad gehad. Gewoonlik het hulle ʼn gesonde voorraad van vyf dae.

Mahlangu het gesê die SANBS steun swaar op skole vir skenkings, maar skole is egter nou al ʼn geruime tyd gesluit. Weens die staat van algehele afsondering is die meeste sakeondernemings en maatskappye boonop óók gesluit, wat tot selfs minder skenkings lei.

“Nagenoeg 800 bloedskenkveldtogte is tot dusver gekanselleer wat tot ʼn verlies aan sowat 20 000 eenhede bloed gelei het,” het sy gesê.

bloedoortapping

(Argieffoto: docbuzz.fr)

Sy het ʼn beroep op skenkers gedoen om steeds te gaan bloed skenk. “Dit is heeltemal veilig en ons volg alle riglyne van die Wêreldgesondheidsorganisasie en die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes [om die oordrag van Covid-19 te beperk].”

Bloedskenk word beskou as een van die redes waarom jy mag reis tydens die isolasietydperk en die SANBS se permanente skenkingsentrums is steeds oop.

Die bloeddiens toets nie vir Covid-19 nie. ʼn Monster uit ʼn persoon se neus word gebruik om vir die nuwe koronavirus te toets.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Genis ·

Hulle sal moet n plan saamstel waar mense kan bloed skenk… dit gaan n moeilikke tyd wees..

Michael 1 ·

Ek het gereeld bloed geskenk toe besluit hulle om my taal te marginaliseer en net engels te gebruik.

Lourens ·

Ek WAS vir 25jaar n O-neg bloed skenker. Nadat daar vir my vertel was dat my taal nie meer aanvaarbaar is nie, maar my bloed wel, het my oë oop gegaan. Niemand kan ewe skielik meer Afrikaans daar verstaan nie. Vir n bosluise is n bees ook maar net goed vir een ding!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.