Skermswewer (21) tref kragdrade

Argieffoto: Hharencarova / Pixabay

ʼn 21-jarige man is in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal geneem nadat hy Vrydag kragdrade getref het toe hy gaan skermsweef het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die fratsongeluk het omstreeks 13:00 in Barberton in Mpumalanga plaasgevind.

“By paramedici se aankoms op die toneel is die skermswewer onder die kragdrade aangetref. ʼn Dokter was reeds op die toneel en het hom ondersoek,” het Meiring gesê.

“Die man het ernstige brandwonde opgedoen en sy toestand was kritiek.”

Paramedici het die man op die toneel behandel en na ʼn nabygeleë vliegveld geneem van waar hy met ʼn mediese helikopter na ʼn private hospitaal in Johannesburg geneem is vir gespesialiseerde mediese behandeling.

Die burgerlike lugvaartowerheid sal die voorval ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Cherokee ·

Wat op aarde is daar vir Do CA om te ondersoek? Gaan hulle die bankrot Eskom vra om die kragdrade ondergronds te plaas? Gaan hulle die weervoorspellers vra om ànner tipe winde te voorspel? Of gaan hulle bloot dokumentasie voltooi, seggend dat dit ondersoek is en dat nie die wind maar die swewer skuldig is? Ek self was in twee insidente betrokke waartydens hulle moes ondersoek en besluit en albei kere was ek as vlieënier onskuldig en op geen manier betrokke, wat geregverdigde beslissings was,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.