ʼn Skermswewer het Sondag ʼn noodlanding van ʼn 40 m-hoogte af in Wildernis naby George in die Wes-Kaap oorleef.
Chitra Bodasing Harduth, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici en nooddienswerkers het na die hoogliggende gebied waar die man geval het, gestap.
“Hy het gelukkig geen beserings opgedoen nie en het saam met paramedici en reddingswerkers na die padoppervlak gestap,” het Bodasing Harduth gesê.
Dit is nie bekend hoekom hy ʼn noodlanding moes doen nie.
Met verwysing na die vreemde titel van die berig, dit is immers waaroor noodlandings gaan… om te oorleef.
Soos ek dit verstaan is dit eintlik ‘n valskermswewer (paraglider). Ek sien Netwerk24 gebruik ook nou die naam ‘skermswewer’, terwyl hulle voorheen ook valskermswewer gebruik het.
Skermswewer is moontlik van die Nederlands ‘schermvliegen’ afgelei. dus heel beskrywend.
Soos jy sê, die term ‘valskermswewer’ is tog soveel meer beskrywend.
Skermswewer doen dit nie vir my nie.